Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
28 January 201028 January 2010

Obama en Urdiese poësie

Poësie in die Wit Huis
Poësie-aand in die Wit Huis

Vantevore is daar al dikwels berig oor pres. Barak Obama se voorliefde vir die digkuns en die poësie-aande wat hy en sy vrou maandeliks in die Wit Huis aanbied. Die foto hiernaas is juis tydens die verwelkoming van gaste tydens só ‘n geleentheid geneem. Nietemin, volgens ‘n berig op Politico se webblad het hy onlangs tydens ‘n onderhoud met Dawn, ‘n Engelstalige tydskrif in Pakistan, sy voorliefde vir Urdiese poësie verklaar. “As you know, I had Pakistani roommates in college who were very close friends of mine. I went to visit them when I was still in college; was in Karachi and went to Hyderabad,” het hy gesê.

En daar het hy glo kennis gemaak met die digkuns van die tweede grootste taalgroep in Pakistan; in dié mate dat hy vandag sy toegeneentheid daarteenoor sonder enige politieke bymotiewe kan verklaar …

Volgens Gwen Kirk, ‘n kenner van Urdiese poësie wat aan die Universiteit van Texas verbonde is, word hierdie antieke digstyl met sy mistiese ondertone gekenmerk deur die tema van verlore, of gefrustreerde liefde. “Often the beloved is often a total witch,” verduidelik sy. “She breaks the lover’s heart all the time; she neglects him. It’s all about the process of trying to get closer to the beloved, and it’s got a lot of Sufi and mystical elements as well.”

Heelonder volg ‘n voorbeeld van ‘n tradisionele Urdiese vers, soos uit die Pakistani vertaal deur Shamsur Rahman Faruqi en Frances W. Pritchett. Indien die onderwerp van Urdiese digkuns jou interesseer kan jy hier meer te wete kom daarvan.

***

Vandag word Gedichtendag gevier in bykans elke hoekie en gaatjie in Nederland en Vlaandere met publikasies, feeste en handeklap in byna elke stad en dorp. In besonder was ons daarin geïnteresseerd om Charles Ducal se Gedichtendag-essay vir die webblad te bekom, maar helaas, dit het ons nie geluk nie, aangesien die uitgewer van de lesing in boekformaat nie toestemming wou verleen dat die lesing – wat vandag gratis versprei word – op die internet geplaas word nie.

Op die webblad self was dit gister ‘n besondere stil dag. Slegs één nuwe stuk het bygekom: Andries Bezuidenhout wat vertel van ‘n besonderse kuns-uitstalling in Bloemfontein. So – gebruik dus dié stilte om van jou agterstallige leeswerk in te haal …

Mooi bly.

LE

 

To hell with all hindering walls and doors!

Love’s eye sees as feather and wing, walls and doors.

My flooded eyes blur the house

Doors and walls becoming walls and doors.

There is no shelter: my love is on her way,

They’ve gone ahead in greeting, walls and doors.

The wine of your splendor floods

Your street, intoxicating walls and doors.

 

(Vertaal deur Shamsur Rahman Faruqi en Frances W. Pritchett)

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard

Nuutste bydraes

  • Yves T’Sjoen. Postumiteiten voor Breyten
  • Uitnodiging: ATKV-digskool, 27 – 29 Maart
  • Joan Hambidge. George Steiner en die binnespraak
  • Resensie: “Atrium” (Marlise Joubert)
  • Meyer van Rensburg. BB

Nuutste kommentaar

  1. Hein Viljoen on Joan Hambidge. George Steiner en Gerrit Kouwenaar20 January 2026

    Joan Jy skryf: "By Kouwenaar: die maan en die perse word één". Die hele ryk Persiese wêreld - Babilon, spykerskrif,…

  2. Versindaba on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)16 January 2026

    Van die kant van die Redaksie: Baie dankie Bernard Odendaal en Robert Schall dat Versindaba hierdie skitterende vertalings kon plaas.…

  3. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Hierom dan dat George Steiner sy Poetry of thought aan hierdie manjifieke digter opgedra het. Ek (her)lees tans Steiner se…

  4. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Dank. Die gedig as smoelneuker. Goed vertaal.

  5. Jacobus Swart on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk14 January 2026

    Die digkuns is distillasie. Die taal is verhewig. Dit vereis dat die leser sy sokkies sal optrek. Want die digter…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d