Die Britse digter, Simon Armitage, het onlangs ‘n nuwe teks (‘n inleiding en ‘n soort nawoord) geskryf vir ‘n Oscarbekroonde rolprentweergawe van Prokofiev se bekende Pieter en die Wolf. Die eerste opvoering van die werk het in Desember verlede jaar in Londen plaasgevind. Ek is nie seker of die speelvak al tot ‘n einde gekom het, en of ‘n mens dit nog sou kon sien nie. In die Londen-vertonings is die rolprent begelei deur ‘n lewendige uitvoering (deur die legendariese Philharmonia Orchestra onder leiding van Mark Stephenson) van Prokofiev se musiek en Armitage se teks. Lees Armitage se interessante Guardian artikel oor hierdie projek en sy musikale agtergrond hier.