Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
15 February 2010

Jou bloeddruk en liefdesverse

Bloedrukverhoging
Bloedrukverhoging

Nou ja, toe. Gister is Valentynsdag wêreldwyd gevier en ek is seker dat liefdesverse in bykans elke huishouding waar doenlik voorgelees en uitgeleef is … Op die BBC se webblad het ek egter ‘n besonder interessante artikel raakgelees. Hiervolgens het navorsers by die Aberystwyth Universiteit onderneem om te bewys dat bloeddruk ten hemele neig met die lees of aanhoor van liefdespoësie.

So is daar byvoorbeeld verhoogde bloedvloei na die voorkop en ‘n droë tong waargeneem met die voordrag van John Keats se bekende gedig “Bright Star”. Met die voorlees van Andrew Marvell se “To His Coy Mistress” is “instant fires in every pore” vermeld.

Die vraag wat natuurlik onmiddellik by ‘n mens opkom, is in welke mate dié verhoogde bloedtoevloei wel die gevolg is van die poësie, aangesien dit uiteraard ook die gevolg van erge verleentheid of selfs “stoute gedagtes” kon wees … “There are a range of emotions caused by love,” het Dr Marggraf Turley, leier van die studiegroep, tydens die beplanningsfase gesê. “Embarrassment is part of the experience of love, but we will be holding controlled tests and we’ll invite students to become involved with the poetry […] There is a serious side to these experiments. We hope to prove that there’s not only a cerebral dimension to reading love poetry but that it can also produce measurable physical effects.”

Ongelukkig sal die finale uitslae van dié toetse eers oor ‘n paar weke beskikbaar wees. Maar nou ja, oudergewoonte sal Nuuswekker jou op hoogte (of is dit blosend?) probeer hou … 

***

Sedert Vrydag is daar nie juis veel nuwe stof op die webblad geplaas nie. Op sy blog lig Melt Myburgh wel die sluier so effentjies op nog vyf poësie-produksies wat tydens die komende Woordfees gaan plaasvind. En dan kan jy intussen by Publikasies gaan inloer waar inligting oor komende bundels geplaas is. Die eerste daarvan – Drieluik deur Floris A. Brown en Marion de Vos, met foto’s deur Hilde Vaatstra – is reeds in die winkels beskikbaar.

Vir jou leesplesier plaas ek ‘n gedig van Marion de Vos onder aan vanoggend se Nuuswekker.

Lekker lees en mag dié week uitgedek lê met besonderse vreugdes vir jou.

Mooi bly.

LE

 

Narcissus

 

Ik keek in het water

en zag de zon in mijn haar.

Ik wilde blijven kijken,

zag geen gevaar.

Prompt werd ik beslopen,

gezogen in een dal.

Ijdelheid en hoogmoed

komen voor de val.

Beter had ik de mensen omarmd.

Mijn ijdel hart

met liefde verwarmd.

Mijn versteend beeld

in het water,

een rimpel in het levensmeer,

waarschuwt mij:

Er is geen later

je tijd is op en keert nooit weer.

 

(c) Marion de Vos (uit: Drieluik, 2010: FAB Produksiehuis)

   

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Pablo Neruda. The Captain’s Verses

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Resensie: “’n Ander wêreld” (Eunice Basson)
  • Anne-Marie Bartie. alpha centauri
  • Stephan du Toit. Witgatboom
  • Anne-Marie Bartie

Nuutste bydraes

  • Daniel Hugo. Winternag
  • Vincent Oliphant. Soos
  • Stephan du Toit. Florence Nightingale
  • 100 Duitse Bestes: Elisabeth Borchers (1926-2013)
  • Ilse van Staden. tuiskoms

Nuutste kommentaar

  1. Aldre Lategan on Joan Hambidge. Philip de Vos – die boek op die regte oomblik11 November 2025

    Dankie, Joan, jou resensie is net so 'n lekkerte om te lees soos Philip se boek.

  2. Marlies Taljard on Nuwe publikasie: “Troilus and Criseyde” in Afrikaans vert. deur Johan Boje10 November 2025

    Besonder insiggewende inleiding wat onmisbaar is wanneer mens so 'n vertaling lees. Baie geluk met 'n wêreldklas vertaling John Boje.

  3. Peet van Schalkwyk on Peet van Schalkwyk. Camdeboo, Van der Waltshoek10 November 2025

    Baie dankie Vds

  4. VDS Brink on Peet van Schalkwyk. Camdeboo, Van der Waltshoek8 November 2025

    Peet, dit is aangrypend mooi!

  5. Bernard Odendaal on 100 Duitse Bestes: Erich Fried (1921-1988)3 November 2025

    Dankie, Joan.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d