Beste lesers van my blog,
In die plek van my gewone blogaflewerings het ek in die afgelope tyd skakels geplaas na my artikels in Beeld oor taal en taalhandhawing binne die Afrika-konteks.
In my derde artikel oor taal steun ek dit dat die Universiteit Stellenbosch hof toe geneem word oor sy hantering van die taalkwessie. Genoeg is genoeg. Dis tyd vir aksie. Dis veral tyd vir besinning oor ’n breë front. Die aannames waarop Suid-Afrika ‘n demokrasie binnegegaan het, word tans dubbel en dwars, en met matelose opportunisme, verraai.
Intussen het ek die volgende grappie gister oor e-pos ontvang. Daar is ‘n prentjie van ‘n trop skape. Die besadigde boer staan agter ‘n hek en bekyk sy skape. Daar is ‘n kolliehond in die voorgrond. ‘n Groot skaap, wat eenkant staan, praat: “Ek vertel julle nou, daai ou en die hond werk saam.” ‘n Ander skaap skree terug vanuit die bondel: “Ag Frikkie, staak nou jou conspirary theories.”
Miskien ken julle die grap. Behalwe dat dit nie een is nie.
Charl-Pierre Naudé
Amen op die rubriekbydrae, Charl-Pierre!