Nadat dit bekend gemaak is dat Ted Hughes vereer gaan word deur ‘n gedenkplaat in die Westminster Abbey se Poet’s Corner aan te bring, was daar natuurlik weer heelwat negatiewe kommentare in die media deur die gewone galery Hughes-haters. Veral sy moraliteit en verhoudingslewe is bevraagteken aangesien twee van die vroue in sy lewe, te wete Sylvia Plath en Assia Wevill, kort na mekaar selfmoord gepleeg het.
Kort na die aankondiging, en die negatiewe reaksie, het daar egter steun ten gunste van Ted Hughes uit ‘n onverwagse oord na vore gekom. Sy dogter, Frieda, het naamlik in ‘n onderhoud met The Sunday Times gesê dat sy hoegenaamd nie van mening is dat dit haar pa en sy ontrouheid was wat vir haar ma (Sylvia Plath) se besluit om haar eie lewe te neem, verantwoordelik is nie. Volgens haar is dit haar ouma, Aurelia Plath, wat haar ma tot breekpunt gedryf het deur die verhouding tussen haar ouers met haar konstante inmenging te vergiftig.
“My maternal grandmother visited us . . . and, while my father was absent, tried to persuade my mother to go back to the States with her, taking my brother and me,” het Frieda gesê. “The idea was that my father would arrive home to find the house empty, but it would be too late for him to get us back.” Alhoewel Plath nie hieraan gehoor gegee het nie, was die saadjie volgens Frieda reeds gesaai en is Hughes uiteindelik gedwing om die huis te verlaat.
Elizabeth Zigmund, ‘n intieme huisvriend van die gesin ten tye van hul verblyf in Devon, stem egter nie hiermee saam nie. “I am extremely glad Ted is being honoured . . . he deserves it. But the marriage broke up because Ted was having an affair. You can’t just skid round that,” het sy gesê en van Plath se pyn vertel toe Wevill na hul huis toe gebel het en gevra het om met Hughes te praat terwyl sy haar stem soos dié van ‘n man s’n probeer verbloem het. “Sylvia came to me that very night she received the call from Assia, who pretended to be a man. She came bringing the baby (Nicholas, Frieda’s brother) and saying, `He (Hughes) lied to me, he lied to me, he’s become a little man’.”
Die volledige berig kan op The Australian se webtuiste gelees word. As verdere toegif plaas ek dan vanoggend Plath se gedig “Edge” onder aan die Nuuswekker. Dit is na alle waarskynlikheid die laaste gedig wat sy – ses dae voor haar dood – geskryf het.
***
Sedert Vrydag het daar heelwat nuwe stof op die webblad bygekom. Daar is ‘n resensie deur Bernard Odendaal oor wat die water onthou, asook ‘n essay deur Daniel Hugo oor onvertaalbare poësie. Aan die blogkant van sake is daar nuwe blogs deur Andries Bezuidenhout, Desmond Painter en Karlien van der Merwe. En vir die Blogfokus is daar ook ‘n bydrae uit de pen van Albert Versfeld ontvang.
Ten slotte wys ek jou daarop dat die Klikbord aansienlik uitgebrei is vir jou (gerieflike) leesplesier. Kyk veral ondertoe vir die skakels na die nuutste uitgawes van Tydskrif vir Letterkunde en Jacket 39.
Lekker lees en mag die komende week ‘n week van vreugde wees vir jou.
Mooi bly.
LE
Edge
The woman is perfected.
Her dead
Body wears the smile of accomplishment,
The illusion of a Greek necessity
Flows in the scrolls of her toga,
Her bare
Feet seem to be saying:
We have come so far, it is over.
Each dead child coiled, a white serpent,
One at each little
Pitcher of milk, now empty.
She has folded
Them back into her body as petals
Of a rose close when the garden
Stiffens and odors bleed
From the sweet, deep throats of the night flower.
The moon has nothing to be sad about,
Staring from her hood of bone.
She is used to this sort of thing.
Her blacks crackle and drag.
© Sylvia Plath