Philip de Vos. Hoe ver moet ek reis?

(klik op foto om te vergroot)

 

 

Hoe ver

moet ek reis

na Heuningkrans?

 

“Myle!”

skree die wildegans.

 

“Duisend!’

krys  die tarentaal:

“Heuningkrans

sal jý nooit haal!”

 

“Naby!”

sing die geel kanarie:

“Reis net voort

tot Jannewarie!”

 

“Nee!”

sê die kraai:

“Verby!  Verby!

Heuningkrans

sal jy nimmer kry!”

 

(uit my versamelbundel Mallemeuleman)

Bookmark and Share

2 Kommentare op “Philip de Vos. Hoe ver moet ek reis?”

  1. Danie Garner :

    Die foto is” MAGIC”. Elke keer as ek die versie leesis dit ‘n reis!

  2. Riette :

    ‘n mallemeule gediggie . . .

  •