Blogfokus
Die Here het gaskommel
lat die wêreld ma’ praat pêllie los en vas ‘n sigaretjie en ‘n kannetjie Oem Tas en dis alright pêllie dis alright ons kannie worry nie
‘n sigaretjie en ‘n kannetjie Oem Tas en ‘n lekker meid en lekker anner dinge oe! lat die wêreld ma’ praat pêllie los en vas wat daarvan wat daarvan wat maak dit saak? soes die Engelsman sê it cuts no ice die Here het gaskommel en die dice het verkeerd gaval vi’ ons daai’s maar al
so laat hulle ma’ sê skollie neve mind daar’s mos kinners van Gam en daar’s kinners van Kain so dis alright pêllie dis all right ons moenie worry nie
– Adam Small |
Die Gekleurde Lotto Balletjies
Nege-en-veertig jaar gelede skryf Adam Small:
die Here het gaskommel en die dice het verkeerd gaval vi’ ons daai’s maar al
In die 1990’s antwoord Willemse:
Fokkie dice pêllie!
In 2010 is die dice verouderd en vervang met Gekleurde Lotto Balletjies wat nog steeds in korrupte Suid Afrika verkeerd val vir die Kleurlinge
Coloureds, hou op complain. Lig julle stêrre en doen iets vir die Bruin Nasie Of traai ten minste: Lotto-plus!
…maar die Swartes skommel nou die Lotto balletjies, die Here vergete….
– Robert Pearce
|
(Ingestuur deur: Robert Pearce)