Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
9 February 20109 February 2010

Bob Dylan se kinderboek

Omslag
Omslag

Die uitgewer Sterling Children’s Books het bekend gemaak dat hulle in September  vanjaar ‘n kinderboek deur Bob Dylan gaan uitgee. Die boek, Man Gave Names to All the Animals, sal uitgegee word met ‘n meegaande CD waarop die oorspronklike liedjie (van die album Slow Train Coming) sal wees. Die illustrasies vir dié boek word deur die kunstenaar Jim Arnosky gedoen.

“From the first time I heard it, the lyrics created pictures in my mind of a land of primeval beauty,” het Arnosky gesê. “I thought this vision would make a dream of a book, and I asked for Bob Dylan’s permission to make this dream come true. Happily, he said yes.”

Uiteraard is die uitgewers net so ingenome met dié projek: “Jim has outdone himself with the lush, detailed illustrations, and we couldn’t be more delighted to have this opportunity to work with Bob Dylan.” Aldus senior-redakteur Meredith Mundy. Frances Gilbert, hoofuitgewer by Sterling Books, het bygevoeg: “When we published the picture book of Puff, the Magic Dragon, which has sold a million copies, we realized how strongly folk songs resonate across generations. We’re equally confident Bob Dylan’s fans will enjoy sharing Man Gave Names to All the Animals with the children in their lives.”

Vir jou leesplesier plaas ek nié Bob Dylan se liriek onderaan nie, maar Antjie Krog se “Abecedarium vir Afrika“.

***

Met ‘n vorige Nuuswekker is dit al berig dat Antjie Krog vanjaar die Winternachen-lesing tydens die fees verlede maand by Den Haag moes lewer. Haar opdrag was om oor die Universele Verklaring van Menseregte te praat. Die lesing kan in Engels gelees word, óf in Robert Dorsman se Nederlandse vertaling.

Ten slotte wil ek ook jou aandag vestig op ‘n rubriek oor Adriaan van Dis en NP Van Wyk Louw se invloed op hom, wat Daniel Hugo as kommentaar onder aan FIJ van Rensburg se artikel oor Van Wyk Louw en Nederland geplaas het.

Mooi bly.

LE

 

Abecedarium vir Afrika

 

Aardvark Armadil Alikreukel Akkedis

Buffel Bradysourus Bokmakierie Blaasopvis

Cape Cobra Cactoblastis Camembert Codlingmot

Damaralandse Dik-dik Diederik Duif Dikkop

Eekhoring Engelvis Elsie Eland

Feniks Fiskaal Flamink Fisant

Gapermossel Giraffa Gaboenadder Gemsbok

Hartebees Hiëna Hadida Hotnotsgod

Ietermago Impala iMpevu Ibis

Jakkals Janfrederik Jagluiperd Jellievis

Klaasneus Kakelaar Kwena Korhaan

Lelietrapper Leeu Lystrosaurus Likkewaan

Muskeljaatkat Mahem Manatee Maraboe

Nagmuis Nonaap Njala Ghnoe

Ouvolk Oorbietjie Otterjasie Otterjou

Pylstert Pietjoutjou Pofadder Pou

Quagga Quil snuif op Engels aan die lot

Ratel Roerdomp Rinkhals Rot

Speg Selekant Songololo Saagvlerkswael

Tiptol Tsetsevlieg Troupand Tarentaal

Uil Ungulungu Unicorn (Kalahariduin sy huis)

Vlakvark Vlindervis Vader-langbeen Volstruis

Wildebees Waaierstert Wulk Wildehond

Xhama laat in Xhosa spore op die grond

Yellowtail Yellowfinch en Yslike Ystervark

Zambesi-haai Zambenenje Zoeloelandse kruipmol met baard

 

Ja alles van hier van huis en van haard

Alles wat kruip volgens suidelike kaart

Alles wat fladder, doodle of dool

Wag reikhalsend op die koms

     van die Amazi-voël

 

(c) Antjie Krog (Uit: Versindaba 2009, Protea Boekhuis, 2009)

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard

Nuutste bydraes

  • Yves T’Sjoen. Postumiteiten voor Breyten
  • Uitnodiging: ATKV-digskool, 27 – 29 Maart
  • Joan Hambidge. George Steiner en die binnespraak
  • Resensie: “Atrium” (Marlise Joubert)
  • Meyer van Rensburg. BB

Nuutste kommentaar

  1. Hein Viljoen on Joan Hambidge. George Steiner en Gerrit Kouwenaar20 January 2026

    Joan Jy skryf: "By Kouwenaar: die maan en die perse word één". Die hele ryk Persiese wêreld - Babilon, spykerskrif,…

  2. Versindaba on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)16 January 2026

    Van die kant van die Redaksie: Baie dankie Bernard Odendaal en Robert Schall dat Versindaba hierdie skitterende vertalings kon plaas.…

  3. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Hierom dan dat George Steiner sy Poetry of thought aan hierdie manjifieke digter opgedra het. Ek (her)lees tans Steiner se…

  4. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Dank. Die gedig as smoelneuker. Goed vertaal.

  5. Jacobus Swart on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk14 January 2026

    Die digkuns is distillasie. Die taal is verhewig. Dit vereis dat die leser sy sokkies sal optrek. Want die digter…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d