Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
10 March 2010

Nadoodse roem

Franz Kafka
Franz Kafka

Nou ja, toe. Die volgende is altyd ‘n vermaaklike speletjie vir mense met te veel tyd op hul trapmeuelens: hoeveel en watter skrywers is oorlede alvorens hulle roem bereik het. In ‘n groot mate is dit sekerlik ‘n nuttelose stukkie statistiek, maar tog interessant. Op die webblad Online Degree is daar ‘n omvattende artikel, met ‘n lysie van die Top 10 roemloos-gestorwe skrywers.

Die enigstes uit dié lysie wat ‘n mens in ‘n mate mee akkoord kan gaan, is Franz Kafka, Sylivia Plath, Emily Dickinson, Jane Austen en Anne Frank. Oor Franz Kafka het Online Degree die volgende te sê: “Today considered one of the quintessential existential (and, to a lesser extent, modernist) writers, many unfamiliar with Austrian writer Franz Kafka’s life will be shocked to discover that his intensive influence never coagulated until after his 1924 death from tuberculosis. Kafka actually spent much of his short life working in insurance and factories with the occasional dabbling in theatre. Most of his dark, deeply psychological short stories, novels, novellas, letters, and essays never saw publication in his lifetime – in fact, he ordered his contemporary Max Brod, the executor of his estate, to burn every manuscript without reading them. Obviously, Brod disobeyed these last requests. As a result, Kafka’s descriptive exploration of the more twisted, unknown corners of the human psyche entered into the literary canon. Loved and appreciated throughout the world, critics laud works such as The Metamorphosis, The Trial, The Metamorphosis, and many, many others as some of the greatest literary contributions from the 20th century. They have gone on to heavily inspire not only other writers, but artists, musicians, and other creative types as well.”

En ter plaatse? Hoe sal ‘n lysie met Afrikaanse skrywers daaruit sien? O, ja – beslis Eugène Marais en Ingrid Jonker, natuurlik. Koos Prinsloo? Waarskynlik nie, want hy was reeds ‘n gerekende ten tye van sy dood … En wat van Wilhelm Knobel? Waarskynlik Wopko Jensma (en Peter Blum?) rondom wie daar ‘n hele leeskultus ontstaan het na hul onderskeie verdwynings uit die openbare oog.

Maar, nou ja. Ek skat die lysie van miskende digters wat nooit tydens hul leeftyd na waarde geskat was nie, en nog steeds ná hul dood pleit om herwaardering, is waarskynlik baie langer as bogenoemde paar name. ‘n Mens se gemoed sidder liggies om selfs net in dié rigting te begin dink: SJ Pretorius, GA Watermeyer, RK Belcher en Barend Toerien. Stephan Bouwer?

Ai, soveel name. Soveel hartseerverhale. Soveel verbeurde kanse …

***

Op die webblad is daar vanoggend sommer heelwat nuwe plasings. Robert Pearce se huldeblyk aan Peter Snyders, wat verlede jaar 70 geword het, is ‘n moet lees. So ook Andries Bezuidenhout se Blogfokus-bydrae oor Paul Klee, Walter Benjamin en ‘n gedig van Klee. Bernard Odendaal het weer ‘n aflewering geplaas in sy reeks oor gedigbesprekings; dié keer gaan dit oor ‘n aangrypende gedig van Stephan Bouwer, een van ons “vergete” digters … Ook Ilse van Staden het ‘n nuwe inskrywing en by Nuwe Stemme is daar sommer drie: Lewies Botha, Niel van Deventer en Hennie Meyer. Dan het ons gister ook nog die Klikbord opgedateer met vele skakels na interessante leesstof wat tans op die internet te lese is.

Soveel onverdunde leesplesier! Geniet dit.

LE

 

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

5e gedagtes oor “Nadoodse roem”

  1. Evette Weyers says:
    18 March 2010 at 04:37

    Hi Annet en Louis,
    vanaand by Breyten se gesprek by Protea Boekwinkel (16/3/10)waar hy o.a. oor sy belewenisse met die Palestynse digter Darwish, en sy rapport met sy gehoor gepraat het, bewys hy dat ‘n digter werklik dit kan dig wat ‘n hele volk se gevoel raakvat. Breyten het vertel hoe die 1,500 toeskouers in, een geval, die hele gedig oor paspoorte, spontaan en woordvas, saam gesing het (Nie een van hulle het paspoorte gehad nie.)
    Dit gebeur wel met musikante in SA, Kerkorrel se liedjies en onlangs die de la REY liedjie.
    Ons het nog nie so ‘n tradisie wat gedigte betref nie, maar ons kan dit sekerlik ontwikkel deur mense meer aan poësie bloot te stel. Dit doen die Versindaba en julle Versindaba webwerf o.a. ‘n VSA vriendin het in antwoord op haar gebrek aan lesers vir haar gedigte, na skole gegaan en kinders begin leer dat hulle gedigte kan skryf, van kleins af. So skep sy toekomstige gehore. Mense wie se ore oop is vir gedigte en honger is daarvoor. In Keats se dae het digters werklik geglo hulle kan die wêreld verander. Ek glo dit steeds.
    Miskien kan digters deel van die KKNK se Voorbrand-fees word en van verskillende bevolkingsgroepe kinders gaan blootstel aan gedigte en hulle wys dat hulle self gedigte kan skryf. Die rap poetry doen dit tot ‘n mate reeds.
    Louis en Marlise, baie dankie vir gisteraand!
    evette weyers

