Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
31 March 2010

Joan Hambidge. Boggom en Voertsek

Blogfokus

 

Boggom en Voertsek 

   

Boggom en Voertsek het saam gelewe

    Waar die Hantam-berge pryk

En die dun kapok in die naglug swewe

    As die wind die biesies stryk.

 

Boggom en Voertsek het saam geswerwe

    Waar die boegoe-bossies bloei

En die harde klip, deur die ys gekerwe

    In die oerou tyd, nog groei.

 

Boggom en Voertsek het saam gesanik

    In die aand teen die vollemaan:

Sluit ek my oë vandag, dan waan ek

    Ek kan hulle taal verstaan.

 

Boggom en Voertsek het saam gesterwe,

    Waar die Hantam-wêreld hom strek.

Daar’s niks as die storie om oor te erwe,

    En niks om daaruit te trek.

 

– C. Louis Leipoldt

Jakkals en Bolf 

   

Jakkals en Bolf het saam gelewe

    Waar die uithangborde pryk

En mense snags erg gedrewe

    Flesvat tot die kroegdeure sluit.

 

Jakkals en Bolf het saam geswerwe

     Tot lank ná middernag

Met vele drank in ys gekerwe

     Waar almal op ‘n laaste ronde wag.

 

Jakkals en Bolf het saam gesanik

     By die AA waar die doppe tél

En almal hul redes kloekmoedig verstrek

     Wel wetend later word daar wéér geskink.

 

Jakkals en Bolf het saam gesterwe

       Waar die donker stad hom strek.

Daar’s niks as dié dronk-storie om oor te erwe,

        En niks om daaruit te trek.

 

– Joan Hambidge

 

(Ingestuur deur: Joan Hambidge)

 

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. George Steiner, “On Difficulty”
  • Carina van der Walt. Madeleine en Marianne (uit “Paryse Dagboek”)
  • 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)
  • Marthé McLoud. Een aand op straat
  • Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)16 January 2026

    Van die kant van die Redaksie: Baie dankie Bernard Odendaal en Robert Schall dat Versindaba hierdie skitterende vertalings kon plaas.…

  2. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Hierom dan dat George Steiner sy Poetry of thought aan hierdie manjifieke digter opgedra het. Ek (her)lees tans Steiner se…

  3. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Dank. Die gedig as smoelneuker. Goed vertaal.

  4. Jacobus Swart on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk14 January 2026

    Die digkuns is distillasie. Die taal is verhewig. Dit vereis dat die leser sy sokkies sal optrek. Want die digter…

  5. Bernard Odendaal on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk13 January 2026

    “Lostorring” het my ewe diep getref, Joan.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d