Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
9 March 201016 June 2024

Niel van Deventer.Aan die einde van die N1.

Om op die pad te wees was nog nooit vir my ‘n probleem nie.  Toe ek dus iewers in November ‘n e-pos van Loftus Marais ontvang wat sê dat ‘Nuwe Stemme 4’ in Maart by die Woordfees bekend gestel word, het ek dadelik begin beplan aan ‘n avontuur. Ek het so deur Beer van Zinkplaat met Natasha “Trouvrou” gereël dat ek by Klankdig ook ‘n paar gedigte en songs kan doen, my kar gepak, vir Charlenè, my meisie, gehelp met padkos, en die pad gevat.

Ek dink nie ek het al ooit laat in Februarie deur die Karoo gery nie, en toe dit heelpad nog so saggies reën, het Charlenè om elke draai planne beraam om net daar vir ons ‘n huis te bou en vir ewig dààr te bly.

Die reën wat ons al die pad vergesel het, was egter slegs ‘n verskynsel in die Boland, en ons was skaars daar of ons het weer leer swem… en opneem. Ek het spesiaal ‘n week vroëer gegaan om my eerste solo-album wat binne die volgende twee maande gaan verskyn, te gaan opneem, en dit was weer ‘n lekker, dog senutergende belewenis om op die maat van ‘n click-track te moet kitaar speel.

Die eerste paar dae in die Kaap was ‘n harwar van record, ou vriende, koue bier en laataand braaie.

So sit ek toe verlede Maandagmiddag in Brazen Head en dink aan die outjie wat ek was toe ek my naam op daardie plaatjie bo die kroeg vasgedrink het, toe my foon lui en ek sien dat dit Charlene Mckenzie van Steak&Ale is. Sy vra wat ek maak, en toe ek antwoord dat ek in die Kaap is, sê sy net ‘fantasties’ en vra my of ek nie belang sal stel om die Donderdagaand van die Woordfees aan Oopmond – die eerste bekgeveg en poetry-slam van die Woordfees saam met mense soos Ronel Nel, Andries Bezuidenhout, Jo Prins en Danie Marais, deel te neem nie. Sonder om twee keer te dink stem ek in, en praat gou met Ronel oor die reëlings. Nadat ek weer gaan sit om tot verhaal te kom, wonder ek meteens wat de hel ek aangevang het!

 Toe begin ek stres, drink ‘n ekstra whisky daardie aand en sms my ma. Ek het nog nooit geveg of bekgeveg nie, wat nog van saam met- en teen mense vir wie ek ietwat van ‘n starry-eyed heldeverering het…

Dinsdagoggend word ek wakker in iets wat soos ‘n waas voel… en vir die volgende twee dae is dit asof alles in slow-motion gebeur… Donderdagaand breek aan, en alles – eers Klankdig, daarna Oopmond – verloop soos ‘n goeie droom.

Die bekendstelling van ‘Nuwe Stemme 4’ die volgende dag, waarvoor ek aanvanklik Woordfees toe gegaan het, was vir my op die ou end soos die dekadente nagereg van ‘n onvergeetlike maaltyd!

Later Vrydagaand het ek gaan visbraai by my vriend Kaalvoet Jannie, so na die berg en die sterre lê en kyk, en in die middel van ‘n gesprek heel tevrede aan die slaap geraak.

Die res was net pret. Vriend Francois Brill het ons Saterdagoggend kom oppik en saam Melkbosstrand toe geneem vir die dag,  en die aand het ons Kaalvoet-hulle se band ‘Dikazzins’,  se laaste gig bygewoon.

Ek en Charlenè het op die strand gaan stap, en nie een van ons was lus om om te draai en die realiteit van huistoe gaan, in die oë te kyk nie. Sy was besig om vir ons huis te soek sodat ons vir ewig kan agterbly, en ek was net lus om vir nog so ‘n rukkie aan een van die lekkerste weke van my lewe vas te klou.

Dankie vir elkeen wat bygedra het, julle weet wie julle is.

Gister middag toe ons uit Kroonstad ry waar ons eergister aand geslaap het, was ek in twee oor N1 of mooi pad. Toe ons by die keuse kom, sê Charlenè: “Kom ons gaan Parys toe, ek wil nog nie huis toe gaan nie.” Ek het die flikkerlig aangesit en links gedraai, want ek het presies verstaan wat sy bedoel.

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

10e gedagtes oor “Niel van Deventer.Aan die einde van die N1.”

