Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
12 March 2010

Donald Friedman. The Writer’s Brush

Omslag
Omslag

In haar kommentaar op Andries Bezuidenhout se nuutste blog-inskrywing verwys Marlise na die boek “The Writer’s brush” wat deur Donald Friedman saamgestel en deur Mid-List Press (Minneapolis) uitgegee is. Graag volg ek haar voorbeeld en wei vanoggend se Nuuswekker aan dié 457 bladsy knewel van ‘n boek. Die kwessie van “beelddigter” ís immers ons blogfokus vir die maand …

“There is no such thing as ‘Art.’ There are only artists,” het E. H. Gombrich by geleentheid gesê, maar die verbysterende ding is dat die bykans 200 kunstenaars uit die 19de en 20ste eeu van wie 400 werke in dié boek opgeneem is, almal skrywers is … Boonop nog van die heel belangsrikste skrywers in die wêreld van letterkunde: Blake, Pushkin, Hugo, Poe, Dostoyevsky, Proust, Kafka, Yeats, Plath, Tagore, Kipling, Faulkner, Elytis, Hesse, Grass, Walcot, en nog vele ander. Ook verteenwoordig hulle bykans al die belangrikste kunsbewegings wat in die wêreld van die kunste gevind kan word: van die Klassieke-skool, tot die Romantiese, Pre-Raphaeliste, Simboliste, Moderniste, Dadaïste, Surrealiste, en selfs die Beats.

En wat het die skrywers self oor hul tweede liefde te sê gehad?

Wel, Strindberg het die ekstase daarvan met die rook van ‘n daggasigaret vergelyk. “Painting is marvelous; it makes you happier and more patient. Afterwards you do not have black fingers as with writing, but blue and red ones,” het Hermann Hesse kwytgeraak. Mark Twain het weer die volgende te sê gehad: “I am living a new and exalted life of late. It steeps me in a sacred rapture to see a portrait develop and take soul under my hand.” En D.H. Lawrence? “All my life, I have from time to time gone back to paint because it gave me a form of delight that words can never give. Perhaps the joy in words goes deeper and it is for that reason more unconscious. The conscious delight is certainly stronger in paint.”

Ai, mense – wat ‘n verbysterende boek … Afgesien van al die visuele en tekstuele verleidings daarvan, bevat dit boonop twee essays: “La maison d’en face or That Other Art” deur William Gass en “Writers and Artists” deur John Updike. En teen ‘n aanbevole verkoopsprys van R400 is dié lywige boek beslis ‘n winskoop.

Terloops, volg hierdie skakel na ‘n webblad waar jy deur ‘n gedeelte van die boek kan “blaai” en vergewis jouself van die verbysterende omvang daarvan. (En indien jy wonder: die skildery op die omslag van die boek is deur Sylvia Plath.)

***

Dan het Desmond Painter sy kant deeglk gebring en sommer twéé blogs geplaas: een oor Simon Armitage en een oor die aangeleentheid van “doodle“; op Wisselkaarten is daar eweneens twee nuwe bydraes: Luuk Gruwez skryf oor die kortstondigheid van Anton Korteweg, terwyl Edwin Fagel weer ‘n uiters belangrike (filosofiese) besinning geplaas het oor die hele kwessie van kuns en werklikheid.

Ten slotte is dit vir ons aangenaam om Willem van Toorn by Wisselkaarten te verwelkom. Sy biografiese besonderhede is reeds hier geplaas en hy sal aanstons begin deelneem. Baie welkom, Willem. Mag hierdie vir jou ‘n plesierige ervaring wees …

Aan julle almal – dankie vir jul besoeke dié week. Inderdaad was dit ‘n besonderse week vir ons gewees aangesien ons tans 128% bokant die wêreldgemiddelde staan ten opsigte van unieke besoekers aan ‘n poësie-webblad, met Woensdag as die dag waarop ons die meeste besoeke nóg ontvang het. En dit is jý wat hier lees, wat dit moontlik maak. Dankie daarvoor.

Nuuswekker hervat weer Maandag.

Mooi bly.

LE

 

 

 

 

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

3e gedagtes oor “Donald Friedman. The Writer’s Brush”

  1. Desmond says:
    12 March 2010 at 09:57

    So Louis, om hier te skryf gaan ons dalk nie ryk maak nie, maar wel beroemd!

    Reply
  2. Louis says:
    12 March 2010 at 09:18

    Mmm, laat ‘n mens wonder, nè, Lewies? Wat ek wel weet is dat ons besoeke tans uit 77 lande wêreldwyd kom. In Suid-Afrika vanuit 221 sentra. Boonop is 63.4% nuwe besoekers … So, dalk is jy reg. Solank hulle net aanhou met inloer en lees; dié maand toon byvoorbeeld ‘n 23% styging teenoor verlede maand wat reeds ‘n 38% styging was op Januarie. Hoe dit ook al sy: dit gaan goed en ons is ekstaties dankbaar daarvoor.

    Reply
  3. Lewies Botha says:
    12 March 2010 at 06:39

    Het die nuwe stemme iets te make met al die kliek-besoekers ? vra maar net tong in die kies.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: "Miniatuur". (Johann de Lange)
  • Boekbespreking: “Taboek” (Riku Lätti)
  • Resensie: “Stil gesprek” (Jan Pretorius)
  • Resensie: Vlindervreter ( Melanie Grobler en Christiaan Diedericks)

Nuutste bydraes

  • Eendagsvlieg en ander vlietente gedagtes (Rosa Keet)
  • Joan Hambidge. Hierdie lewe
  • 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (II)
  • Jakes Moller. Peter Place straat, Bryanston
  • “Stil gesprek” (Jan Pretorius) nou in Duits beskikbaar

Nuutste kommentaar

  1. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (I)11 July 2025

    Hierdie vertalers gee vir ons een van die beste projekte nog op hierdie webblad. Ek lees tans Brecht sing Afrikaans…

  2. Jannie Pretorius on Joan Hambidge. Hierdie lewe11 July 2025

    Mooi!

  3. Eugene Vorster on RIV Christiaan Diedericks7 July 2025

    “Live your Truth” vir Chris skielik is dit stil/ byna subliem/ (jy sal verstaan)/ net nou en dan ‘n nat…

  4. Charl-Pierre Naude on Resensie: “Merang” (Neil Cochrane & Alwyn Roux Reds.)7 July 2025

    Hierdie is 'n teleurstellende en ongeinspireerde resensie deur 'n resensent van wie mens veel meer verwag. Dit lyk meer na…

  5. Bernardus Johannes Odendaal on Ingeborg Bachmann – vertaling in Afrikaans5 July 2025

    Ek stem met Daniel saam!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d