‘n Paar dae gelede het ek Daniel Hugo se artikel oor vertaling gelees, met die spesifieke verwysing na Krog en Brink se vertaling van “Bitterbessie dagbreek”. Ek het sy kritiek op daardie vertaling (uit Black butterflies, die versamelbundel van vertalings deur Krog en Brink van Jonker se werk, wat ook baie suksesvolle vertalings bevat) gedeel.
Waarmee ek nie saamgestem het in die artikel nie, is dat poësie, of die beste daarvan, noodwendig onvertaalbaar is. Dit gaan afhang van watter soort gedigte jy vertaal. Dis die klankgedrewe aspekte van gedigte wat moeilik vertaal. Die verbeeldingsaspekte vertaal makliker, en is dikwels volledig vertaalbaar. Dit gaan ook afhang watter soort klankgedig jy vertaal. As die klankaspekte redelik los geweef is, gee dit gewoonlik speling aan die vertaler om “te speel”.
“Bitterbessie dagbreek” is by uitstek ’n klankgedrewe gedig, en ontsettend kripties. Dis die toonbeeld van ’n “onvertaalbare” gedig. Dis my oorwoë mening dat ’n volledig suksesvolle vertaling nie moontlik is nie. Nietemin het ek my eie poging, wat ek reeds dekades gelede begin het en nou maar besluit het om te versaak in die naam van afsluiting, hier te plaas.
Die eerste en belangrikste aspek wat enige vertaler van hierdie gedig in aanmerking sal moet neem, is die formaat. Dis ’n soort “wiegeliedjie”. Wiegeliedjies se formaat is kripties, die reëls is gewoonlik kort en veelduidig maar met ’n oppervlak-dimensie wat onmiddelik toeganklik is (beslis minder aanwesig by Jonker se vers). En die gedig is baie klankgedrewe (trouens al verstaan jy nie die taal waarin ‘n wiegelied geskryf is nie behoort jy ’n steeds die sfeer daarvan te begryp deur bloot na die klanke en intonasie te luister).
Die moelikste twee reëls in die gedig is “totdat ek bedroë/
weer die koggel kry”. Ek het ’n interpretasie daaraan gegee wat verskil van Krog en Brink s’n, en wat dalk ’n minderheidsinterpretasie is. Maar ek hou daarvan. Kyk maar hier onder, waar my vertaling verskyn.
Ek sal na afloop van hierdie blog-inskrywing dieselfde vertaling voorlê aan die Vertaalkamer van Versindaba, en wil alle Afrikaanse digters en vertalers uitnooi om hierdie forum uit te bou sodat ons ’n aanlynforum van vertalings het wat omvattend is, in en uit Afrikaans, sowel as wat bertref sommige ander tale, en wat gehalte nastreef wat internasionaal geraadpleeg kan word. Dit lyk of die Vertaalkamer goeie werk doen. Ek sê dit want ek het al op geleentheid verneem dat daar ’n behoefte is vir so ’n “biblioteek van vertalings” op die internet.
Sal dit nie ook goed wees as ‘n snit van reeds gepubliseerde vertalings vanuit Afrikaans, met toestemming van die uitgewers, beskikbaar gemaak kan word op hierdie forum nie?
Wat ek gevind het met “Bitterbessie dagbreek” is dat ’n mate van interpretatiewe vertaling nodig gaan wees ten einde beide die betekenis van die oorspronklike sowel as die geur en ritme daarvan vas te vang.
Laat ek ’n voorbeeld gee. In die eerste strofe staan daar “’n spieël het gebreek/ tussen my en hom”. Die idee van die “vertakkende” krake in die gebreekte spieël, wat onmiddelik voor die oog geroep word in strofe 1, word herskryf/herhaal met die metafoor “oral draai die paadjies/ van sy woorde af” in strofe 2.
In my vertaling het ek besluit om metriese en klankredes ter wille, nié die reëls letterlik te vertaal nie, maar met “a mirror fell to pieces/ between me and him”. (Ek het dit ook al gehad as “a mirror fell and broke/ between me and him”, en as “a mirror fell and broke/ between us and harm”, waar “harm” dan ‘n halfrym vorm met “sun”.)
