Albert Versfeld. Man met flits

Blogfokus

Man met flits   

In die klein wit kol
van my wete stol

bruin en skerp ‘n klip
soos ‘n bok wat skrik,

staan, vinnig weghol
uit die klein wit kol.

Aan ‘n takkie hang
twee ogies wat bang

uit die klein wit skyn
van my flits verdwyn.

Oor waters wat glip
soek ek klip na klip

maar ‘n duister land
bedreig my alkant.

 

(c) DJ Opperman

flitsgebed   

flits-flits beweeg jy

deur die uitgediende wit kol

 

van jou wete

 

spring bruin en skerp

soos ’n klip oor dooie water

 

na die duister hand

 

wat uitgewaaier lê

oor ’n bedreigde land 

 

(c) Albert Versfeld

Bookmark and Share

Comments are closed.

  •