Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
18 February 2010

Die mooiste liefdeswoorde ter wêreld

Koestering
Koestering

Met die pasafgelope Valentynsdag verlede Sondag is daar in Engeland ‘n steekproef onder 320 taalkundiges gedoen ten einde te bepaal watter woord en watter taal die mees romantiese is in die wêreld. Dié opname, wat deur die firma Today Translations gedoen is, het bevind dat die Franse woord “amour” met ‘n kortkop as die mees romantiese beskou word, gevolg deur die Italiaanse ekwivalent “amore“.

Italiaans is egter as die mees romantiese taal aangewys, aangesien dié taal die meeste woorde in die topgroep gelewer het. So was die Italiaanse (en Spaanse) woord “belissima” in die derde plek en “tesoro” (weereens Italiaans én Spaans) in die vierde plek. (Terloops, ingeval jy nie weet nie, “tesoro” beteken “skattie“.)

Naas Italiaans is Frans as die tweede mees romantiese taal aangewys, met Engels en Spaans in die gesamentlike derde plek.

Nog ‘n interessante bevinding uit dié steekproef, is die mees onromantiese manier om te sê: “Ek is lief vir jou.” Die wenner hier was die Japannese segging van “watakushi-wa anata-wo ai shimasu“, gevolg deur die Walliese weergawe “rydw i’n dy garu di” en “qaparha“, wat nauurlik die Klingoniaanse weergawe is in die domein van Star Trek.

Sover Nuuswekker kon vasstel was daar geen Afrikaanssprekende betrokke by dié ondersoek nie, want myns insiens is daar géén mooier woord as ons eie “koester” nie. En watter persoon – manlik óf vroulik – sal nie swig voor ‘n heserige “Ek wil jou koester” nie?

Ai, ai, wat praat ek nou?! Nietemin, die volledige berig kan op Reuters se webblad gelees word. En vir jou leesplesier plaas ek vanoggend die enigste gedig met die woord “koester” wat ek via die internet opgespoor kon kry. Dit is deur ene Blouberg geplaas op Woes se webblad.

***

In afwagting van “Nuwe Stemme 4” wat eersdaags op die rakke gaan wees, het ons besluit om ‘n nuwe toevoeging tot die webblad te maak, naamlik ‘n kollektiewe blogruimte op die patroon van Wisselkaarten vir digters wat nog nie met ‘n eerste solo-digbundel gedebuteer het nie. Op dié manier wens ons ‘n balans te tref tussen “gevestigde” en “ontluikende” digters. By die ikoon “Nuwe Stemme” op die hoofbanier kan jy solank meer lees oor die digters wat reeds ingestem het tot deelname; nog enkeles – en ook foto’s – sal mettertyd bygevoeg word. Intussen kan Lize Viljoen se eerste bydrae gelees word.

‘n Vriendelike dag word jou toegewens.

Mooi bly.

LE

 

Koester

 

Ek koester al ons tye saam.
Elke 1 is so kosbaar & uiters spesiaal.
Ek mis jou en wil weet jy is altyd daar
deur dik & dun.
Al is ek laf, al is ek gek, wil ek weet en
somtyds hoor,
jy my vriendin is lief vir my en
gee om vir my…

Solank ek weet ons sal maatjies wees vir
ewig en altyd al word ek dan….
ook ‘n non!!

(c) Blouberg (geplaas op Woes)

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

3e gedagtes oor “Die mooiste liefdeswoorde ter wêreld”

  1. Louis says:
    21 February 2010 at 12:36

    Booswig, ek vermoed jy wou hier verwys na die LitNet-slypskool waarvan die sluitingsdatum vir inskrywings gister was. Nietemin, jy raak ‘n belangrike punt aan – alhoewel ek nie akkoord kan gaan met jou Opperman-inspeling nie. Ek dink nie dat dit moontlik is om iemand “te leer” dig nie. Maar, ‘n geoefende en ervare kommentator kan wel tot hulp wees dmv leiding en voorstelle, myns insiens. Hoe die sogenaamde “aspirant digter” dit gaan verwerk en implimenteer bly nog steeds sy of haar verantwoordelikheid. Maar nou ja, uiteindelik word die sukses van ‘n “slypskool” seker maar bepaal deur die hantering daarvan deur die deelnemende partye …
    Vriendelike groete,
    Louis

    Reply
  2. booswig says:
    20 February 2010 at 15:40

    Ag jammer tog, ek sien toe te laat dat ek op liefdeswoorde moes kommenteer en dat slypskole seker op ‘n ander plek bespreek word. Jammer dat ek so dwars in die weg van die liefdesvers staan. Dis ‘n emosie wat vir my immer onbegryplik en uiters vervlugtig is en eintlik net in gedigte bestaan. Loflik nogtans soos mooi goed maar is.

    Reply
  3. booswig says:
    20 February 2010 at 15:36

    U het ‘n uitstekende webblad met pit en diepte. Maar oor slypskole. Wat doen dit vir digters, maak dit nie almal se werk so ietwat eenselwig nie. Opperman se geesteskinders is duidelik kenbaar uit hul werk, eie erkende talent ten spyt. Is dig nie iets wat uit ‘n spesifieke siel op ‘n spesifieke wyse vloei nie, ‘n soort gom wat uit die dieptes van wortel en tak van menswees voortkom met pyn en vreugde en moeite maar ook euforie nie? Vra maar net.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. George Steiner, “On Difficulty”
  • Carina van der Walt. Madeleine en Marianne (uit “Paryse Dagboek”)
  • 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)
  • Marthé McLoud. Een aand op straat
  • Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)16 January 2026

    Van die kant van die Redaksie: Baie dankie Bernard Odendaal en Robert Schall dat Versindaba hierdie skitterende vertalings kon plaas.…

  2. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Hierom dan dat George Steiner sy Poetry of thought aan hierdie manjifieke digter opgedra het. Ek (her)lees tans Steiner se…

  3. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Dank. Die gedig as smoelneuker. Goed vertaal.

  4. Jacobus Swart on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk14 January 2026

    Die digkuns is distillasie. Die taal is verhewig. Dit vereis dat die leser sy sokkies sal optrek. Want die digter…

  5. Bernard Odendaal on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk13 January 2026

    “Lostorring” het my ewe diep getref, Joan.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d