In elk geval: My vertaling vervang die idee van ’n gekraakte spieël met ’n spieël wat in stukkies op die vloer lê. Dit beteken dat om ’n soortgelyke metaforiese resonansie te kry in die laaste twee reëls van strofe 2, ek die idee van stukkies glas sou moet vertaal, nié die idee van gekraakte glas nie. Vandaar die invoering van die idee van glans (glare).
En so kan mens aangaan oor jou eie motiverings vir ‘n vertaling. In ’n neutedop: hierdie gedig is ’n kopkraker. Probeer maar self.
In my vertaling het ek weliswaar twee reëls geleen by die Nederlandse vertaler Gerrit Komrij, wat inderdaad ’n uitnemende vertaling van die gedig gelewer het. Komrij praat van “bittere vrucht van dageraad”. Die Engelse woorde “bitter fruit” was natuurlik ook die naam van ’n besondere rolprent van Roman Polanski.
Het ek gesê ’n suksesvolle vertaling van die gedig is onmoontlik? Wel, nou ja,behalwe in hierdie geval deur Komrij …
Die ononderhandelbaarste van alles in die geval van hierdie soort vertaling is die metrum, die formaat van die wiegelied. Wat Jonker se gedig juis so spesiaal maak is dat sy die geur van die wiegelied so goed gekombineer het met grootmensgegewe. Die paradoks is skrynend, en lieflik. Dis ’n magiese klein vers.
Hier onder volg die oorspronklike gedig, en daarna my vertaling.
Bitterbessie dagbreek
Bitterbessie dagbreek
bitterbessie son
‘n spieël het gebreek
tussen my en hom
Soek ek na die grootpad
om daarlangs te draf
oral draai die paadjies
van sy woorde af
Dennebos herinnering
dennebos vergeet
het ek ook verdwaal
trap ek in my leed
Papegaai-bont eggo
kierang kierang my
totdat ek bedroë
weer die koggel kry
Eggo is geen antwoord
antwoord hy alom
bitterbessie dagbreek
bitterbessie son
My vertaling:
Bitter fruit of daybreak
Bitter fruit of daybreak
bitter fruit of sun
a mirror fell to pieces
between me and him
If I seek the main road
to go on jogging there
everywhere his word paths
stray into the glare
Fir copse reminder
forgotten row by row
even when I loose my way
I step into my sorrow
Pied parrot echo
fools me all the time
tricked now tricked now utterly
I tease back in kind
Echo is no answer
he answers all and none
bitter fruit of daybreak
bitter fruit of sun
nou giggel ek oor die pit stop in die pine grove! Dankie Charl-Pierre, dit was so een woeste uitryg van ‘n vertaalkoors wat my getref het dat ek dit wou plaas voor die oomblik my verlaat. Jy is reg, nou het die naweek verloop, eerste gloed is verby en dis tyd om ultra krities na my poging te kyk. Jou kritiek is waardevol, ek gaan beslis slyp…
As ek kritiek mag gee (en as iets goed is, is dit kritiek meer waardig as wanneer dit swak is …), net die volgende: strofe 3, reel 2: dis vaag, en eintlik verloor dit die sin van die oorspronklike reel sonder dat daardie betekenis iewers op ‘n ander plek ingebring word. “Relief” klink amper of sy gestop het om te piepie. 🙂 As mens die Afrikaans vooraf ken, dan maak dit sin, want jy lees die Afrikaans in, maar as jy die vertaling lees as Engelse gedig, soos alle volwaardige vertalings gelees moet word, dan is dit minder suksesvol. Ek dink jy MOET die woord of betekenis van “forget” daar inkry en DIT dan kombineer met relief – want dis wat die spanning bevat in die oorspronklike.
“Pine grove, met die klanke van “pain” en “grief” daarin vervat, veral op die manier waarop jy dit verderaan opneem, is uitstekend. Maar die ritme van die tweede strofereel pla. Dis asof “of” moet uit. Daar is ‘n lettergreep te veel, gegee die ritme wat jy gebruik. (Die getal lettergrepe is geensins belangrik in ‘n vooraf bepaalde sin soos Hugo impliseer nie, maar wel in terme van die spesifieke reel wat tot stand gekom het.) As jy nie “forget” kan inkry nie, wat van bloot “pine grove relief”? Of “forgotten grove’s relief”?
