Andries Bezuidenhout. ‘n Klein gediggie vir die naweek

deesdae wonder ek oor kleiner dinge
soos krukke vir mank waaiers in hotelkamers
hoe gangters dit regkry om so laag in hulle karre te sit
donker materie of energie interesseer my nie meer nie
ek aanvaar dat sterrestelsels soms spektakulêr bots
en dat ek dit nie met die blote oog kan sien nie
ek wonder nie meer oor die dood nie
of wat anderkant die heelal se limiete is nie
my T-hemde huldig nie meer sterk opinies nie
deesdae dra ek soms selfs krae

Bookmark and Share

Comments are closed.

  •