Die nuutste uitgawe van Poetry International se Nuusbrief is vroeër vandeesweek geplaas en in hierdie uitgawe word daar gefokus op die Colombiaanse digkuns wat, vanweë die jaarlikse poësiefees in Medellin nogal dikwels in die kollig van poësiekommentators wêreldwyd geplaas word. Maar is hierdie digkuns sterk genoeg om dié aandag te regverdig?
Volgens die oorskouende artikel deur Jairo Guzmán is Colombia ‘n land met vele teenstrydighede, ‘n gemeenskap wat só verdeel is deur jarelange konflik dat daar van ‘n koherente nasionale identiteit bykans geen sprake is nie. Teen hierdie agtergrond word ‘n digkuns dan bedryf wat aan Colombia die status van ‘n “Land van digters” besorg het.
Interessant genoeg het Hernándo Téllez die Colombiaanse digkuns reeds in 1946 soos volg opgesom: “One would think, agreeing with the aforesaid, that Colombia is in its third day of literary creation, precisely because the vast majority of its intellectual production is in the form of verses. But this is not quite so. The development and stabilisation of other literary genres is lagging far behind. As for poetry, the progress does not advance in depth, rather on the mere surface of things. There is a quantitative development, not equilibrated by progress in the quality of the works. There are a lot of verses, but very few poems. There is more production than lasting impressions.”
En – sover ek kon vasstel – geld dié waarneming nog steeds net so vandag. Maar gaan lees en oordeel self. Guzmán se artikel kan hier gelees word. Hy brei onder andere ook uit op die verskillende (historiese) bewegings in die Colombiaanse digkuns.
Terloops, Lauren Mendinueta (1977) word deur Poetry International uitgesonder as een van die mees opwindende jonger digters in Colombia. Haar werk is byvoorbeeld al bekroon met die Martin García Ramos-prys vir poësie. Ter illustrasie van haar digvermoë plaas ek die gedig “Sombra en sombras” – wat deur Constance Lardas as “Shadow amongst shadows” vertaal is – onder aan vanoggend se Nuuswekker.
***
Vanoggend kan nuwe verse deur Johann de Lange, Joan Hambidge en Johann Lodewyk Marais gelees word, asook Luuk Gruwez se nuwe plasing op Wisselkaarten. Dan lyk my dit ook asof ons deelnemers (en lesers) maar traag is om op vandeesmaand se Blogfokus te reageer. Aan die blogkant van sake is dit nog net Philip de Vos en Carina Stander wat iets oor die kwessie van liefdespoësie geplaas het, terwyl daar nog slegs ‘n brief van Hennie Aucamp ontvang is vir die Brieweboks … Wat’s fout? Kom aan, mense – skryf oor julle gunsteling liefdesverse; dis tog immers ‘n opwindende tema, is dit nie?
Mag dié dag ‘n plesierige een wees.
Mooi bly.
LE
SHADOW AMONG SHADOWS
Just like a firebird
Your wings let fall
A deep shadow.
I saw you blacken
As if the night ashes
Covered you too thickly.
And your shadow a melody of blood
Soaked my bones.
And your eyes
Asphalt mirrors
Carved statues of water.
And your hands
Columns of seaweed
Shook the seas.
Me
A frightened ghost
Hiding myself.
I dreaded looking at your eyes
I knew they held oracles.
Four and one nights went by.
Your shadow turned white
Like your tongue.
I found out you would go away.
I tried to see your eyes
An endless sequence
Of unknown faces.
Then I understood
That one night falls
With the weight of all the centuries
And that all the centuries
Weigh upon man
Like a shadow weighs upon a body.
(c) Lauren Mendinueta (Vertaal deur: Constance Lardas)