Mooibly!
Rene, jou vertaling is baie na aan briljant in plekke! Dis werklik onverwags. Soveel mense het al aan hierdie gedig probeer. Ek dink ons moet jou almal salueer. Jy het almal ore aangesit.
Die vertaalkuns kan soms meer digtalent vereis, so glo ek, as die digkuns self. Miskien moet mens nie onderskeid tref nie.
In elke geval, hierdie vertaling is ‘n vonds soos min. Ek dink jy skuld ons almal ‘n bier.
Rene, ek weet ongeveer niks van musiek af nie; ek probeer maar net hardop dink terwyl ek na allerlei goed luister! Lekker naweek, ook.
Sjoe, dankie almal, ek bloos oor my maagdelike vertalingsoefening! Ja, Daniel (ek kry nie deeltekens gemaak nie) ek het gewonder of ek dit dalk maar trav’ling moet maak, maar is ook bang dat dinge begin pretensieus lyk? Vlieg hoog en veilig, Charl-Pierre, ek vermoed ek voel jaloers op die trippie… Lekker naweek, Desmond, ek geniet jou musiekonderrig aan my baie;-)
Dankie vir deelneem, Rene. (My ou bekgevegte-maat!) Ek sal graag jou vertaling meer sorgvuldig wil lees, maar moet nou vliegtuig vang. Liefde, daar.
Rene, dit is werklik ‘n mooi vertaling. Jy mag maar!
Rene, Brink en Krog gebruik ook “bitter-berry” maar jou vertaling kom veel nader aan die gees en die klank van die oorspronklike as hulle s’n. ‘n Uitmuntende vertaling – ondanks die sewe lettergrepe in reël 6!
Goeiemore, mag ek ook maar probeer? Omdat ek geen geskoolde vertaler is nie, volg ek hierdie gesprek met belangstelling – en leer baie. My vertaling word hoegenaamd nie aangebied as “volmaak” nie, want sekere vryhede is geneem, veral t.o.v die interpretasie van emosie teenoor oorspronklike stelling. Ek wou probeer om (as Nataller) meer spreektaal Engels te benut. Hoewel ek baie hou van die klankeffekte van “bitter fruit” het ek besluit op “bitter-berry” omdat dit na ‘n spesifieke inheemse plant (kan) verwys. Ek is nie baie gelukkig met die woordjie “click” nie, maar ritme laat realise ens. nie toe nie. Hiermee dus my poging – dit was lekker om aan te pak.
Bitterbessie dagbreek vertaling
Bitter-berry daybreak
bitter-berry sun
our mirrors lie broken
all has come undone
When I seek the highway
to do my travelling on
all his tempting byways
whisper-call along
Pine grove recollection
pine grove of relief
even when I stray I
step into my grief
hello-polly echo
tricking tricking me
‘til I click the prattler
mimics mockingly
Echo is no answer
he answers everyone
bitter-berry daybreak
bitter-berry sun
Kassie en Desmond, julle opmerkings het albei met die gesprek te doen. Turks Fruit het ek in my vorige lewe ook gelees. Bitter Fruit is die Dangor-roman, en ja, inderdaad het ek aan daardie titel gedink, Desmond. Little Steven se snare het my nogal lekker gekielie in die ou dae, maar ek onthou nie die titel waarvan jy praat nie. Miskien sal die wysie my byval. In elk geval, dit alles wys weereens: die verbeelding is niks anders as ‘n hond op ‘n rommelhoop. Dit snuffel aan enige iets en almal.
En omtrent alles is relevant.
Laat my nou dink aan Turks Fruit deur Jan Wolkers wat ek in my vorige lewe gelees het… het later die film ook gesien, maar nie juis daarvan gehou nie. OK, dit het ook niks te make met hierdie gesprek tussen julle nie: sorrie!
Bitter Fruit was die titel van ‘n roman deur Achmat Dangor. Miskien het jy daaraan gedink, Charl-Pierre? Dit is ook die titel van ‘n ‘minor hit’ in die 80s deur Little Steven, meer bekend as kitaarslaner in Springsteen se E Street Band en as ‘n akteur in die reeks The Sopranos. OK, dit alles het niks met julle gesprek uit te waai nie: jammer!
