Tydens een van my kuberasies die afgelope naweek lees ek onderstaande lesersbrief raak in die nuutste uitgawe van Poetry op die Poetry Foundation se webblad. En op ‘n manier bring dit tóg vrede in ‘n mens se gemoed ten opsigte van die oomblikke van vertwyfeling en onsekerheid jeens ons bedryf:
Dear Editor, Carmine Starnino raised some interesting questions for me, particularly about audience [“Lazy Bastardism: A Notebook,” January 2010]. While wrestling with a particular line or stanza, I’ve wondered, as I’m sure many poets have, “What’s the point? Does anyone even read this stuff anymore?” It’s easy to blame myself, to blame poets in general, for poetry’s decline in popularity. It’s easy to say that we’re too abstruse or self-absorbed or boring. It’s easy to replace two-dollar words with their five- and ten-cent cousins and say we’re appealing to the common reader. It’s easy when there’s someone to blame, and when there seems to be a quick fix. But Starnino shows that it’s really not a question of blame at all. Some people just aren’t going to read poetry-they’d “rather watch grass grow”-and we as poets have to come to terms with that. We’re not writing to compete with best-selling authors or to score points with the so-called common reader; in fact, maybe we’re not even writing for an audience at all. We’re writing for ourselves, because we have something we believe is important enough to put down on paper, and because we can’t fathom doing otherwise. (Taylor Altman, MOUNTAIN VIEW, CALIFORNIA)
Laat ‘n mens nogals dink, nè?
In aansluiting tot bogenoemde fokus ek graag jou aandag op ‘n artikel wat Johann de Lange gister op sy webblad, Kaapse Paragrawe, geplaas het. Dit handel júís oor die maak van ‘n vers en bevat ‘n hele aantal nuttige wenke. Die artikel, “Hoe om (soos iemand anders) te skryf. Oor vakmanskap & die skryf van gedigte. – Deel 1“, kan hier gelees word.
Ter verdere ondersteuning plaas ek ‘n gedig van Elisabeth Eybers onder aan vanoggend se Nuuswekker; eweneens ‘n gedig wat Johann in sy artikel aanhaal.
***
Vanoggend is daar sommer weer heelwat nuwe leesstof op die webblad. Ten eerste, ‘n lieflike vers, “Memento“, deur Zandra Bezuidenhout; dan het Ilse van Staden, Melt Myburgh, Desmond Painter, Andries Bezuidenhout en Francilié Hoek almal nuwe blogs geplaas.
Geniet dit alles; die naweek lê net om die draai.
Mooi bly.
LE
Muse
Die doel van sy gedrag word nou en dan
waarneembaar; uit die rommel en afbraak
van elke dag wat hy deursif herwin
hy stukkies glas en splinters kwarts en tin
om ‘n flikkerende mosaïek te maak
met urelange martelende getuur,
‘n kop wat klop en oë soos klodders vuur.
O hierdie hardepad – geen sterfling kan
by sy verstand die selfbedagte taak,
die langsaam blootlê, kies en konstrueer
volvoer, was daar nie iewers ‘n oerplan
wat sy geheue nog steeds hipnotiseer,
wat hy nie meer uit sy breinkronkels ban …
Die staat versorg intussen sy gesin.
(c) Elisabeth Eybers (Uit: Kruis of munt, 1973)