Vanweë Breyten Breytenbach se bekroonde bundel “oorblyfsel / voice over”, wat oor sy gestorwe vriend, die Palestynse digter Mahmoud Darwish handel, is daar die afgelope maande heelwat oor Darwish se lewe en werk geskryf en besin. Daarom fokus ek vanoggend graag op die versameling joernaalstukke, A river dies of thirst, wat kort voor Darwish se dood in 2008 verskyn het.
Dié boek is in ‘n sakgrootte-formaat uitgegee en bevat gedigte, meditasies, fragmente en joernaal-inskrywings en as sulks is dit nie net ‘n uiters inspirerende boek nie, maar gee dit ook ‘n besonderse insig in die gedagtewêreld van ‘n werklik groot digter. Die toonaard van die inskrywings is eie aan Darwish: liries, filosofies, en deurspek met ironiese woordspel. Ter illustrasie plaas ek die titelgedig uit A rivier dies of thirst onder aan vanoggend se Nuuswekker.
Ten slotte verwys ek graag na een van die beste besprekings van Mahmoud Darwish se werk wat tans op die internet beskikbaar is, naamlik Eric Ormsby se oorsigbespreking wat op Book Forum te lese is.
Die besonderhede van die boek is soos volg:
TITEL: A rivier dies of thirst
OUTEUR: Mahmoud Darwish (uit Arabies vertaal deur Catherine Cobham)
UITGEWER: Archipelago Books
ISBN: 978 009 819 557 1 1
PRYS: R 219.50
***
Afgesien van Johann Lodewyk Marais se terugkeer na ‘n lang stilte, is daar geen nuwe plasings op die webblad nie; daarom kan julle smullees aan Johann se twéé stukke: die een oor sy Oos-Afrikaanse drome en die ander met ‘n aantal aanhalings oor die kus van Kenia.
Nou ja, toe. Die eerste maand van die nuwe jaar is so te sê daarmee heen. Hierdie naweek vind die beoordeling van die Blogfokus-briewe plaas en Sondagaand sal ons die wennner van die koopbewys bekend maak, asook die tema vir Februarie se blogfokus.
‘n Rustige naweek word almal toegewens. Nuuswekker hervat weer Maandag.
Mooi bly.
LE
A river dies of thirst
A river was here
and it had two banks
and a heavenly mother who nursed it on drops from the clouds
A small river moving slowly
descending from the mountain peaks
visiting villages and tents like a charming lively guest
bringing oleander trees and date palms to the valley
and laughing to the nocturnal revellers on its banks:
‘Drink the milk of the clouds
and water the horses
and fly to Jerusalem and Damascus’
Sometimes it sang heroically
at others passionately
It was a river with two banks
and a heavenly mother who nursed it on drops from the clouds
But they kidnapped its mother
so it ran short of water
and died, slowly, of thirst.
© Mahmoud Darwish (vertaal deur Catherine Cobham)