Andries Bezuidenhout. Soul ou

"Soul ou" van James Phillips

Ek luister op die oomblik na een van die mooiste opnames wat nog in Suid-Afrika gemaak is, in 1991 as ʼn demo. Dis eers later, na James Phillips se tragiese dood, vrygestel. Net stem, met klavier of kitaar. Vusi Mahlasela het later ʼn cover van “Africa is dying” gedoen. Tog verkies ek steeds James Phillips se rou stem, met sy Oos-Randse, werkersklas aksent. Gaan loer hier in.

Bookmark and Share

6 Kommentare op “Andries Bezuidenhout. Soul ou”

  1. Desmond :

    Ja, dis ‘n classic. Op ‘n manier is hy steeds totaal onderwaardeer.

  2. Daar het ten minste een goeie ding met my gebeur terwyl ek basies op Heidelberg gedoen het. Die ouens wat by Wits studeer het, het my bekendgestel aan die “Cherry Faced Lurchers”. Gelukkig was die korporaals se engels nie baie goed nie.

    Die groot jammerte is dat ek eers tien jaar later ‘n CD in die hande kon kry. As jy nog nie ‘n CD met James Pillips se werk het nie kry ten minste “Made in South Africa”. Dit is op die platewinkels se rakke.

    Partykeer wonder ek hoeveel van die ouens wat by die Steak and Ale musiek maak regtig weet wie dit is wat so ‘n wakende oog oor hulle hou van agter die verhoog af.

  3. Andries Bezuidenhout :

    Ja Arnold, ek dink Lloyd Ross het ‘n doccie oor hom gemaak met die titel: “The man who was famous for not being famous.” Ek dink “Made in South Africa” is ‘n wonderlike oorsig van sy musiek.

  4. Louis :

    Oor James Phillips het ek ook nogal ‘n eiertjie te lê. Dit was in die dae van Voëlvry toe ek nog in Bethlehem skool gehou het en toe ‘n konsert vir die Voëlvry-manne by die Maluti Lodge in Clarens gereël het; met erge moeite moet ek byvoeg, want ‘n tydelike muur moes uitgebreek word ten einde die lokaal te vergroot na ‘n venue vir sowat 400 mense plus. Ook ‘n tydelike verhoog moes gebou word, ens. ens. Toe James-hulle opdaag, was hy pure prima donna met niks wat na sy sin is nie. Ons moes waaragtig enkele ure voor die konsert die verhoog afbreek en byvoorbeeld na ‘n ander gedeelte van die saal skuif … Glo my, op dáárdie stadium was ek nié ‘n James Phillips-entoesias nie. (Ten spyte daarvan dat ek gek is/was oor sy musiek.) Nietemin, ek het vir die hele Voëlvry-toergroep ‘n “after party” gereël by ‘n bekende Clarense kunstenaar wat soort van ‘n huis in ‘n grot gehad het (letterlik). Sowat ‘n halfuur voor Kerkorrel-hulle met hul set klaarmaak, het ek solank soontoe verkas om alles in gereedheid te kry vir hulle. En daar sit James Phillips toe al. En ons begin gesels. En ons hou áán gesels selfs tot lank na die ander mense gearriveer het. Volgens my is hy een van die mees empatiese, ingeligte en vrygewende mense wat ooit my lewenspad gekruis het.
    ‘n Onvergeetlike aand gewees, dáái ene …
    Louis

  5. Daniel Hugo :

    Louis, was dit die grot van Martin Wessels wat ‘n tyd lank met Hannatjie de Klerk getroud was?

  6. Louis :

    Inderdaad, Daniel. Lieflike mens met ‘n besonderse leefopset gewees. Spartaans in die ekstreme. Op ‘n stadium het hy selfs ‘n aantal boomhuise as slaaplek vir sy gaste gebou. Eksentries, dog onvergeetlik.

  •