Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
16 March 2010

Leesverslawing & – onttrekking

Boekontrekking
Boekontrekking

Via ‘n skakel op De Papieren Man ontdek ek ‘n kostelike verslag op The Guardian. Een van hul gereelde rubriekskrywers en kompulsiewe leser, Bibi van der Zee, het besluit om ‘n hele week sonder enige boeke deur te bring. Die motivering vir dié besluit was om inderdaad vas te stel of sy “verslaaf” is aan lees en of haar konstante en toegewyde leesroetine nie dalk haar groei en produktiwiteit as individu belemmer nie: “I decided to try giving up books for a week because I have come to the point where I wonder if they are holding me back,” verduidelik sy. “On the whole, the world seems to think that books are always a good thing, that you can never get too much of them. People admit to being bookworms in the same way they admit to being ‘just too tidy really’, or ‘a bit of a workaholic’.”

Met bogenoemde as uitgangspunt, gee sy dan ‘n dag-tot-dag verslag van haar verslawing en besef teen Donderdag van die betrokke week dat haar verslawing véél meer is as ‘n bepaalde roetine wat verbreuk moet word; dat daar inderdaad ‘n psigologiese basis vir dié verslawing bestaan. En sy gaan steek kers op by Robert Darnton, direkteur van Harvard Biblioteek en kenner van boeke en leeskultuur: “Reading is mysterious,” vertel hy haar, “and we don’t really understand how it is that we make sense of these signs that are embedded in paper or on computer screens. There have been attempts by cognitive scientists to measure the chemical exchanges in the brain, but as far as I can tell no scientist has really fully explained it. They’re working on it.”

Volgens Van der Zee verskyn daar binnekort ‘n boek deur prof. Keith Oatley wat júís oor boekverslawing handel. Hy word soos volg deur haar aangehaal: “When readers were engaged in a story, the researchers found that, at the points in which the story said a protagonist undertook an action, the part of the brain which was activated was the part which the reader himself or herself would use to undertake the action. So, when the story- protagonist pulled a light cord, a region in the frontal lobes of the reader’s brain associated with grasping things was activated.”

Nietemin, vir jou leesvermaak plaas ek die laaste paragrawe van haar rubriek, want ‘n beter (en meer vermaaklike) verheerliking van lees en boeke kom jy selde teë: “Ah yes, stress. By Thursday, my early glow has worn off after a long day coping with winter, an ill parent, one particularly grumpy son, and the general detritus of life. I am incredibly tetchy and snappy; more than usual? Impossible to know (everyone’s too scared to tell me), but Friday is the same and even a little worse and I can’t find any way to relax, to switch off and get away from the things that you list in your head at 11.30pm at night. After school on Friday evening, when the boys have had tea and watched a bit of TV, they racket off downstairs for a game of hide and seek, and I slump down on to the sofa for a half hour that would usually involve a novel, a cuppa, and maybe a biscuit. Instead, after staring at the wall for a bit, I fetch my laptop and do some more work. Life feels deeply, wintrily joyless. It feels wall-to-wall grey. Books, I realise, have been one of my longest, truest friends. When I’m anxious, sad, angry, in need of comfort, a book is often the first place I will go: I even have books that I regularly re-read when I’m feeling particularly awful (can I just recommend the Bitch in the House if you’ve been a particularly bad mother that day?). And now I have just cast them aside, as if all my flaws are their fault, and not the other way round.”

Nou ja, toe. Laat dit vir jou ‘n les wees. En hou tog aan met lees; die regte boek op die regte tyd kan immers jou lewe red, of hoe?!

***

Op die webblad is daar vanoggend sommer heelwat nuwe leeswerk: Ester Naomi Perquin het ‘n lieflike stuk oor ‘n bepaalde paringsdans geplaas, Andries Bezuidenhout vergas ons met foto’s wat deur Jo Prins geneem is tydens “Oopmond” en Desmond Painter lewer sy stuk ter ondersteuning van Blogfokus.

Gepraat van dié maand se Blogfokus – die maand is alweer halfpad verby en daar lê tot op datum nog net twéé bydraes in die Brieweboks wat wag op beoordeling … So, haas jou en skryf ‘n brief oor jou gunsteling gedig oor ‘n skildery of skilder. Ai, mense, hoekom so traag?! Ter inspirasie plaas ek een hier onder.

Laat kom daai briewe.

LE

 

PORTRAIT OF ASN ARTIST, POOL WITH TWO FIGURES

‘n Skildery van David Hockney

 

Deur gekraakte water vin

die swemmer met wierende hare

en hande. Die wortels

van lig bars die water.

Die man op die swembadrand

se skaduwee wieg.

Die voet van die swemmer skop

teen die lig wat oor hom rank

en oor die water sprei

soos ‘n net.

Ingedagte

wier die swemmer

in die lignet.

 

(c) Johan van Wyk (Uit: Heldedade kom nie dikwels voor nie, 1978: Perskor-Uitgewery)

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

1e kommentaar op “Leesverslawing & – onttrekking”

  1. weskuslady says:
    16 March 2010 at 10:51

    My suster op Lambertsbaai sê per sms: “Geen medisyne kan heel soos woorde nie, maar woorde kan ook verdeel, verkrummel, alles opkerf tot fyn ys. Woorde kan rillerig teen jou vel afgrint of jou streel soos ‘n moeder se hand, maar sonder woorde kan ons nie.
    Wat is mense sonder woorde? Nie diere nie, ons het te veel van ons instink verloor. Mense sonder woorde is wandelende dofkoppe, waggelende stommes in ‘n wêreld sonder betekenis, want woorde is ook meedelers van ervaring, van gevoel, [of] gebrek aan gevoel.”
    [jvl se gedig is baie mooi; die magnetisme/verdowing van die water se lignet!]

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Ontbloot" (Marthé McLoud)
  • Resensie: “Merang” (Neil Cochrane & Alwyn Roux Reds.)
  • Resensie: “Dwaaldae” (Andrea Sieberhagen)
  • Resensie: “Klaarte” (Louis Esterhuizen)
  • Resensie: "Skulpkrale: Kwatryne" (Marié Heese)

Nuutste bydraes

  • Piet van Rooyen. Variasie op Jan Blohm se “Jenny”
  • Joan Hambidge. Brief aan die tinktinkievrou
  • AVBOB Persverklaring
  • Miel Vanstreels. Maastricht – Godsheide
  • Marthé McLoud. Wring

Nuutste kommentaar

  1. Piet van Rooyen on Piet van Rooyen. Variasie op Jan Blohm se “Jenny”6 June 2026

    Lyk my dis wat gebeur as 'n kabouter by Kunsmatige Intelligensie inklouter!

  2. Karin on C Fritze. Oorskot van die dag6 June 2026

    Ek verwonder my altyd aan hoe digters en skrywers se gedagtes ver paaie loop om sulke aangrypende gedigte en stories…

  3. Toekie on C Fritze. Oorskot van die dag3 June 2026

    So goed geskryf. Geniet altyd jou poësie. Sien uit na die volgende een.

  4. Joan Hambidge on Johann Lodewyk Marais. Blesbok2 June 2026

    Pragvers Johann. Maak 'n bundel hiervan.

  5. Riaan le Roux on Riaan le Roux. Verstil31 May 2026

    Foto wat beweegrede was vir my gedig: https://www.theguardian.com/artanddesign/gallery/2026/apr/10/the-week-around-the-world-in-20-pictures#img-2

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d