
In ‘n onlangse Nuuswekker het ek geskryf oor “metrophobia“, of te wel, die vrees vir (veral) metriese poësie. Nou is daar nog ‘n verskrikking wat die mensdom teister: “poet-oxemia”. Ugh. Volgens Shirley Dent van The Independent, is hierdie verpesting dit wat ons begrip, waardering en insig ten opsigte van die poësie verplat deur (ironies genoeg) eie toedoen. “Poet-oxemia is characterised by outbreaks of virulent versifying in the most unexpected of places, often accompanied by rash pronouncements about what constitutes poetry today,” het sy geskryf en as voorbeeld Carol Ann Duffy, Engeland se poet laureate, se onlangse opmerking dat die Arctic Monkeys se lirieke inderdaad goeie poësie is, as voorbeeld geneem van die “tuning-into-trendy-to-make-poetry-less-scary”-sindroom wat kenmerkend van dié pandemie is. Nog ‘n simptoom is wat sy die “dumbing-down-for-edutainment”-variant noem. As voorbeeld geld die videospeletjie Dante’s Inferno waarin die groot digter as ‘n harnas-beklede, swaardswaaiende besetene wat sy pad deur ‘n see van bloeddorsigtige demone moet oopveg, uitgebeeld word.
Ter afsluiting haal ek sommer die slotparagrawe van haar betoog volledig aan, aangesien sy dit beter verwoord as wat ek sou kon: “But more worrying than these acute strains of poet-oxemia is the chronic condition, whereby poetry is promoted as soma for the soul. In some quarters, poetry is now seen a soporific sop to calm dysfunctional sections of society and hush the masses. At a custody centre in Shropshire, police give prisoners poetry books to “calm them down”, while the landlord of the Phoenix pub in Faversham hosts poetry readings to keep lager louts out. While I have no problem whatsoever with poetry in either pubs or prisons, I detest the idea of poetry as a rarefied nicety, the literary equivalent of dried flowers in the toilet. We belittle poetry beyond recognition when we become victims to this passive, chronic strain of poet-oxemia. George Steiner once said in a lecture that poetry may not make you feel better. It may make you feel a hell of a lot worse. There is no cure for such poetry, poetry that makes demands of us, intellectually, emotionally. That challenges us to look again at the world as it really is. Such poetry needs no cure – long may we suffer from it.”
Sela. Gelukkig word ons eie digkuns gekenmerk deur die teenoorgestelde verpesting: poesis severitas. Of wat praat ek nou? Toe maar, dis net ‘n grappie …
***
Vanoggend kan ons bekend maak dat Fanie Olivier se nuwe digbundel, Apostroof, Vrydag in die boekwinkels afgelewer is. En soos gebruiklik het ons ‘n onderhoud wat Marius Crous met die digter gevoer het, gereed vir jou leesplesier. Nog ‘n verrassing is Hans Pienaar se tweede bundel wat pas verskyn het … Meer inlgting hieromtrent is by Publikasies te vind.
Verdermeer is daar aan die blogkant van sake twee nuwe inskrywings wat wag op jou aandag: Johann Lodewyk Marais skryf oor die Karen Blixen-museum in Nairobi, terwyl Edwin Fagel besin oor ‘n heel besonderse gedig van K. Michel. Dan is ons besonder opgewonde oor die Nuwe Stemme-blog wat nou begin momentum kry deurdat ‘n tweede bydrae gelewer is, naamlik Karlien van der Merwe wat skryf oor hAp (Huis van Afrikaanse Poësie) in Pretoira. Hier kan jy solank kyk wie al die Nuwe Stemme-digters is wat aan dié kollektiewe blog gaan deelneem.
Lekker lees aan alles en mag dié week jou sprakeloos laat van vreugde …
Mooi bly.
LE