
Op die weblog As it ought to be lees ek ‘n besonder interessante artikel oor die ewige kwessie van vertaling raak. Nie net is dit die opskrif van dié artikel, “The art of failure” wat my ook vang nie, maar ook (en veral) die Paul Auster-aanhaling wat as motto gebruik word: “Translators are the shadow heroes of literature, the often forgotten instruments that make it possible for different cultures to talk to one another.” Dit is natuurlik geneem uit Auster se versameling essays wat as “The art of hunger” byeengebring is.
Uiteraard kan die belangrikheid van Engels as wêreldtaal nie ontken word in die sfeer van vertaling nie. So was dit ene Henry Howard wat reeds in 1554 die sogenaamde “blank verse” ontwikkel het ten einde Virgil se nie-rymende, dog metriese, Ǽneid te kan vertaal. En dít het weer direk aanleiding gegee tot die feit dat Shakespeare in staat was om sy versdrama’s te kon skryf. Net so is vele ander digvorme uit ander tale via Engels na die wêrelddigkuns oorgehewel: die sonnet, koeplet, villanelle, sestina, en ook die “vrye vers”, wat volgens Okla Elliott, skrywer van die artikel, grootliks ontstaan het vanweë die drif (Ezra Pound s’n?) om Chinese poësie in Engels te vertaal.
Maar watter posisie beklee die vertaalde teks tans in die era van globalisasie?
Volgens Elliott is die prentjie alles behalwe rooskleurig: “According to a Center for Book Culture study on the number of books translated into English between 2000-2006, it’s a pretty dismal place. Most countries had fewer than one book per year translated into English, and literary heavyweights such as France, Italy, and Germany had fewer than ten books per year translated into English – and this includes novels and nonfiction as well as poetry.” In die VSA lyk die prentjie egter aansienlik beter. Daar word bereken dat ongeveer ‘n derde van alle boeke wat per jaar in die VSA verskyn, vertaalde tekste is.
Na ‘n indringende kyk na die kwessie van vertaling en die besondere uitdagings wat dit vir die vertaler inhou, kom Elliott tot die volgende gevolgtrekking: “The primary goal of translation is to recreate the effect of the original poem in the target language (the language into which you are translating). The problem, of course, is that if the poet did her work properly in the original (or source) language, then she made use of every available trick and tactic, thus making the job of recreating the poem almost impossible. This is why Umberto Eco calls translation ‘the art of failure’.”
Mmm, heerlike (en verpligte) leesstof vir enige persoon wat selfs net rakelings met vertalings en vertaalde tekste te make het. Die volledige artikel kan hier gelees word.
***
Vanoggend is daar drie nuwe plasings op die webblad: Philip de Vos vertel van ‘n onlangse filmervaring, Desmond Painter wonder oor Bob Dylan se obsessie met kunsmuseums, terwyl Chris Coolsma op Wisselkaarten weer netjies aansluit by Andries Bezuidenhout se inskrywing gister in sy vertelling van die 70s in Amsterdam en die kwessie van vernuwing, veral in die kader van musiek.
Die besonderse aankondiging vanoggend is egter Koos Oosthuysen se bundel, Twintig verse in vertaling, wat in 2008 privaat en in klein oplaag vir familie en vriende uitgegee is en nou (uiteindelik) in die handel beskikbaar is. Hierdie bundel bevat naamlik ‘n aantal verse wat uit Xhosa na Afrikaans vertaal is, en ook van Afrikaans na Xhosa. “Dis vir my Pa se 75ste verjaardag in Desember 2008 gedruk – ons familie het dit sommer self uitgegee. Ek het eers in 2009 sover gekom om die inligtingstuk daaroor op te stel in die hoop dat ‘n mens dalk ‘n paar eksemplare sou kon verkoop of die boekie onder die aandag van die publiek of mense wat daarin sou belangstel kon bring,” skryf sy dogter ter verduideliking. Wat ‘n aanwins! Wat ‘n vreugde … Lees gerus ook weer Charl-Pierre Naudé se inskrywing oor dié tema indien jy dit nog nie gelees het nie.
Ten slotte, vir jou leesplesier volg ‘n vers hier onder wat Johann de Lange in reaksie op my verwysing na Loftus Marais se “Gesprek met die ui” gestuur het vir plasing.
Lekker lees en geniet jou dag.
Mooi bly.
LE
Valentine
Carol Ann Duffy
Not a red rose or a satin heart.
I give you an onion.
It is a moon wrapped in brown paper.
It promises light
like the careful undressing of love.
Here.
It will blind you with tears
like a lover.
It will make your reflection
a wobbling photo of grief.
I am trying to be truthful.
Not a cute card or a kissogram.
I give you an onion.
Its fierce kiss will stay on your lips,
possessive and faithful
as we are,
for as long as we are.
Take it.
Its platinum loops shrink to a wedding-ring,
if you like.
Lethal.
Its scent will cling to your fingers,
cling to your knife.
(c) Carol Ann Duffy