Niel van Deventer. Oor Tony Hoagland en verdraagsaamheid.

Ek was die laaste tyd die slagoffer van rassehaat. Wit mense het my van Facebook af as vriend verwyder omdat ek durf sê het dat Eugene Terre’blanche die wit Julius Malema was. Ek het egter al lankal besluit dat ek nie weer politiek sal praat in my twee-weeklikse blog hier op Versindaba nie, so nou gaan ek aan die hand van ‘n gedig verduidelik wat ek dink dit is wat ons pla.

Danie Marais het vir my vertel van Tony Hoagland by die Nuwe Stemme 4 werkwinkel in Joburg aan die einde van Oktober verlede jaar. Almal was reeds huis toe want die Boekehuis moes toemaak, maar omdat my van so ver af in die alfabet is en ek tot laaste moes wag, het ek en Danie en Ronel in my kar gesit en deur my laaste gedigte gewerk.

Hy het my e-pos adres gevat en belowe hy sal vir my so paar van Hoagland se werk aanstuur, omdat my styl van skryf hom hom klaarblyklik bietjie daaraan herinner (snaaks, iemand het ook al gesê my styl laat hulle aan Danie sin dink). Hy mail toe vir my ‘n pakkie met poems van Hoagland en in die eerste een getiteld ‘Personal’ herken ek sommer dadelik my probleem in die lewe:

“Don’t take it personal, they said;

but I did, I took it all quite personal—

the breeze and the river and the colour of the fields;

the price of grapefruit and stamps,

the wet hair of women in the rain—

 And I cursed what hurt me

 and I praised what gave me joy,

 the most simple-minded of possible responses.

 

 The government reminded me of my father,

 with its deafness and its laws,

 and the weather reminded me of my mom,

 with her tropical squalls.

 

 Enjoy it while you can, they said of Happiness

 Think first, they said of Talk

 Get over it, they said

 at the School of Broken Hearts

 

 but I couldn’t and I didn’t and I don’t

 believe in the clean break…

 

 Is dit nie maar ons almal se probleem nie, kort ons nie maar so bietjie liefde en verdraagsaamheid  aan al die kante nie? Moet ons almal nie ophou om alles so persoonlik te vat nie? Ek weet dat ek van vandag af weer gaan probeer.

Bookmark and Share

2 Kommentare op “Niel van Deventer. Oor Tony Hoagland en verdraagsaamheid.”

  1. Bibi :

    Niel,

    Oulike blog, soos altyd. Het jy Danie se artikel in Sondag se Rapport Boeke gelees? Dit sluit mooi aan. Ek kon nie ‘n elektroniese weergawe aanlyn opspoor nie, maar miskien sal iemand dit nog hier op Versindaba post. Super-relevant!

  2. Redaksie :

    Danie het reeds die stuk vir ons gestuur, Bibi. Ons wag net vir die foto’s van Anton Kannemeyer se kunswerke en dan plaas ons dit … ‘n Absoluut grensverskuiwende stuk, is dit nie?
    As lusmaker kan ek ook net noem dat daar tans ‘n onderhoud met Danie gevoer word oor dié artikel van hom, want dit verdien beslis om verder bepraat te word. Jy kan dus solank uitsien daarna.
    Terloops, jou kompliment aan Niel vir sy blogs kan ons net beaam. Wat ‘n aanwins is hy nie …
    Vriendelike groete,
    Louis

  •