    Reply
  2. Annet says:
    10 March 2010 at 11:14

    Baie dankie, Louis, ek sal so maak. Dis ‘n onderwerp hierdie met baie kante.
    groete,Annet.

    Reply
  3. Louis says:
    10 March 2010 at 09:53

    Annet, ek dink nou daaraan – ‘n artikel wat jy móét lees, is HP Van Coller en Bernard odendaal se artikel oor SJ Pretorius as “miskende digter”. Dit is verlede jaar Junie by “Artikels” (onder “Lees meer”) geplaas. So nie kan jy sommer via die volgende skakel direk daarheen gaan: https://versindaba.co.za/2009/06/11/sj-pretorius/
    Vriendelike groete,
    Louis

    Reply
  4. Louis says:
    10 March 2010 at 09:37

    Annet, hierdie vraag is nou waaragtig ‘n belangrike vraag; en een waarop daar helaas nie ‘n enkelduidige antwoord moontlik is nie. Ingrid Jonker se prominensie is uit-en-uit vanweë leserslojaliteit. Haar bundels hou net aan en aan met verkoop, in hoofsaak seker maar vanweë die kultus-aanhang, maar darem nou seker ook net uitsluitlik nie. Ek meen, sy het belangrike (en lieflike) gedigte geskryf. Daarteenoor is Eugène Marais e.a. klassieke digters se prominensie waarskynlik weer vanweë hul historiese belang. Maar grotendeels word ‘n digter se nadoodse-statuur na alle waarskynlik bepaal deur die mate waarin hy of sy “gekanoniseer” is deur die literatore. ‘n Mens sou graag wou dink dat die statuur van ‘n digter en die verkope van sy of haar bundels in ‘n duidelike korrelasie met mekaar moet funksioneer, maar helaas, dit is hoogstens by uitsondering. So vermoed ek altans.

    Reply
  5. Annet says:
    10 March 2010 at 09:10

    Louis, maar wie is die mense wat digters na waarde skat? Die lesers? Die literatore? Ek wonder maar net. Word ‘n digter slegs beroemd/waardevol as hy/sy ‘n toekenning van een of ander aard ontvang? [En dan weet ons mos, daar is dikwels slegs een prys in ‘n kategorie of genre]. As hy herdrukke beleef, as hy kontroversie veroorsaak deur allerlei uitlatings in die pers, as hy selfmoord pleeg, ‘n flambojante lewe het? As die literatore baie artikels oor hom/haar skryf? Ek sal maar net graag jou mening hieroor verneem, of enige ander se opinie ook. Dis ‘n interessante onderwerp vir my hierdie!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: "Miniatuur". (Johann de Lange)
  • Boekbespreking: “Taboek” (Riku Lätti)
  • Resensie: “Stil gesprek” (Jan Pretorius)
  • Resensie: Vlindervreter ( Melanie Grobler en Christiaan Diedericks)

Nuutste bydraes

  • Resensie: “Skulpkrale: Kwatryne” (Marié Heese)
  • Nuwe publikasie: “Nogmaals vir die bysiende leser” (Joan Hambidge & Marlies Taljard, Reds.)
  • 100 Duitse Bestes: Jakob van Hoddis (1887-1942)
  • 100 Duitse Bestes: Georg Heym (1887-1912)
  • AVBOB Persverklaring

Nuutste kommentaar

  1. Melanie Grobler on RIV Christiaan Diedericks18 July 2025

    Eugene, baie dankie vir jou gedig. Met liefde, Melanei Grobler.

  2. Bernardus Johannes Odendaal on 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (I)15 July 2025

    Gerard, die vertaling van die gedigte was 'n herkennismaking soos min.

  3. Gerard Scharn on 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (I)13 July 2025

    Geweldig dichter, Benn. Toen ik hem leerde kennen werd ik door het lezen van zijn gedichten zelf ook dichter.

  4. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (I)11 July 2025

    Hierdie vertalers gee vir ons een van die beste projekte nog op hierdie webblad. Ek lees tans Brecht sing Afrikaans…

  5. Jannie Pretorius on Joan Hambidge. Hierdie lewe11 July 2025

    Mooi!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d