Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
22 February 201023 February 2010

Verplatting van digkuns

Arctic Monkeys
Arctic Monkeys

In ‘n onlangse Nuuswekker het ek geskryf oor “metrophobia“, of te wel, die vrees vir (veral) metriese poësie. Nou is daar nog ‘n verskrikking wat die mensdom teister: “poet-oxemia”. Ugh.  Volgens Shirley Dent van The Independent, is hierdie verpesting dit wat ons begrip, waardering en insig ten opsigte van die poësie verplat deur (ironies genoeg) eie toedoen. “Poet-oxemia is characterised by outbreaks of virulent versifying in the most unexpected of places, often accompanied by rash pronouncements about what constitutes poetry today,” het sy geskryf en as voorbeeld Carol Ann Duffy, Engeland se poet laureate, se onlangse opmerking dat die Arctic Monkeys se lirieke inderdaad goeie poësie is, as voorbeeld geneem van die “tuning-into-trendy-to-make-poetry-less-scary”-sindroom wat kenmerkend van dié pandemie is. Nog ‘n simptoom is wat sy die “dumbing-down-for-edutainment”-variant noem. As voorbeeld geld die videospeletjie Dante’s Inferno waarin die groot digter as ‘n harnas-beklede, swaardswaaiende besetene wat sy pad deur ‘n see van bloeddorsigtige demone moet oopveg, uitgebeeld word.

Ter afsluiting haal ek sommer die slotparagrawe van haar betoog volledig aan, aangesien sy dit beter verwoord as wat ek sou kon: “But more worrying than these acute strains of poet-oxemia is the chronic condition, whereby poetry is promoted as soma for the soul. In some quarters, poetry is now seen a soporific sop to calm dysfunctional sections of society and hush the masses. At a custody centre in Shropshire, police give prisoners poetry books to “calm them down”, while the landlord of the Phoenix pub in Faversham hosts poetry readings to keep lager louts out. While I have no problem whatsoever with poetry in either pubs or prisons, I detest the idea of poetry as a rarefied nicety, the literary equivalent of dried flowers in the toilet. We belittle poetry beyond recognition when we become victims to this passive, chronic strain of poet-oxemia. George Steiner once said in a lecture that poetry may not make you feel better. It may make you feel a hell of a lot worse. There is no cure for such poetry, poetry that makes demands of us, intellectually, emotionally. That challenges us to look again at the world as it really is. Such poetry needs no cure – long may we suffer from it.”

Sela. Gelukkig word ons eie digkuns gekenmerk deur die teenoorgestelde verpesting: poesis severitas. Of wat praat ek nou? Toe maar, dis net ‘n grappie …

***

Vanoggend kan ons bekend maak dat Fanie Olivier se nuwe digbundel, Apostroof, Vrydag in die boekwinkels afgelewer is. En soos gebruiklik het ons ‘n onderhoud wat Marius Crous met die digter gevoer het, gereed vir jou leesplesier. Nog ‘n verrassing is Hans Pienaar se tweede bundel wat pas verskyn het … Meer inlgting hieromtrent is by Publikasies te vind.

Verdermeer is daar aan die blogkant van sake twee nuwe inskrywings wat wag op jou aandag: Johann Lodewyk Marais skryf oor die Karen Blixen-museum in Nairobi, terwyl Edwin Fagel besin oor ‘n heel besonderse gedig van K. Michel. Dan is ons besonder opgewonde oor die Nuwe Stemme-blog wat nou begin momentum kry deurdat ‘n tweede bydrae gelewer is, naamlik Karlien van der Merwe wat skryf oor hAp (Huis van Afrikaanse Poësie) in Pretoira. Hier kan jy solank kyk wie al die Nuwe Stemme-digters is wat aan dié kollektiewe blog gaan deelneem.

Lekker lees aan alles en mag dié week jou sprakeloos laat van vreugde …

Mooi bly.

LE

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Joan Hambidge. The upturn palm
  • Albi Prinsloo. Verlossing
  • Retha van Deventer. ekwilibrium
  • Hennie Maartens. Water

Nuutste bydraes

  • Elmarie Nienaber Van Kampen. trapklip no 12
  • Nuwe bundel van Miel Vanstreels
  • Marthé McLoud. 31 Desember 1997
  • AVBOB Persverklaring
  • Digtersprofiel: Daniel Hugo

Nuutste kommentaar

  1. Rina Cascione on Nini Bennett. My Octopus Teacher5 December 2025

    'n Allerlieflike gedig oor 'n wonderlike dokumentêr. Dankie Nini! Jy het dit met soveel verbeelding vasgelê.

  2. Johan on Sanette Scheepers. Vrykoop5 December 2025

    Ek hou daarvan en ek verstaan die inhoud.

  3. Ben Nel on Andrea Sieberhagen. Ontsnapping5 December 2025

    Andrea, jy is ‘n rots Baie dankie vir jou bydrae tot die samelewing! Groete Ben

  4. Schalk Botha on Andrea Sieberhagen. Een helder ster4 December 2025

    Dis dalk nie die beste aand om hierdie impakvolle gedig te lees en te bedink nie; veral om uit ‘n…

  5. Marthé McLoud on Johann Lodewyk Marais. Johann de Lange in Sunnyside en Pretoria.3 December 2025

    Ek geniet die artikelreeks oor Johann verskriklik baie. Baie interessant. Dankie daarvoor.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d