Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
12 January 2010

Boeke in die vuur

Brandmateriaal
Brandmateriaal

Teen dié tyd is dit algemene nuus dat Europa tans sy koudste winter in dekades beleef. So praat hulle van die sneeuval in Nederland as die hewigste die afgelope 100 jaar en in Engeland die koudste winter in 30 jaar. Temperature van ver onder vriespunt word daagliks aangeteken.

Metro het egter einde verlede week ‘n berig geplaas wat nie anders kan as om ‘n mens te ontroer nie, naamlik dat talle mense – meestal pensionarisse – tans veral hardebanduitgawes van boeke aankoop om dit as vuurmaakmateriaal te gebruik aangesien dié boeke, wat meestal per kilogram op uitverkopings aangebied word, veel goedkoper is as steenkool of gas. “Book burning seems terribly wrong but we have to get rid of unsold stock for pennies and some of the pensioners say the books make ideal slow-burning fuel for fires and stoves” het ‘n boekhandelaar in Swansea glo gesê.

Dié ongelukkige toedrag van sake het ontstaan vanweë die feit dat die prys van gas sedert Januarie 2008 met 40% gestyg het en dié van elektrisiteit met 20%; prysstygings wat bykans onbekostigbaar vir veral bejaardes maak, ten spyte van die feit dat persone ouer as 60 jaar vir ‘n winter-toelae van tussen £125 en £400 kwalifiseer.

Ruth Davison, verteenwoordiger van die National Housing Federation, het die volgende te sê gehad: “The spiralling cost of energy means heating homes has become a luxury rather than a necessity for many people – particularly the elderly, low paid and unemployed.”

En op dié manier het die volgende uitspraak van Anthony Burgess waar geword: “The possession of a book (has) become a substitute for reading it.” Of is Franz Kafka se uitspraak dalk meer pertinent? “A book ought to be an icepick to break up the frozen sea within us.” (Albei aanhalings uit: Writers on writing, 1986: Headline Publishers.)

Nietemin, as toegif vanoggend ‘n profetiese gedig van vriend Jan de Bruyn wat enkele jare gelede oorlede is.

***

Intussen is nog drie fokusstukke deur ons bloggers geplaas: Philip de Vos, Bernard Odendaal en Ilse van Staden. En dan het daar ook nog twee briewe deur lesers in die Brieweboks bygekom. Op die Klikbord is die volgende twee belangrike skakels vir jou leesgerief geplaas: Antjie Krog se insiggewende lesing oor selfvertaling wat gister op LitNet geplaas is, asook Stefan Van den Broek se analise van die stand van Vlaamse resensiens wat in die nuutste uitgawe van rekto:verso verskyn het.

Lekker lees en geniet die dag wat in jou hande lê.

Mooi bly.

LE

 

Die aarde is ‘n ou gebou

is nie meer bewoonbaar nie

tussen die roet en wolke

roes die rame deur

die dae val

stukke pleister

 

Hier is die kelder

waar ek tydelik woon

hier is die skrif aan die muur

en repe óú geel

muurpapier van die son

en die gebreekte ruite reën

 

(c) Jan de Bruyn (Uit: Vuurtent in die sneeu, 1984: Human & Rousseau)

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

Digtersprofiel. Jan de Bruyn →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)

Nuutste bydraes

  • Bert Bevers. Aanwijzingen
  • Riaan le Roux. Kans
  • Paul Kloppers. bosluisvoël
  • Digtersprofiel: Marlise Joubert
  • AVBOB Persverklaring

Nuutste kommentaar

  1. Bernard Odendaal on Bernard Odendaal. Musikale oomblik9 January 2026

    Dankie, Joan.

  2. Marthé McLoud on Stephan du Toit. Geboorteland9 January 2026

    Treffende gedig.

  3. Joan Hambidge on Bernard Odendaal. Musikale oomblik8 January 2026

    'n Uitstekende palinode - spel met Cloete. En die slot is 'n mokerhou! Jou gedig is treffend.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Voorbeeldig8 January 2026

    Treffend. En: Gesondheid in die rondheid!

  5. Bernard Odendaal on Joan Hambidge. Oratio obliqua8 January 2026

    Maar dan gaan Claes laer op die dieselfde bladsy (deur my vertaald) soos volg voort: "Elke mens deel met sy…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d