
In navolging van ons Blogfokus vandeesmaand wil ek vanoggend onbeskaamd oor mý gunsteling liefdesvers skryf. Maar wees gerus, dit skakel wel met my boekpraatjie vir elke Vrydag aangesien dit tog op ‘n manier met ‘n boek te make het, naamlik die Israeliese digter Yehuda Amichai se versamelde gedigte wat as “A life of Poetry: 1948 – 1994” deur Harper Perennial gepuliseer is Net soos dit die geval is met Pablo Neruda – oor wie ek volgende Vrydag wil skryf – word Amichai primêr vir sy liefdesgedigte onthou, ten spyte daarvan dat hy oor ‘n wye verskeidenheid temas gedig het.
Jonathan Wilson het die volgende in The New York Times oor Amichai te sê gehad: “(He) is one of very few contemporary poets to have reached a broad cross-section without compromising his art. He was loved by his readers worldwide…perhaps only as the Russians loved their poets in the early part of the last century. It is not hard to see why. Amichai’s poems are easy on the surface and yet profound: humorous, ironic and yet full of passion, secular but God-engaged, allusive but accessible, charged with metaphor and yet remarkably concrete. Most of all, they are, like the speaking persona in his Letter of Recommendation, full of love: Oh, touch me, touch me, you good woman! / This is not a scar you feel under my shirt. / It is a letter of recommendation, folded, / from my father: / ‘He is still a good boy and full of love.'”
Ook Ted Hughes was ‘n bewonderaar van Amichai en het die volgende in die Times Literary Supplement kwytgeraak na die digter se dood in September 2000: “I’ve become more than ever convinced that Amichai is one of the biggest, most essential, most durable poetic voices of this past century – one of the most intimate, alive and human, wise, humorous, true, loving, inwardly free and resourceful, at home in every human situation. One of the real treasures.”
Nietemin, dit gaan vanoggend oor die liefdespoësie en hiervan was Amichai ‘n meester. In ‘n gestroopte, dikwels humoristiese styl, het hy dié gevaarlike tema (vir ‘n digter) op só ‘n eerlike en nie-sentimentele manier benader dat dit ‘n mens se asem telkens wegslaan by die lees daarvan. Ter illustrasie volg sy bekende “Ballad on the Streets of Buenos Aires” onder aan vanoggend se Nuuswekker, met as toegif, Marlise Joubert se lieflike omdigting wat daarop volg. En dít is mý gunsteling liefdesvers. In enige taal.
Maar eers, die boekbesonderhede. (Let wel: Protea Boekwinkel op Stellenbosch het ook Faber & Faber se “Yehuda Amichai – Selected poems” wat deur Ted Hughes en Daniel Weissbort vertaal is, beskikbaar. Die prys daarvan is R199.50)
TITEL: A Life of Poetry: 1948 – 1994
OUTEUR: Yehuda Amichai
UITGEWER: Harper Perennial / Harper Collins
ISBN: 0 060 92666 X
PRYS: R174.95
FORMAAT: Groot, 474 bladsye
***
Vanoggend kan jy jou verlekker aan Andries Bezuidenhout se ontdekking van die publikasie oor minneliedjies op die DBNL se indeks van historiese tekste. (Mense, daar’s ure se onverdunde plesier weggelê in daardie lysie, glo my. Snuffel net rond.) Terloops, op die gidskolom aan die regterkant, onder “Lees meer” het Marlise ‘n nuwe bladsy vir “Indekse” geskep waar indekse van hierdie aard voortaan bewaar sal word. Laastens is daar ook nog Desmond Painter se nuwe inskrywing waarin hy vertel van ‘n boek wat (hedendaagse) musiekskatte vir hom ontsluit het.
Lekker lees en mag hierdie naweek vir jou ‘n jubilante affêre wees.
Mooi bly.
LE
Ballad on the Streets of Buenos Aires
And a man waits in the street and meets a woman
precise and beautiful as the clock on the wall of her room
and sad and white as the wall that holds it
And she doesn’t show him her teeth
And she doesn’t show him her belly
but she shows him her time, precise and beautiful
And she lives on the ground floor next to the pipes
and the water that rises begins there in her wall
and he has decided on tenderness
And she knows the reasons for weeping
and she knows the reasons for holding back
and he begins to be like her, like her
And his hair will grow long and soft, like her hair
and the hard words of his language dissolve in her mouth
and his eyes will be filled with tears, like her eyes
And the traffic lights are reflected in her face
and she stands there amid the permitted and the forbidden
and he has decided on tenderness
And they walk in the streets that will soon appear in his dreams
and the rain weeps into them silently, as into a pillow,
and impatient time has made them both into prophets
And he will lose her at the red light
and he will lose her at the green and the yellow
and the light is always there to serve every loss
And he won’t be there when soap and lotion run out
and he won’t be there when the clock is set again
and he won’t be there when her dress unravels to threads in the wind
And she will lock his wild letters away in a quiet drawer
and lie down to sleep beside the water in the wall
and she will know the reasons for weeping and for holding back
and he has decided on tenderness
© Yehuda Amichai (vertaal deur Benjamin & Barbara Harshav)
Ballade vir die minnaars
na ʼn voorbeeld van Yehuda Amichai
En ʼn man ontmoet ʼn vrou laat in sy lewe
Gehawend en dor soos die landerye
Weemoedig en wit soos die stiltes van siësta
En sy toon hom meteens haar honger mond
En sy toon hom meteens die skeure in haar hart
En sy gee hom al haar ure, verlate en verwond
En sy woon op die grond van haar skamel besittings
En die reën wat val begin daar in haar oë
En hy besluit om sag te wees
En sy ken die gesprek tussen tafeldoek en eetgerei
En die mes en die vurk van soveel jare
Maar langsaam neem hy die hef in die hand
En sy hare word lank soos verse, en sag, soos hare
En sy woorde ryg oor hare saam met stiltes en verlange
En vind gestalte in die uitroep van haar liggaam
En die vlamme van ʼn vuur flits oor hul gesigte
En hulle staan daar met hul rûe na die strak verlede
En hy besluit om sag te wees
En hulle stap die gloed van somers blindelings binne
En die woorde word meer soos ʼn vallei met vrugte
En die ongeduld van seisoene verander hulle in minnaars
En hy sal haar elke dag daarna by die tafel laat sit
En hy sal haar met nuwe disse en eetgerei verlei
En die ligte van kers met adagio’s en jazz vermeng
En hulle sal nog daar wees as die najaar verkrummel
En hulle sal daar wees as die tyd verlore raak
En hulle sal daar wees as linnedoek hulle skuifelend bedek
En sy sal die versugting van sy verse in die vlees toevou
En die mes en die vurk van jarelange saamwees
En hulle sal die woorde geniet wat brood geword het
Soos brood sal hulle mekaar bly eet en vermeerder
Want hy het besluit om sag te wees
© Marlise Joubert (uit: passies en passasies, 2007: Protea Boekhuis)
“En hulle sal die woorde geniet wat brood geword het
Soos brood sal hulle mekaar bly eet en vermeerder” – te wonderlik vir woorde!