Andrew Motion, wat Brittanje se poet laureate van 1999 tot 2009 was, word allerweë beskou as ‘n digter wat hom in dié hoedanigheid onderskei het. Daarom dat dit dan ook nie toevallig is dat daar ten tye van sy uittrede as laureate ‘n versameling essays, “Ways of life – On places, painters and poets: Selected essays and reviews 1994 – 2008” sou verskyn nie (2008: Faber & Faber). En inderdaad is hierdie ‘n besonderse versameling; Philip Hensher stel dit soos volg in sy bespreking daarvan: “This modest but very engaging volume is a collection of his serious articles; in part personal, with an emphasis on the travelogue, there are also articles on painters and poets, mostly English. In all of these a strong sense of place is evident. The pressure of the imagination is strongest, for instance, when he writes about landscape painters such as Constable or Samuel Palmer, or poets of the country such as Edward Thomas or John Clare.”
Ander skilders wat deur Motion betrek word, is Jacob van Ruisdael, JMW Turner, Peirre Bonnard en Howard Hodgkin. In die afdeling oor digters is die essays oor Christina Rossetti, Robert Frost en Anne Stevenson besliste hoogtepunte. Ander essays wat die ooglede behoort te prikkel, is die twéé oor Bob Dylan, “Going electric” en “Drawn blank”, asook die essay “Weirdness” wat oor Sylvia Plath en haar digkuns handel.
‘n Wonderlike leeservaring, inderdaad. Die hardebanduitgawe beslaan 170 bladsye en die aanbevole verkoopprys is R350. As toegif vanoggend, spesiaal vir die naweek wat op hande is, volg Andrew Motion se gedig “A glass of wine” onder aan die Nuuswekker.
***
Vanoggend is daar twee nuwe plasings; Jannie Malan skryf oor die rus wat maar altyd elders lê, terwyl Marius Swart weer kwessies van die volkslied (meer die sing daarvan) in oënskou neem. Dan het die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns gister hul letterkunde pryswenners bekend gemaak. Vanjaar is dit natuurlik prosawerke wat aan die bod kom en ‘n gróót handeklap moet gaan aan Etienne van Heerden wat die Hertzogprys vir Prosa gewen het met sy roman “30 Nagte in Amsterdam“. Die Eugène Maraisprys is aan Carel van der Merwe toegeken vir sy roman “Geldwolf“. Die volledige lys van pryswenners kan hier op LitNet gevind word.
Ten slotte herinner ek jou graag aan DigSange wat eerskomende Sondagmiddag om 14:30 in Pretoria plaasvind. Indien jy in die omgewing is, kan jy gerus dié besonderse inisiatief van hAp ondersteun. Pure plesier gaan dit inderdaad wees …
Mag “veelvuldige beserings” jou gespaar bly dié naweek.
Mooi bly.
LE
A Glass of Wine
Exactly as the setting sun
clips the heel of the garden,
exactly as a pigeon
roosting tries to sing
and ends up moaning,
exactly as the ping
of someone’s automatic carlock
dies into a flock
of tiny echo-aftershocks,
a shapely hand of cloud
emerges from the crowd
of airy nothings that the wind allowed
to tumble over us all day
and points the way
towards its own decay
but not before
a final sunlight-shudder pours
away across our garden-floor
so steadily, so slow
it shows you everything you need to know
about this glass I’m holding out to you,
its open eye
enough to bear the whole weight of the sky.
© Andrew Motion