Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
24 March 201024 March 2010

Die ander Poolse digter

Zbigniew Herbert
Zbigniew Herbert

Almal met selfs net ‘n rapsie meer belangstelling as die terloopse in wêreldliteratuur weet dat Pole en haar digters waarskynlik oor een van die mees aktiewe digkunste ter wêreld beskik. In hoofsaak is dit waarskynlik toe te skryf aan hul Nobelpryswenner, Wisława Szymborska, wat saam met haar tydgenote, Tadeusz Różewics en Zbigniew Herbert, ‘n formidabele driemanskap gevorm het wat die internasionale poësie soos ‘n kleinerige atoombom getref het.

Vir my is die grootste van dié drie egter Herbert. Vandaar my opwinding toe ek ‘n deeglike oorsig van sy lewe en werk op die webblad Words without borders teëkom wat deur ene James Marcus geskryf is: “A modernist to his fingertips, Herbert can sometimes appear cryptic, especially given his allergic reaction to punctuation. But mystification was never his goal – he labored, always on his own terms, to produce a kind of metaphysical clarity. Writing, he once said, “must teach men soberness: to be awake.”

Maar van al Herbert se skeppings is die alterego, Mnr. Cogito, waarskynlik sy mees onvergeetlike. Dié spreekbuis het hy gedurende sy ballingskap in Kalifornië tot stand gebring; in hoofsaak in reaksie op die hele kwessie van “belydenispoësie” wat op daardie tydstip populêr was: “Mr. Cogito was primarily a creature of mind,” skryf James Marcus, “He read the paper, he studied his face in the mirror, he smoked a cigarette, but as his name suggests, his main business was cogitation. (In the end, he may have more in common with Italo Calvino’s Mr. Palomar, whose telescopic contemplations took in everything but the self.)”

En ja, Herbert is nog ‘n voorbeeld van iemand wie se reputasie eers ná sy dood tot stand gekom het. Hy is in 1924 gebore en is oorlede in 1998. Sy lewe was gekenmerk deur swaarkry en verdrukking; ook deur ‘n onversetlike stryd teen onreg met ‘n bykans onfeilbare radar wat deurgaans op ‘n soeke na “die waarheid” ingestel was. Marcus formuleer dit soos volg aan die einde van sy artikel: “Whether Herbert should be viewed as a poet of resistance or an ontological Magellan – or both, just as Mr. Cogito was half Don Quixote, half Sancha Panza – is an issue his fans will be batting around for many decades. What is certain is his dogged striving for truth, that most formidable of moving targets. Poetry might not be political, but it was always a matter of conscience.”

Ai, wat ‘n wonderlike digter … En watter skitterende oorsig. Lees gerus die volledige artikel op Words without borders se webblad.

***

Op die webblad kan jy jou vanoggend verlustig aan die onderhoud met Koos Oosthuysen wat geplaas is na aanleiding van sy Xhosa-Afrikaanse vertalings wat onlangs verskyn het. Tereg het Antjie Krog by geleentheid van dié bundel gesê dat daar iets “mirakelagtigs” omtrent dié verse is … Taalbemagtiging op sy beste, inderdaad. Dan het Chris Coolsma ‘n besonderse Wisselkaart gespeel met nie minder nie as dríé vertalings van gedigte deur Billy Collins daarby. Ook by Nuwe Stemme is daar twee nuwe plasings: deur Niel van Deventer en Hennie Meyer. En nog is het einde niet: maak seker dat jy Andries Bezuidenhout se nuwe vers, “Kwas“, onder oë kry. Pure plesier. 

Mmm, sommer ‘n hele rak vol nuwe leesstof hier in die middel van die week.

Geniet dit!

LE

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

2e gedagtes oor “Die ander Poolse digter”

  1. Louis says:
    24 March 2010 at 07:20

    Inderdaad, Desmond. Maar ek het hierbo op die sogenaamde “driemanskap” wat die konsentrasiekampe aan die lyf beleef het, probeer fokus. Milosz is streng gesproke Lithuaniër en was (so ver ek weet) nooit in die kampe nie. Interessant genoeg was sy geboortedorp eers by Rusland ingelyf en na die oorlog by Pole. Verdermeer het hy sy roem (en Nobelprys) as boorling van die VSA verwerf, terwyl genoemde drie in Pole aangebly en in Pools bly skryf het. Natuurlik kan ‘n mens ook nog vir Adam Zagajewsky byvoeg en met dié Groot Vyf is dit hoegenaamd nie vreemd dat die Poolse digkuns soos ‘n wegholbrand alles in hul pad skoonbrand nie.

    Reply
  2. Desmond Painter says:
    24 March 2010 at 06:32

    En wat dink dink jy van Czeslaw Milosz?

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Ontbloot" (Marthé McLoud)
  • Resensie: “Merang” (Neil Cochrane & Alwyn Roux Reds.)
  • Resensie: “Dwaaldae” (Andrea Sieberhagen)
  • Resensie: “Klaarte” (Louis Esterhuizen)
  • Resensie: "Skulpkrale: Kwatryne" (Marié Heese)

Nuutste bydraes

  • Piet van Rooyen. Variasie op Jan Blohn se “Jenny”
  • Joan Hambidge. Brief aan die tinktinkievrou
  • AVBOB Persverklaring
  • Miel Vanstreels. Maastricht – Godsheide
  • Marthé McLoud. Wring

Nuutste kommentaar

  1. Toekie on C Fritze. Oorskot van die dag3 June 2026

    So goed geskryf. Geniet altyd jou poësie. Sien uit na die volgende een.

  2. Joan Hambidge on Johann Lodewyk Marais. Blesbok2 June 2026

    Pragvers Johann. Maak 'n bundel hiervan.

  3. Riaan le Roux on Riaan le Roux. Verstil31 May 2026

    Foto wat beweegrede was vir my gedig: https://www.theguardian.com/artanddesign/gallery/2026/apr/10/the-week-around-the-world-in-20-pictures#img-2

  4. Johan Coetzee on RIV Francois Wahl de Jongh (14 Maart 1951 – 21 Mei 2026)30 May 2026

    Hartseer.

  5. hannes visser on Resensie: “tussen asem” (Hannes Visser)28 May 2026

    Baie dankie Marlies. Groot waardering.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d