
Genadedood is reeds ‘n algemene gebruik in sommige Europese lande, soos België byvoorbeeld. ‘n Persoon doen formeel aansoek daarvoor, dit dien voor ‘n regter en ‘n hofbevel vir “doodsbegeleiding” word toegestaan. So het Hugo Claus – wat Alzheimers onder lede gehad het – verlede jaar suksesvol aansoek gedoen en is daar op 21 Maart aan sy versoek om genade voldoen.
Die afgelope weke is daar nou egter ook verskeie aksies in Engeland om ook dáár genadedood gewettig te kry. Martin Amis was enkele weke gelede voluit in die nuus met sy oproep om “euthanasia booths” in Britse woonbuurtes. Daardie tyd is dit afgemaak as ‘n reklamefoefie vir sy pasverskene roman, The pregnant widow, wat in hoofsaak oor sy “pathologically promiscuous” suster handel.
Nietemin, ook Sir Terry Pratchett het hom nou by dié aksie gevoeg. Pratchett, wat selwers aan ‘n vroeë vorm van Alzheimers lei, het dié kwessie aangespreek in sy Dimbleby-lesing. Sy pleidooi is vir ‘n regbank wat bestaan uit ‘n regter wat in familie-aangeleenthede spesialiseer, asook ‘n geneesheer met ervaring in langdurige siektes. “If granny walks up to the tribunal and bangs her walking stick on the table and says ‘Look, I’ve really had enough, I hate this bloody disease, and I’d like to die thank you very much young man’, I don’t see why anyone should stand in her way,” het hy gesê en bygevoeg: “Choice is very important in this matter. But there will be some probably older, probably wiser GPs, who will understand. The tribunal would be acting for the good of society as well as that of the applicant – and ensure they are of sound and informed mind, firm in their purpose, suffering from a life-threatening and incurable disease and not under the influence of a third party. “If I knew that I could die, I would live. My life, my death, my choice.”
Oor sy eie siektetoestand het hy hom soos volg uitgelaat: “It is not nice and I do not wish to be there for the endgame.” Pratchett is ‘n ondersteuner van die Alzheimer’s Research Trust en het reeds ‘n bedrag van £500,000 ten gunste van navorsing geskenk.
Die volledige berig kan op The Guardian se webblad gelees word.
Na aanleiding van ons Blogfokus vandeesmaand plaas ek as huldeblyk aan Hugo Claus enkele strofes uit sy bekende liefdesgedig “Nu nog” onder aan vanoggend se Nuuswekker. (Die volledige vers kan hier gelees word.)
***
Op Wisselkaarten verwelkom ons vanoggend vir Alfred Schaffer wat sy eerste aflewering geplaas het. Lees gerus ook die onderhoud wat in die vroeë dae van hierdie webblad se bestaan met Alfred gevoer is. Dan het ons ook vanoggend nuwe inskrywings deur drie van ons gereelde bloggers: Carina Stander, Ilse van Staden en Johann Lodewyk Marais.
Sommer ‘n héle klomp nuwe leesstof om die skok van hierdie middel-in-die-week-dag te versag.
Mooi bly.
LE
Uit: Nu nog
I
Nu nog, aan de galg vandaag, met een vod in de mond,
zij die wakker wordt met gezwollen lippen, ogen toe,
zij was iets dat ik wist en toen verloren heb, en hoe,
maar hoe ben ik haar kwijt, hoe blaft een dronken hond?
VII
Nu nog knoop ik haar gitzwarte haren in hanige
kammen en sprieten en stekels en verheerlijk haar als
totem en kruis in mijn huis dat onhandig en haastig
verandert in een tempel voor Minne, de steelse godin.
VIII
Nu nog al die kamers en nachten en roomkleurig naakt
en al die slaap erna en ervoor en de geur van hei.
Hoe ze snurkte toen ik vroeg of ze nu gelukkig was
en hoe ze de peluw aaide plompverloren naast mij.
XIII
Nu nog vergeet ik weer de goden en hun ministers,
zij is het die mij versplintert, veroordeelt en vergeet,
zij van alle seizoenen maar vooral van de winter
want zij wordt mooier, kouder naarmate ik verder sterf.
XXVIII
Nu nog terwijl ik in haar verstrengeld en geknoopt zit
is de Verwoester bezig en verschroeit Hij de mensen.
Mensen van enige standing zijn hun weg verloren
als na een gevecht zonder wapens en zonder winnaars.
XXIX
Nu nog in haar boeien geklonken en met de bloedneus
van minnaars zeg ik, van haar bloeiende lente vervuld:
‘Dood, folter niet langer de aarde, wacht niet, lieve dood,
tot ik klaargekomen ben, maar doe zoals zij en sla toe!’
(c) Hugo Claus (Uit: “Nu nog”)