Die notas op die verskeie vorms van metrum is beslis baie waardevol. Dankie Johann. Veral Strand & Boland.
En, ja, toegegee: Die titel van Polanski se film is soos Joan aandui. Verskoon die fout.
Die film van Polanski heet Bitter moon.
Hier is nog ‘n uiteensetting, minder ‘ tegnies’:
All of the information below can be found on pages 159-60 in The Making of a Poem by Strand and Boland.
Buy the book on Amazon, The Making of a Poem
This book would make a great investment as it is one you can refer back to for years to come.
I: Types of Meter
1. Meter is the Greek word for ‘measure.’
2. There are three meters most commonly used by poets in the English language– they are accentual, syllabic, and accentual-syllabic.
3. In accentual meter the stresses are counted and the syllables are variable.
4. In syllabic meter the syllables are counted but the stresses are varied.
5. In accentual-syllabic meter both accents and syllables are measured and counted.
6. In English, one tradition established its dominance: the accentual-syllabic meter.
II: The Character of Different Types of Meter
1. Accentual meter is often called ’stress’ meter or ’strong stress meter.’ Its origins lie far back in English poetry.
2. Accentual meter is common in the ballad and the nursery rhyme. It is heavily stressed and clearly heard when the poem is read.
3. Syllabic meters, on the other hand, are not easily heard. Because they count syllables, their force is most easily seen on the page: Syllabics are essentially a visual contract with the reader.
4. In accentual-syllabic meters–the combination of these–both syllables and accents are measured and counted and are often referred to as ‘feet.’
5. These ‘feet’ are patterns of stressed and unstressed syllables. The variations, pauses, musical effects, and dissonances within the accentual-syllabic line are where much of the force and power of meter occurs.
III: Definitions Of The Most Common ‘FEET’ In Accentual-Syllabic Meter
1. A poetic foot is a measured unit of meter, made up of stressed and unstressed syllables.
2. The iamb is the most common foot. It is a short stress followed by a long one. And example is about.
3. A trochee is a less commonly used foot. It is a long stress followed by a short one. An example is That is. Or dropsy.
4. A dactyl is a long stress followed by two shore ones. An example is happily.
5. An anapest is two short stressed followed by a long one. An example is in a tree.
6. A spondee is two long stresses. An example is humdrum.
Hier is inligting om die verwarring op te klaar. Ek dink beide van julle het ‘n deel van die antwoord, maar moet meer spesifiek wees wat betref watter po”etiese tradisie bedoel word:
Meters in Greek and Latin poetry will often be named with two words, one indicating the number of times a foot is repeated; the other discussed below. A foot consists of two or more syllables. For more on the study of meters, see Prosody.
In English, we talk about stressed and unstressed syllables. In Greek and Latin verse, the syllables were long or short. The slash represents a stressed (or long) syllable and the tilde an unstressed (or short) syllable.
