Philip de Vos. Wat elke seun en dogter moet weet

 

 

 

Stenig my, maar nuttelose kennis gee my oneindige plesier en hier is 15 dingetjies wat ek oor beroemde skrywers en digters en oor 4 Suid-Afrikaners uitgesnuffel het:

 

 

  

  1. PERCY BYSSHE SHELLEY (1792 – 1822) Toe hy per boot sy vriend Leigh Hunt in Italië wou verwelkom, het die boot gesink. en sy lyk het later op die strand uitgespoel met ’n volume van Keats se gedigte in ’n binnesak.
  2. LOUISA MAY ALCOTT (1832 – 1888) van Little Women faam is dood op die dag van haar pa se begrafnis.
  3. HANS ANDERSEN (1805 –1875) het in ’n materiaal-fabriek begin werk en het dikwels die ander werkers met sy mooi sopraanstem vermaak, totdat hulle op ’n dag sy broek afgetrek het om te sien of hy dalk ’n meisie was.
  4. DYLAN THOMAS (1914 – 1953) het hom letterlik dood gedrink.
  5. MARTIN LUTHER (1483 – 1546) skrywer van die 95 Leerstellinge het aan aambeie gely.
  6. EMILY DICKINSON (1830 – 1886) het rooi hare gehad.
  7. LEONARDO DA VINCI (1452 – 1519) was vegetaries
  8. VIRGINIA WOOLF (1882 – 1941) het daarvan gehou om te skryf terwyl sy regop staan.
  9. GUY DE MAUPASSANT (1850 – 1893) was glo wel bedeeld.
  10. MARK TWAIN was lief vir sigare en het gespog dat hy 1000 keer opgehou rook het.
  11. MIGUEL DE CERVANTES (1547 – 1616) skrywer van Don Quixote het net een arm gehad.
  12. C J LANGENHOVEN (1873 – 1932) As Onse Neelsie vandag nog gelewe het, sou hy 137 jaar oud gewees het.
  13. LINA SPIES (1939 – ) se geboortenaam is Carellina Pieternella Spies.
  14. KAREL SCHOEMAN (1939 -) se geboortenaam is Tromp
  15. JOAN HAMBIDGE (1956 – ) is nie regtig ’n man nie
Bookmark and Share

Een Kommentaar op “Philip de Vos. Wat elke seun en dogter moet weet”

  1. bibi :

    Uiteindelik – 15 feite soos koeie om mens deur die vervelige/maer jare te voed.
    En Leonardi da Vinci het ‘n punt beet- (verskoon die pun)gehad!
    Dankie vir die bietjie pret.

  •