Die Nederlandse en Vlaamse gemeenskappe is wêreldwyd bekend vir hul verdraagsaamheid jeens ander se standpunte en sienings, maar die gebeure tydens Benno Barnard, een van Nederland se mees bekende digters, se (beoogde) lesing verlede Woensdagaand by die Universiteit Antwerpen is helaas nié ‘n voorbeeld hiervan nie. Hy moes naamlik ‘n lesing lewer met as onderwerp: Het islamdebat: leve God, weg met Allah. Nog voor hy egter selfs drie sinne kon uiter, is die lesing sodanig deur ‘n aantal ekstremistiese Moslems in die gehoor ontwrig, dat die verrigtinge gestaak moes word.
“Tot mijn grote verbazing zaten er bij aanvang van de lezing een hele hoop moslims in de zaal,” het Barnard aan De redactie.be gesê. “Al snel bleek dat zij niet enkel om te luisteren naar de aula in de Rodestraat waren afgezakt. Via sms en de website sharia4belgium was er opgeroepen om de lezing te verstoren.”
Blykbaar was hy vooraf ingelig omtrent die groep se voorneme om die lesing te ontwrig en het daarom ‘n lyfwag moes huur en ook die polisie in kennis gestel. “We leven in 2010 en je hebt politie nodig om te zeggen dat je een probleem hebt met de extreme islam. Dat kan toch niet?”, het ‘n woedende Barnard kwytgeraak.
Niemand is egter gearresteer nie, ten spyte daarvan dat die polisie de twntigtal radikales uit de gebou moes verwyder. Benno Barnard, wat vir geen verdere kommentaar beskikbaar was nie, beoog om regstappe in te stel.
Alain Verschoren, rektor van die Universiteit Antwerpen het in reaksie gesê dat die titel van die lesing juis provokerend van aard was om debat uit te lok. “Ik vind het jammer dat die kans tot dialoog er niet was omdat de lezing al verstoord werd na enkele minuten.”
Barnard, wat homself as ‘n progressief-konserwatiewe persoon beskou, is van mening dat hy geensins ‘n ekstreme standpunt jeens Islam verteenwoordig óf verkondig nie.
Die volledige berig, met videogrepe, kan by deredactie.be gelees word. Ook op De Contrabas is ‘n opname van die gebeure wat bekyk kan word. Terloops, die gewraakte webtuiste sharia4belgium is intussen van die internet verwyder, maar op EuropeNews kan die aanhitsende berig steeds gelees word.
***
Ten spyte van die langnaweek het daar tog nuwe plasings bygekom vir jou leesplesier. By Wisselkaarten is daar twee bydraes: Edwin Fagel het ‘n antwoord vanaf “O” gekry op sy vorige inskrywing, en Chris Coolsma loop in die woorde van WH Auden op die spoor van liefde in Groningen. In die gedigtekamers is daar nuwe verse deur Joan Hambidge en Marlene van Niekerk geplaas.
So, geniet dit alles. En veral ook die rusdag voor die week weer in alle erns begin …
Mooi bly.
LE