Iam – Iambic Meter~ / (unstressed, stressed)
Trochee – Trochaic Meter /~ (stressed, unstressed)
Anapest -Anapestic Meter ~ ~ / (unstressed, unstressed, stressed)
Dactyl – Dactylic Meter / ~ ~ (stressed, stressed, unstressed)
Spondee – Spondaic Meter / / (stressed, stressed)
Latin Metrical Feet as Musical Notes
Unlike stress-based English meter, Latin and Greek meter depends on the length of the vowels in the syllables. A long vowel (_) is twice the length of a short (u). A short vowel has a length of one mora. A mora can be thought of as like an eighth note in music. Here is a way of visualizing the feet actually used in Latin poetry and those that could potentially be so using musical quarter (♩) and eighth notes (♪) for the syllable vowels:
Feet of 3 Morae
Trochee : _ u (♩ ♪)
Iambus : u _ (♪ ♩)
Tribrach : uuu (♪ ♪ ♪)
Feet of 4 Morae
Dactyl : _ uu (♩♪♪)
Anapest : uu _ (♪♪♩)
Spondee : _ _ (♩♩)
Proceleusmaticus : uuuu (♪♪♪♪)
Feet of 5 Morae
Cretic : _ u _ (♩♪♩)
First Paeon : _ uuu (♩♪♪♪)
Fourth Paeon : uuu _ (♪♪♪♩)
Bacchius : u _ _ (♪♩♩)
Antibacchius : _ _ u (♩♩♪)
Feet of 6 Morae
Ionicus a maiore : _ _ uu (♩♩♪♪)
Ionicus a minore : uu _ _ (♪♪♩♩)
Choriambus : _ u u _ (♩♪♪♩)
Ditrochee : _ u _ u (♩♪♩♪)
Diiambus : u _ u _ (♪♩♪♩)
Miscellaneous Possible Feet
Pyrrhic : uu (♪♪)
First Epitrite : u _ _ _ (♪♩♩♩)
Second Epitrite : _ u _ _ (♩♪♩♩)
Third Epitrite : _ _ u _ (♩♩♪♩)
Fourth Epitrite : _ _ _ u (♩♩♩♪)
Antispast : u _ _ u (♪♩♩♪)
Dispondee : _ _ _ _ (♩♩♩♩)
Second Paeon : u _ u u (♪♩♪♪)
Third Paeon : u u _ u (♪♪♩♪)
Molossus : _ _ _ (♩♩♩)
Ek stem saam met jou definisie van metrum. Maar nie met jou definisie van getroue vertaling nie. Getroue metriese vertaling gaan behels om ‘n soortgelyke/dieselfde musikale EFFEK as in die oorspronklike na te streef.
En dis gewoon nie moontlik om dieselfde effek te verkry In Engels deur te hou by dieselfde lettergreeptellings van die Afrikaans nie, omdat die tale metries verskil. Dit sal neerkom op ontroue metriese vertaling.
Metrum is die patroonmatige afwisseling van beklemtoonde en onbeklemtoonde lettergrepe. Die mees algemene metriese patrone is tweevoetig of drievoetig, d.w.s. tweelettergrepig of drielettergrepig. Ek hou vol: lettergreeptelling is die basis van metrum. As die lettergreeptelling van ‘n vertaling van die oorspronklike teks s’n verskil, kan daar geen sprake van metrumgetrouheid (jou vereiste) wees nie.
Dankie vir jou inset, Daniel. Ek hoop maar jou opmerking is tong in die kies bedoel.
Die grondslag van metrum is nie lettergreeptelling (soos jy beweer) nie, maar die verhouding tussen beklemtoonde lettergrepe en onbeklemtoonde lettergrepe. Hierdie verhouding veroorsaak dat die getal lettergrepe in ‘n Engelse vertaling van enige gegewe Afrikaanse teks (van hierdie aard) sal verskil. Daar is verskeie redes hiervoor: 1. Afrikaans is ‘n staccato-taal met meer beklemtoonde lettergrepe per enige reel, as in Engels. Dit is die geval veral omdat Engels affiks-uitgange het wat in Afrikaans nie bestaan nie 2. Voortvloeiend uit punt 1., Engels se ritme is meer “dralend” (dis nie dieselfde as meer vloeiend, soos sommiges beweer), dus: sal sal ‘n soortgelyke musikaliteit waarskynlik deur meer lettergrepe gedra word.
Die “afwesigheid van patroon” waarna jy verwys, word genoem die ander musikale aard van Engels.
Charl-Pierre, jy is heeltemal reg as jy sê: “Die ononderhandelbaarste van alles in die geval van hierdie soort vertaling is die metrum”. Die grondslag van alle soorte metrum is lettergreeptelling. Jonker se versreëllengtes wissel konsekwent tussen 6 en 5 lettergrepe. Veral die konstante 5-lettergrepigheid van die rymende reëls is van deurslaggewende belang. Jou reëls wissel sonder enige patroon tussen 5, 6 en 7 lettergrepe.