  1. Renette says:
    20 March 2010 at 06:12

    Hallo Niel
    Ronel is reg…jy WAS die ster van die aand en my negentienjarige dogter….oopmond oor jou!! mooiman! Hou so aan, ons luvit en jou poem was amazing!

    Reply
  2. Niel van Deventer says:
    11 March 2010 at 12:27

    Ooja, dankie!

    Reply
  3. Niel van Deventer says:
    11 March 2010 at 12:26

    Ek kan dit doen Ronel, die een oor wraak?

    Reply
  4. Ronel Nel says:
    11 March 2010 at 09:58

    O ja, wil jy nie jou wengedig op Versindaba publiseer nie, toe?

    Reply
  5. Ronel Nel says:
    11 March 2010 at 09:44

    Heita Nielie!
    Lekker stuk, man! Jy’t vergeet om te meld dat jy die ster van die aand was! Oopmond was bevange, baie baie dankie vir jou en Andries en Melt en Jo en Charlene en die muso’s… Maak vinnig weer so, en dan moet die Versindaba-mense kom saamspeel.

    Reply
  6. Niel van Deventer says:
    10 March 2010 at 12:12

    Dankie Lewies,
    Dit was een van die lekkerste ervarings van my lewe, maar (soos die teef wat retrospek maar is) ek is spyt, want ek voel ek kon daardie poem soveel beter geskryf het… Dit was die probleem, ek het met die gedagte dat dit ‘n song moes word begin skryf en dus was daar ‘n ietwat van ‘n geforseerde rym aan die begin en eindig toe met ‘n paar lyne met meer sin as rym… Maar dit is seker maar die pret van die leerproses. Volgens Ronel is ek nou amptelik deel van die Oopmond span en dus sal ek volgende keer kan skaaf aan waar ek nou gevoel het ek tekort skiet…

    Reply
  7. Lewies Botha says:
    10 March 2010 at 12:03

    Ek wil sommer net weer hierop jou blog sodat die ander mense ook hoor se; Oopmond was fantasties, jy het jou goed van jou taak gekwyt. Ek dink dit moet ‘n moerse uitdaging wees om voor ‘n gehoor ‘n gedig in 10 minute op te tower. Het jy met lirieke ingedagte geskryf (wat dit natuurlik makliker vir die toonsetters sou maak) of hard core poetry, bru?

    Reply
  8. Bertus says:
    9 March 2010 at 22:43

    Hallo Niel,

    Netjiese stukkie Niel!

    Jy pluk alte lekker die vrugte van harde werk dus moet jy dit terdee geniet, iets wat jou ervaringe al meer male by jou tuis gebring het.

    AS dit goed gaan geniet dit en werk dan harder vir die volgende keer.

    Sien uit na jou nuwe songs, tjom!

    Bert

    Reply
  9. Niel van Deventer says:
    9 March 2010 at 19:33

    Haha, as dit maar net in ‘n sportkar was…

    Reply
  10. Andries Bezuidenhout says:
    9 March 2010 at 17:22

    Lekker Niel. Ten minste sal Charlene, anders as Lucy Jordan, eendag kan s^e dat sy al deur Parys gery het met die warm wind in haar hare.
    Andries

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Resensie: “’n Ander wêreld” (Eunice Basson)
  • Anne-Marie Bartie. alpha centauri
  • Stephan du Toit. Witgatboom
  • Anne-Marie Bartie

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Bestekopname
  • AVBOB Persverklaring
  • Willem M. Roggeman. De meerwaarde van de verbeelding
  • Joan Hambidge. Brief, 10 November 2025
  • Carina van der Walt. Paryse dagboek

Nuutste kommentaar

  1. Aldre Lategan on Joan Hambidge. Philip de Vos – die boek op die regte oomblik11 November 2025

    Dankie, Joan, jou resensie is net so 'n lekkerte om te lees soos Philip se boek.

  2. Marlies Taljard on Nuwe publikasie: “Troilus and Criseyde” in Afrikaans vert. deur Johan Boje10 November 2025

    Besonder insiggewende inleiding wat onmisbaar is wanneer mens so 'n vertaling lees. Baie geluk met 'n wêreldklas vertaling John Boje.

  3. Peet van Schalkwyk on Peet van Schalkwyk. Camdeboo, Van der Waltshoek10 November 2025

    Baie dankie Vds

  4. VDS Brink on Peet van Schalkwyk. Camdeboo, Van der Waltshoek8 November 2025

    Peet, dit is aangrypend mooi!

  5. Bernard Odendaal on 100 Duitse Bestes: Erich Fried (1921-1988)3 November 2025

    Dankie, Joan.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d