Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
4 February 20104 February 2010

“Nevermore, nevermore …” vrees die mense

Poe se graf
Poe se graf

Volgens ‘n berig in The Guardian het die legendariese “Poe Toaster” nie verlede maand soos gebruiklik sy opwagting gemaak by Edgar Allan Poe se graf soos hy die die afgelope 60 jaar gedoen het nie. Sedert 1949 het dié onbekende bewonderaar elke jaar gedurende die nag van 18 en 19 Januarie hom met ‘n halwe bottel duur Franse cognac en drie bloedrooi rose op Poe se verjaarsdag by die graf by Westminister Hall aangemeld en ‘n tyd daar vertoef terwyl hy die bottel cognac klaar drink.

Die ritueel word etlike jare reeds deur honderde nuuskieriges dopgehou, so ook vanjaar, maar helaas, die in swart geklede figuur het nié sy opwagting gemaak nie … Volgens Jeffrey Savoye, voorsitter van die Edgar Allan Poe Society het die drinker normaalweg tussen middernag en 5 uur aangekom, maar vanjaar – die 201ste herdenking van Poe se geboortedag – moes die nuuskieriges hul tyd verwyl met voordragte van Poe se werk.

Presies wat die afwesigheid tot gevolg gehad het, is natuurlik ‘n ope vraag. Sommiges reken dat dit gewoon te moeilik geraak het vir die geheimsinnige om die graf ongesiens te bereik; enkele jare gelede was daar blykbaar selfs ‘n gestoeiery in ‘n poging om die donker figuur se mantel van hom af te pluk. Ander, natuurlik, vrees die ergste en wonder of Poe se beroemste gedig “The Raven” se refrein van “Nevermore, nevermore” nie dalk op ‘n ongemaklike manier waar geword het nie …

Nietemin, vir jou leesplesier plaas ek vanoggend die laaste drie strofes uit dié gedig van Poe.

***

Die afgelope maande was die DBNL (Digitale Bibliotheek van de Nederlandse Letteren) besig om hul boekvoorraad digitaal voor te berei vir plasing op die internet en gister het hulle die skakels na al die klassieke Afrikaanse brontekste aan ons gestuur. Inderdaad ‘n magdom boeke oor sowel Afrikaans as die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Wat ‘n ongelooflike skat is dit nie wat hierdeur beskikbaar gestel word nie! Die volledige indeks kan hier bekyk (en gelees!) word.

Nog nuwe plasings op die webblad is ‘n inskrywing oor “lost causes” deur Andries Bezuidenhout en Charl-Pierre wat ‘n skakel geplaas het na sy rubriek oor taalkwessies wat gister in Beeld verskyn het. In die vertaalkamers is die gedig “Vleis” deur August Kleinzahler in die Afrikaanse vertaling van Johann de Lange geplaas.

En maak tog seker dat jy nie vandag té veel aan jou gewoontes torring nie; dit ontstel die mense.

Mooi bly.

LE

 

Prophet!’ said I, `thing of evil! – prophet still, if bird or devil!
By that Heaven that bends above us – by that God we both adore –
Tell this soul with sorrow laden if, within the distant Aidenn,
It shall clasp a sainted maiden whom the angels named Lenore –
Clasp a rare and radiant maiden, whom the angels named Lenore?’
Quoth the raven, `Nevermore.’

`Be that word our sign of parting, bird or fiend!’ I shrieked upstarting –
`Get thee back into the tempest and the Night’s Plutonian shore!
Leave no black plume as a token of that lie thy soul hath spoken!
Leave my loneliness unbroken! – quit the bust above my door!
Take thy beak from out my heart, and take thy form from off my door!’
Quoth the raven, `Nevermore.’

And the raven, never flitting, still is sitting, still is sitting
On the pallid bust of Pallas just above my chamber door;
And his eyes have all the seeming of a demon’s that is dreaming,
And the lamp-light o’er him streaming throws his shadow on the floor;
And my soul from out that shadow that lies floating on the floor
Shall be lifted – nevermore!

 

(c) Edgar Allan Poe (Uit: The Raven, 1845)

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

Nini Bennett. Digters in die filmkuns, deel 2. →

2e gedagtes oor ““Nevermore, nevermore …” vrees die mense”

  1. Louis says:
    9 February 2010 at 04:22

    ‘n Geskindery?! Liewe hemel, nee, Maria! So iets bestaan tog nie in ons digkuns nie, of hoe? Jy moet tog altyd onthou wat Oscar Wilde by geleentheid gesê het: “A great poet, a really great poet, is the most unpoetical of all creatures. But inferior poets are absolutely fascinating.”
    Louis

    Reply
  2. Maria says:
    4 February 2010 at 22:33

    Ai man, hierdie nuuswekkers is darem sports – nuuswekkers en neuswekkers – hulle gee mens altyd ‘n snuf in die neus van iets anders, iets meer … en ek het nooit gedink die gedigtewereld kan ook so ‘n lekker skinderwereld wees nie, of verbeel ek my nou dinge? – ^^

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. George Steiner, “On Difficulty”
  • Carina van der Walt. Madeleine en Marianne (uit “Paryse Dagboek”)
  • 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)
  • Marthé McLoud. Een aand op straat
  • Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)16 January 2026

    Van die kant van die Redaksie: Baie dankie Bernard Odendaal en Robert Schall dat Versindaba hierdie skitterende vertalings kon plaas.…

  2. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Hierom dan dat George Steiner sy Poetry of thought aan hierdie manjifieke digter opgedra het. Ek (her)lees tans Steiner se…

  3. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Dank. Die gedig as smoelneuker. Goed vertaal.

  4. Jacobus Swart on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk14 January 2026

    Die digkuns is distillasie. Die taal is verhewig. Dit vereis dat die leser sy sokkies sal optrek. Want die digter…

  5. Bernard Odendaal on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk13 January 2026

    “Lostorring” het my ewe diep getref, Joan.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d