Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
11 January 201011 January 2010

Wat kan jy doen met ‘n $200 miljoen skenking?

Ruth Lilly (1916-2009)
Ruth Lilly (1916-2009)

Kom ons droom so bietjie vanoggend. Dit is die jaar 2002 en jy bedryf etlike jare reeds ‘n klein, esoteriese tydskriffie in – kom ons sê maar Chicago – met die naam Poetry. Jy sukkel jou ook maar disnis om die tydskrif van uitgawe tot uitgawe te laat oorleef. Die meeste van die materiaal wat jy ontvang, kan jy nie plaas nie; enersyds vanweë beperkte fondse, maar andersyds ook as gevolg van die benede-standaard gehalte daarvan.

Veral een vrou – sê maar ene Katherine Blackstone – dryf jou teen die mure uit. Week na week lê die ligblou koevertjie met twee of drie gedigte in jou brieweboks en week na week stuur jy dit terug.

En toe, op ‘n dag ontvang jy besoek van haar prokureur.

Katherine Blackstone se regte naam is Ruth Lilly en sy is die enigste oorlewende erfgenaam van rykdom wat deur haar pa in die farmasetiese bedryf vergader is, vertel die prokureur jou …

En sy wil graag ‘n bedrag skenk ten gunste van jou sukkelende tydskrif.

Verbaas kyk jy na die prokureur. Hoeveel, vra jy ongemaklik. Die prokureur stoot die dokumentasie oor jou lessenaar na jou toe. Jou oog vang die bedrag wat in rooi, vetgedrukte letters na jou toe spring. Jy besef dit nog nie heeltemal nie, maar jou lewe sal nooit weer dieselfde wees nie, want die bedrag is $200 miljoen.

Feit of fiksie?

Inderdaad “feit”, liewe leser. Elke woord. (Behalwe die naam “Katherine Blackstone”. Dit is nie bekend onder watter naam Ruth Lilly haar gedigte ingestuur het nie …)

Maar, hemel, wat dóén jy met soveel geld?! Wel, jy ontwikkel jou beskeie tydskrif tot die mees gesaghebbende in die VSA, want jy kan top dollar betaal vir bydraes. En jy begin ‘n organisasie met die naam The Poetry Foundation wat nie net die vernaamste digters betrek nie, maar ook bykans alle poësie-produksie in die VSA koördineer; gerugsteun deur een van die mees indrukwekkende webtuistes van enige letterkunde ter wêreld. Jy bring ‘n instituut vir poësie-navorsing tot stand. Jy stel die Ruth Lilly Poetry Prize in met $100,000 as prysgeld, asook vyf Ruth Lilly Fellowships wat jaarliks aan 5 aspirant digters toegeken word ten einde hulle in staat te stel om in ‘n geluksalige staat van finansiële onafhanklikheid hul kuns te kan bedryf. En ja, jy verduur maar die kritiek, want te midde van soveel ander afgunstiges, weet jy dat niks wat jy met dié nalatenskap verrig óóit algemene byval sal vind nie.

Tragies genoeg is Ruth Lilly op Woensdag, 30 Desember 2009, in die ouderdom van 94 oorlede. In haar leeftyd kon dit haar nie geluk om haar gedigte vir publikasie in Poetry aanvaar te kry nie. Maar dit was immers ook nooit haar oogmerk nie. “Poetry has no greater friend than Ruth Lilly,” het John Barr, hoofdirekteur van die Poetry Foundation in sy huldeblyk gesê. “Her historic gift is notable not only for its size-that part of her largesse is known to every corner of the poetry world-but also because it was made with no conditions or restrictions of any kind as to how it should be used for the benefit of poetry. In that, it was the purest expression of her love for the art that meant so much to her as poet herself, and as benefactor.”

Ja, liewe leser. So is dit. Droomwerke gebeur wel nog steeds vandag.

*

Dan wil dit voorkom asof ons Blogfokus vir Januarie nou op dreef begin kom. Drie van ons bloggers het hul fokusstukke geplaas, te wete Andries Bezuidenhout, Philip de Vos en Carina Stander. Plus nog drie briewe in die Brieweboks deur lesers wat vertel waar hul entoesiasme jeens die poësie vandaan kom. Baie dankie daarvoor, julle!

Ten slotte – Antjie Krog en Ronelda Kamfer vertrek hierdie week noordwaarts ten einde aan die Winternachten-fees in Den Haag deel te neem eerskomende naweek. Uiteraard wens ons hul ‘n aangename ervaring toe. Ter ondersteuning hiervan is ‘n onderhoud met Ronelda Kamfer gevoer en gister geplaas.

Lekker lees aan alles en voorspoed met die week wat op hande is.

Mooi bly.

LE

 

 

 

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Ronelda Kamfer – vertaling in Frans
Digstring: Ronelda S. Kamfer. Stof →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Joan Hambidge. The upturn palm
  • Albi Prinsloo. Verlossing
  • Retha van Deventer. ekwilibrium
  • Hennie Maartens. Water

Nuutste bydraes

  • Natasha Harmse. Sikade
  • Stephan du Toit. Graaff-Reinet
  • Natasha Harmse. Die weefstoel
  • Margaret Cordier. Wes-kus Desember
  • Sanette Scheepers. Vrykoop

Nuutste kommentaar

  1. Rina Cascione on Nini Bennett. My Octopus Teacher5 December 2025

    'n Allerlieflike gedig oor 'n wonderlike dokumentêr. Dankie Nini! Jy het dit met soveel verbeelding vasgelê.

  2. Johan on Sanette Scheepers. Vrykoop5 December 2025

    Ek hou daarvan en ek verstaan die inhoud.

  3. Ben Nel on Andrea Sieberhagen. Ontsnapping5 December 2025

    Andrea, jy is ‘n rots Baie dankie vir jou bydrae tot die samelewing! Groete Ben

  4. Schalk Botha on Andrea Sieberhagen. Een helder ster4 December 2025

    Dis dalk nie die beste aand om hierdie impakvolle gedig te lees en te bedink nie; veral om uit ‘n…

  5. Marthé McLoud on Johann Lodewyk Marais. Johann de Lange in Sunnyside en Pretoria.3 December 2025

    Ek geniet die artikelreeks oor Johann verskriklik baie. Baie interessant. Dankie daarvoor.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d