Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
22 March 2010

Carol Ann Duffy se sokkervers

David Beckham
David Beckham

Die taak van die poet laureate is om enersyds die Nasionale digkuns te bevorder en om andersyds gedigte oor belangrike sake van “nasionale belang” te skryf. Carol Ann Duffy, poet laureate van Groot Brittanje, het haar egter nou vir die soveelste maal die gramskap van owerstes van duisende op die hals gehaal deur ‘n laureate-vers te pleeg oor David Beckham se onlangse besering. Vir haar kritici is dit onaanvaarbaar dat sy die verhewe funksies van die digkuns tot op die vlak van peupelende populariteit verlaag deur oor só ‘n onderwerp te dig.

Volgens die berig op die BBC se webblad het sy haar soos volg oor Beckham se tendon-besering, wat hom uiteraard deelname aan die Wêreldbeker-toernooi oor drie maande ontsê,  uitgelaat:  “In many ways (David Beckham) is very human, and the interesting thing about taking ordinary people with a particular talent and making them into heroes is when they are seen at their most human. The most tragic image was him being unable to walk and crying on the side of the pitch. You just thought how all the money in the world and private planes can’t sort this. It was a very moving moment.” Die inspirasie vir haar vers het sy geneem uit die Griekse legende van Achilles, waarin die triomf en tragedie van ons held naatloos met mekaar verweef word.

Op die vraag of sy dink dat Beckham ooit haar vers sal lees, het sy ietwat lakonies toegegee dat dit meer waarskynlik is dat sy na sokker sal kyk as wat dit is dat Beckham poësie sal lees … Nasionale rampspoed, inderdaad. (Lees die volledige berig hier.)

Vir jou leesplesier (en kennisname) plaas ek Carol Ann Duffy se gedig onder aan vanoggend se Nuuswekker.

 ***

Sedert Vrydag het daar twee nuwe Wisselkaarten bygekom: Roel Richelieu van Londersele lewer sy eerste bydrae, terwyl Alfred Schaffer in sy tweede ‘n gedig van Les Murray bespreek. Aan die blogkant van sake verwelkom Bernard Odendaal die Nederlandse digter Willem van Toorn met ‘n pragstuk oor Van Toorn se gedigte oor Suid-Afrikaanse skilderye. En nog is het einde niet: by Nuwe Stemme het Karlien van der Merwe ‘n bydrae gelewer met ‘n gedig oor die Paastyd. Lekker lees.

Vandag is hoeka ‘n rusdag; so, benut hom …

Mooi bly.

LE

 

Achilles 

 

Myth’s river – where his mother dipped him,

fished him, a slippery golden boy flowed on,

his name on its lips.

 

Without him, it was prophesied,

they would not take Troy.

 

Women hid him, concealed him

in girls’ sarongs; days of

sweetmeats, spices, silver songs…

 

But when Odysseus came, with

an athlete’s build, a sword and a shield,

he followed him to the battlefield,

the crowd’s roar,

 

And it was sport, not war, his

charmed foot on the ball…

But then his heel, his heel, his heel…

 

 (c) Carol Ann Duffy

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

2e gedagtes oor “Carol Ann Duffy se sokkervers”

  1. Albert Versfeld says:
    25 March 2010 at 12:22

    Die ironie is natuurlik dat Duffy hiermee (en ook die vroeëre kritiese gedig oor Gordon Brown)presies doen wat sy gesê het sy gaan doen, naamlik om die Britse digkuns uit sy stywe borsrok los te wikkel, want waaragtig: myns insiens is die Britse poësie maar bra bloedloos die afgelope dekades.
    Albert

    Reply
  2. melt says:
    25 March 2010 at 11:40

    Ek dink dis ‘n lieflike vers en ‘n wonderlike gebaar van Duffy. Haar kritici is vol strooi. As die digkuns die massas kan mobiliseer – fantasties!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Resensie: “’n Ander wêreld” (Eunice Basson)
  • Anne-Marie Bartie. alpha centauri
  • Anne-Marie Bartie
  • Stephan du Toit. Witgatboom

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Bestekopname
  • AVBOB Persverklaring
  • Willem M. Roggeman. De meerwaarde van de verbeelding
  • Joan Hambidge. Brief, 10 November 2025
  • Carina van der Walt. Paryse dagboek

Nuutste kommentaar

  1. Aldre Lategan on Joan Hambidge. Philip de Vos – die boek op die regte oomblik11 November 2025

    Dankie, Joan, jou resensie is net so 'n lekkerte om te lees soos Philip se boek.

  2. Marlies Taljard on Nuwe publikasie: “Troilus and Criseyde” in Afrikaans vert. deur Johan Boje10 November 2025

    Besonder insiggewende inleiding wat onmisbaar is wanneer mens so 'n vertaling lees. Baie geluk met 'n wêreldklas vertaling John Boje.

  3. Peet van Schalkwyk on Peet van Schalkwyk. Camdeboo, Van der Waltshoek10 November 2025

    Baie dankie Vds

  4. VDS Brink on Peet van Schalkwyk. Camdeboo, Van der Waltshoek8 November 2025

    Peet, dit is aangrypend mooi!

  5. Bernard Odendaal on 100 Duitse Bestes: Erich Fried (1921-1988)3 November 2025

    Dankie, Joan.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d