Aprilmaand is die Nasionale poësiemaand in die VSA en getrou aan die Amerikaanse manier van doen, het hulle met ‘n besonderse inisiatief vorendag gekom om die gepeupel se aandag te trek. Hoe gemaak? Jy kry natuurlik ‘n platemaatskappy, soos GPR Records, byvoorbeeld, en jy nooi ‘n 100 glanspersoonlikhede om elkeen hul gunsteling vers voor te lees en jy versprei dit eksklusief via Amazon en iTunes.
Poetic License is die resultaat; ‘n stel van 3 CDs wat op 2 April vrygestel sal word. Van die gedigte wat voorgedra word, is Lewis Carroll se “The Walrus and the Carpenter” (Jason Alexander), Henry Wadsworth Longfellow se “The Day Is Done” (Florence Henderson), Emily Dickinson se “Because I Could Not Stop for Death” (Kate Mulgrew) en Edward Field se “New Yorkers” (deur die veteraan TLC- aanbieder Paige Davis).
Vir jou luisterplesier kan jy na EW.com se webtuiste gaan waar jy kan luister na Cynthia Nixon (van Sex and the City-faam) se voordrag van M.M. Milne se bekende gedig “Vespers“, asook Catherine Zeta-Jones se uitmuntende voordrag van Wordsworth se lentegedig “Daffodils“. (Maar wees gewaarsku: die webblad laai stadig af. Dit is egter beslis die luister werd.)
Vir jou leesplesier plaas ek Wordsworth se reeds genoemde “Daffodils” onder aan vanoggend se Nuuswekker.
***
Een van die allermooiste boeke – in voorkoms én inhoud – wat ek in ‘n lang tyd onder oë gehad het, is Marié Stader se fotodigboek Onse mense oor die gemeenskap van Jamestown buite Stellenbosch. Aangesien dié boek naatloos aansluit by ons Blogfokus vir die maand, is daar gesprek met haar gevoer wat jy hier kan lees. Nog ‘n besonderse plasing is Philip de Vos se vertelling van sy beginjare in die operawêreld.
Ten slotte vestig ek graag jou aandag op ‘n skitterende bespreking van Ingrid Jonker se beroemde gedig “Die kind” deur Johann de Lange wat hy enkele dae gelede op sy persoonlike weblog, Kaapse Paragrawe, geplaas het ter nagedagtenis aan die gebeure van Sharpeville op 21 Maart 1960.
Lekker lees aan alles en trap tog versigtig vandag. Gerugte wil dit hê dat die grond nie orals altyd ewe gelyk is nie …
Mooi bly.
LE
Daffodils
I wandered lonely as a cloud
That floats on high o’er vales and hills,
When all at once I saw a crowd,
A host, of golden daffodils;
Beside the lake, beneath the trees,
Fluttering and dancing in the breeze.
Continuous as the stars that shine
And twinkle on the milky way,
They stretched in never-ending line
Along the margin of a bay:
Ten thousand saw I at a glance,
Tossing their heads in sprightly dance.
The waves beside them danced, but they
Out-did the sparkling leaves in glee;
A poet could not be but gay,
In such a jocund company!
I gazed-and gazed-but little thought
What wealth the show to me had brought:
For oft, when on my couch I lie
In vacant or in pensive mood,
They flash upon that inward eye
Which is the bliss of solitude;
And then my heart with pleasure fills,
And dances with the daffodils.
© William Wordsworth