Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
28 January 201028 January 2010

Obama en Urdiese poësie

Poësie in die Wit Huis
Poësie-aand in die Wit Huis

Vantevore is daar al dikwels berig oor pres. Barak Obama se voorliefde vir die digkuns en die poësie-aande wat hy en sy vrou maandeliks in die Wit Huis aanbied. Die foto hiernaas is juis tydens die verwelkoming van gaste tydens só ‘n geleentheid geneem. Nietemin, volgens ‘n berig op Politico se webblad het hy onlangs tydens ‘n onderhoud met Dawn, ‘n Engelstalige tydskrif in Pakistan, sy voorliefde vir Urdiese poësie verklaar. “As you know, I had Pakistani roommates in college who were very close friends of mine. I went to visit them when I was still in college; was in Karachi and went to Hyderabad,” het hy gesê.

En daar het hy glo kennis gemaak met die digkuns van die tweede grootste taalgroep in Pakistan; in dié mate dat hy vandag sy toegeneentheid daarteenoor sonder enige politieke bymotiewe kan verklaar …

Volgens Gwen Kirk, ‘n kenner van Urdiese poësie wat aan die Universiteit van Texas verbonde is, word hierdie antieke digstyl met sy mistiese ondertone gekenmerk deur die tema van verlore, of gefrustreerde liefde. “Often the beloved is often a total witch,” verduidelik sy. “She breaks the lover’s heart all the time; she neglects him. It’s all about the process of trying to get closer to the beloved, and it’s got a lot of Sufi and mystical elements as well.”

Heelonder volg ‘n voorbeeld van ‘n tradisionele Urdiese vers, soos uit die Pakistani vertaal deur Shamsur Rahman Faruqi en Frances W. Pritchett. Indien die onderwerp van Urdiese digkuns jou interesseer kan jy hier meer te wete kom daarvan.

***

Vandag word Gedichtendag gevier in bykans elke hoekie en gaatjie in Nederland en Vlaandere met publikasies, feeste en handeklap in byna elke stad en dorp. In besonder was ons daarin geïnteresseerd om Charles Ducal se Gedichtendag-essay vir die webblad te bekom, maar helaas, dit het ons nie geluk nie, aangesien die uitgewer van de lesing in boekformaat nie toestemming wou verleen dat die lesing – wat vandag gratis versprei word – op die internet geplaas word nie.

Op die webblad self was dit gister ‘n besondere stil dag. Slegs één nuwe stuk het bygekom: Andries Bezuidenhout wat vertel van ‘n besonderse kuns-uitstalling in Bloemfontein. So – gebruik dus dié stilte om van jou agterstallige leeswerk in te haal …

Mooi bly.

LE

 

To hell with all hindering walls and doors!

Love’s eye sees as feather and wing, walls and doors.

My flooded eyes blur the house

Doors and walls becoming walls and doors.

There is no shelter: my love is on her way,

They’ve gone ahead in greeting, walls and doors.

The wine of your splendor floods

Your street, intoxicating walls and doors.

 

(Vertaal deur Shamsur Rahman Faruqi en Frances W. Pritchett)

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: "Miniatuur". (Johann de Lange)
  • Boekbespreking: “Taboek” (Riku Lätti)
  • Resensie: “Stil gesprek” (Jan Pretorius)
  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024

Nuutste bydraes

  • Resensie: “Skulpkrale: Kwatryne” (Marié Heese)
  • Nuwe publikasie: “Nogmaals vir die bysiende leser” (Joan Hambidge & Marlies Taljard, Reds.)
  • 100 Duitse Bestes: Jakob van Hoddis (1887-1942)
  • 100 Duitse Bestes: Georg Heym (1887-1912)
  • AVBOB Persverklaring

Nuutste kommentaar

  1. Melanie Grobler on RIV Christiaan Diedericks18 July 2025

    Eugene, baie dankie vir jou gedig. Met liefde, Melanei Grobler.

  2. Bernardus Johannes Odendaal on 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (I)15 July 2025

    Gerard, die vertaling van die gedigte was 'n herkennismaking soos min.

  3. Gerard Scharn on 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (I)13 July 2025

    Geweldig dichter, Benn. Toen ik hem leerde kennen werd ik door het lezen van zijn gedichten zelf ook dichter.

  4. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (I)11 July 2025

    Hierdie vertalers gee vir ons een van die beste projekte nog op hierdie webblad. Ek lees tans Brecht sing Afrikaans…

  5. Jannie Pretorius on Joan Hambidge. Hierdie lewe11 July 2025

    Mooi!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d