Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
23 February 201023 February 2010

Poësie as saambindende faktor

Vairamuthu
Vairamuthu

Volgens ‘n berig in Hindu het die Indiese Minister vir Inligting en Uitsaaiwese, S. Jagathratchagan, enkele weke gelede opdrag gegee vir geskeduleerde poësievoorlesings deur al die radiostasies in Indië. Hierdie uitsendings, wat in al 14 amptelike landstale sal geskied, sal deur die Indian Broadcasting Forum (IBF) in Chennai gekoördineer word. Volgens Minister Jagathratchagan is poësie die enigste kunsvorm wat al die verskillende taalgroeperinge sal kan verenig en terselfdertyd as bron van opvoeding kan dien.

Die digter Vairamuthu staan aan beheer van die projek. Hy het 14 digters genooi wat aan die voordragte gaan deelneem. Dié gedigte is dan ook in al die ander landstale vertaal.

Vir jou leesplesier volg Vairamuthu se gedig “Vaaccippu” (wat as “Reading” vertaal is) onder aan vanoggend se Nuuswekker. Die vertaling is deur Pramila Venkateswaran gedoen. 

***

Vanoggend kan jy jou verlekker aan die “nuwe stemme” in ons digkuns aangesien Nuwe Stemme 4 gister in die boekwinkels afgelewer is. Daar is ‘n bekendstellings-gesprek met ‘n aantal van dié digters gevoer wat jy hier kan lees. Met die verskyning van só ‘n publikasie is die verantwoording deur die samestellers, Ronel de Goede en Danie Marais, uiteraard van groot belang. Daarom dat ons bly is dat ons ook dít met vergunning van die uitgewers kon plaas. Dit kan hier gelees word. Nog ‘n bonus is dat die blogruimte vir die nuwe stemme voltooi is. Hier kan jy solank kyk wie almal hieraan gaan deelneem.

Lekker lees en moenie jou oë laat struikel nie … Dis ‘n la-a-a-ang onderhoud!

Mooi bly.

LE

 

Reading

I never wished 
to play the flute
or the nadaswaram,

but my desire to read
grows daily.

Even now
when I happen upon a book
I feel joyful
like a child learning the alphabet.

As I inhabit the book,
it becomes my travel companion
sustaining me.

Relaxed, I chew on the words,
my heart is nourished.

This is the only path
for mental strength,
for solitary, time-dissolving
activity, for speaking 
to plants and trees,
cooing with birds and animals
as you nest meditating
with a book.

Your senses dance with joy
your soul is fulfilled.

A book is a strange thing:
its creator describes the known
and voices the ineffable.

It is like a stone, petrified,
a silent teacher
who pours out 
subtle wisdom.

Reading makes you
forget the outside world
awakening your inner being.

Reading is
a solitary meditation
a mother’s lap
a rain shower
a deep sea
a walking stick
the lamp of wisdom
a divine song
it is the elephant’s trunk
touching my head in blessing.

The blue sky stretches outside,
I sit under my favorite neem tree, 
tea in one hand, book in the other.
What more does one need in life!

(c) Ponmani Vairamutthu (“Vaaccippu“, vertaal deur Pramila Venkateswaran)

 

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

2e gedagtes oor “Poësie as saambindende faktor”

  1. Albert Versfeld says:
    23 February 2010 at 09:14

    Daniel, mag ek maar moedswillig wees hierso en sê dat Vairamutthu se “neem”-boom in Afrikaans hier ‘n onverwagse bybetekenis kry? Ek meen, dis ‘n buffet, vat vir jou, of hoe? Dankie vir ‘n interessante kommentaar …
    Albert

    Reply
  2. Daniel Hugo says:
    23 February 2010 at 06:10

    Die slotkwatryn van Vairramutthu se gedig klink soos ‘n sober en selibate weergawe van die volgende rubai van Omar Khayyam (vertaal deur Edward Fitzgerald):

    Here with a Loaf of Bread beneath the Bough,
    A Flask of Wine, a Book of Verse – and Thou
    Beside me singing in the Wilderness –
    And Wilderness is Paradise enow.

    (enow = enough)

    Hier is C.J. Langenhoven se Afrikaanse weergawe:

    ‘n Snytjie Brood hier waar die skaad’wees sprei,
    ‘n Flessie Wyn en ‘n Gedig – en Jy
    Hier by my om te sing in die Woestyn –
    En die Woestyn is Paradys vir my.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard

Nuutste bydraes

  • Resensie: “Atrium” (Marlise Joubert)
  • Meyer van Rensburg. BB
  • Stephan du Toit. Geklief
  • Margaret Cordier. Die mens as bouer
  • Joan Hambidge. George Steiner en Gerrit Kouwenaar

Nuutste kommentaar

  1. Hein Viljoen on Joan Hambidge. George Steiner en Gerrit Kouwenaar20 January 2026

    Joan Jy skryf: "By Kouwenaar: die maan en die perse word één". Die hele ryk Persiese wêreld - Babilon, spykerskrif,…

  2. Versindaba on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)16 January 2026

    Van die kant van die Redaksie: Baie dankie Bernard Odendaal en Robert Schall dat Versindaba hierdie skitterende vertalings kon plaas.…

  3. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Hierom dan dat George Steiner sy Poetry of thought aan hierdie manjifieke digter opgedra het. Ek (her)lees tans Steiner se…

  4. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Dank. Die gedig as smoelneuker. Goed vertaal.

  5. Jacobus Swart on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk14 January 2026

    Die digkuns is distillasie. Die taal is verhewig. Dit vereis dat die leser sy sokkies sal optrek. Want die digter…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d