Lekker partytjies in die Huis van Afrikaanse Poësie (hAp)!
Ek, met opkomende kunstenaar Herman Dennyschen en Johan Barkley.
Lees gerus die hAp geskiedenis.
‘n Groot hAp vir Afrikaans! (hAp Adviesraad)
hAp bestaan reeds sedert 2002 en het begin met poësievoorlesings in die voortuin van ‘n privaat woning by Malherbestraat 115, Capital Park, Pretoria.
Aanvanklik het hAp bestaan uit die stoepteater en twee klein vertrekke waar kunsuitstallings gehou is. Mettertyd is die hoofwoning ontruim om ‘n binnenshuise teater (poësieteater) en kunsgalery te huisves (2004). Die poësieteater word gebruik vir versvoorlesings, boekbekendstellings en funksies soos gedenk-lesings. Dit dien ook as ruimte vir ‘n kunsgalery.
Sedert 2004 het hAp ‘n digtersgroep wat elke Saterdag, onder bevryding van Ian Raper, by hAp ontmoet. Verskeie werke is reeds deur van hulle gepubliseer, insluitende die eerste Afrikaanse e-bloemlesing Klikspringer. Daar is ook kursusse in die Afrikaanse en Nederlandse letterkunde aangebied, met talle digtersfokusse om veral jong belangstellendes voor te stel aan ouer of minder bekende digters in Afrikaans. Hiermee is ‘n private departement Afrikaans en Nederlands in die vooruitsig gestel as teenvoeter vir die sluiting en verwatering van literatuurdepartemente by universiteite.
In Julie 2005 word die Boekerij by hAp deur Mimi Coertse geopen, hoofsaaklik met die oog op die “huisvesting” van boekskenkings wat toenemend hulle weg na hAp gevind het. Vandag beskik die Boekerij oor ‘n afdeling vir Afrikaanse, Nederlandse en Engelse letterkundige boeke, sowel as ‘n afdeling vir boeke wat te koop is.
In Oktober 2008 word die Mimi Coertse Museum van Afrikaans by hAp geopen.
Gedurende 2009 is die hAp se adviesraad op die been gebring om hAp by te staan met die bevordering en bewaring van Afrikaanse literatuur. Die adviesraad bestaan uit Mimi Coertse, dr Ian Raper, prof Marinus Wiechers, regter Eberhardt Bertelsmann, André Viljoen en Charl Pretorius.
hAp se doelstellings kan soos volg opgesom word:
· Vestiging van ‘n tuiste en werkswinkel vir die Afrikaanse skrywer/kunstenaar
· Vestiging van ‘n tuiste vir die Afrikaanse boek, ook in elektroniese formaat en bedreigde opnames by instansies soos die SABC
· Skakeling en samewerking met ander organisasies wat ten doel het om Afrikaanse literatuur te bevorder
· Opvoedings- en opleidingstaak
‘n Lekker Vooruitsig!
hAp
Plek van Woorde! Tuiste vir Menswees!
DigSange: Afrikaanse Stemfees!
28 Maart 2010
15:00
Groenkloof Ouditorium
Universiteit van Pretoria: Groenkloof Kampus
Besprekings: Computicket
Voorlopige Program
Opening/Verwelkoming: Braam Smit
Trevor Nasser: Musiek
Mimi Coertse: Lees NP van Wyk Louw
Die Black Tie Ensemble: Sing
Andries Roof Bezuidenhout: Lees
Petro Wessels en Carel Trichardt: Storie vertel
René Bohnen: Lees
Die Black Tie Ensemble: Sing
Lucie Moller: Lees
Karlien van der Merwe: Lees
Nataniël: Storieverteller
POUSE
Steve Hofmeyr: Lees
Jannie Moolman: Sing
Henning Pieterse: Lees
Kabous Verwoed: Lees
Gerda Botha: Lees
Elrene-Louise: Sing
Rosa Smit: Lees
Andre Viljoen: Lees
Gerrie Jamneck: Lees
Mimi Coertse en Jannie Moolman: Sing
(Ian Raper en Charl Pretorius)
Goeiedag Tannie Karlien of net Karlien as u dit so verkies. Ons het al so vlugtig by die Woordgilde se gala aand ontmoet in 2009. Ek het toe onder Martie Jones geskryf.
Verder het ons een keer gepraat (ek is die redaktrise van die Reizigers) oor Lucas.
Ek wil graag by u hoor of u my leiding kan gee oor wie ek kan kontak oor die Versindaba Bundels, die Nuwe Stemme en / of enige ander publikasies waarin ‘n mens kan begin om “naam” te maak vir jouself.
Ek sal dit waardeer indien u my hierin van hulp kan wees. Ek het nou my eerste bundel uitgewer toe, so ek sal maar sien wat hul terugvoer is.
Tannie Nilla, het gese ek kan u enige tyd kontak en dat u altyd vir almal behulpsaam is.
Groete Martie
Welkom, Karlien. Ai, ons hier in die Kaap kyk altyd met sulke druipende oë na jul kuierplekke daar in die noorde … Hier het ons wel die feeste, maar “kuier” met gedigte?! Dis maar min hierso en meestal Engels. Maar eendag is eendag, dan slaan ek uit by hAp met boks wyn, glo my. Intussen, groete vir almal wat betrokke is by dié wonderlike onderneming.