Hallo Albert, Ek dink dit sal veilig wees vir my om myself ook maar as ‘n leerlingvertaler te beskou, maar ek kan dit wel se: Jou vraag is glad nie dom nie. Ek het my bedenkinge gehad oor ‘n strammigheid in strofe 2 sowel as in strofe 3. Daar is in die oorspronklike Afrikaanse gedig ‘n ongewone sintaktiese hier en daar: “Soek ek na die grootpad”: “het ek ook …” Dis waarskynlik ter wille van veelduidigheid, maar dit vloei darem. Byvoorbeeld strofe twee is subjunktief: Should I seek the man road; sowel as ‘n sintaktiese sinkopee (as jy weet wat ek bedoel): Wanneer ek die hoofpad soek, dan verdwaal ek.
MAAR nou: hoe om weg te bly van die gewone sintaksis in vertaling sonder om dit stram te laat klink …
Ek is nie seker wat die oplossing kan wees nie. Dankie vir jou voorstel, maar ek weet ook nie of dit gaan werk nie. Kom ons kyk. Miskien het iemand anders ‘n mening wat na ‘n oplossing sal lei. Ek sien nou daar is nog ‘n fout wat ek graag sal wil verander. So ek gaan ‘n nuwe weergawe in kopieer en plak. Ek sal dan weer na jou voorstel kyk …
So in terme van daardie kritiese sintaktiese krit
Een van my weergawes van daardie strofe lyk as volg:
Charl-Pierre, ek is helaas geen vertaler nie, daarom wil ek die volgende (waarskynlik dom) vraag vra: Die laaste 2 reëls van strofe 3 sou ‘n mens ook kon omruil, maw “I step into my sorrow / even though I’ve lost my way”. Ritmies sou dit dalk better klink? Maar is so ‘n werkswyse (omruil van reëls) aanvaarbare prakryk of moet die vertaler hom by die bestaande volgorde (sintaksis?) hou.
Jammer as dit ‘n dom vraag is.
Dis net dat ek by vertaalde tekste dikwels voel dat die opeenvolging van versreëls in die neergelegde patroon/struktuur van die oorspronklike vers hinder.
Groete. En ek’s bly jy’s weer terug by jou blog! 🙂
Om die kloutjie net verder by die oor te bring: Ek dink die gestorwe digter Barend Toerien sou ‘n gedig soos die Milosz-gedig in Afrikaans kon vertaal. Trouens, dit was Toerien wat, veral in sy vertalings, vir die eerste keer blyke van die losser geweefde vers in Afrikaans gegee het. In hierdie opsig was hy ‘n baanbreker.
Die losser geweefde vers word deesdae bedryf deur niemand anders as Petra Muller (wat haar lewe lank vasgesit het in die klankkastradisie), bedryf. Gaan kyk na die volgende uitmuntende gedig op Poetry International se webtuiste (mens kan die Milosz-zoort gedig hierin sien, dink ek?):
GAUGUIN: NÁ DIE PREDIKING
Alles kan so skielik aan die vlam gaan – ek hou
skaars by by die rooie, die verbrande bruine,
verskillende terra-cottas. Siënna. Estaties opvarende
groene wat daaruit voortkom – ‘n groen wat lyk of dit bloei,
maar ook blom. En die bome, in die agtergrond
die bome staan eers afgetrokke soos ikone, dan weer verstrengel
en vervleg. In wat? Met wie? Ek sien al dae lank
‘n mank man met ‘n engel stoei. Daar is water naby, ek
ruik dit, ‘n mens sou dit kon verbruik vir heiliging.
Maar die fries geboë nonne bind hul wimpels om hul wit
gesigte vas en hou hul ver van my. Ek wou nog inkyk, daar,
wat aangaan in hul oë. Moontlik visioene . . .
Dankie vir jou kompliment op my vertaling, Rita.
‘n Voetnoot op my gebruik van die term “wiegelied”: Dis te spesifiek as beskrywing van die formaat van die gedig. “Kinderrym” of “volksrym” sou beter pas.
Maar terug na jou interessante opmerking dat die Milosz-gedig wat Louis aanhaal op Dedsmond Painter se blog waarskynlik saai sal klink in Afrikaans.
Ek stem met jou saam. waarskynlik, maar nie noodwendig nie. Dit gaan afhang wie die vertaling doen. Die rede vir die verskynsel sal wees omdat die metriese tradisie van losser geweefde verse stewiger gevestig is in Nederlands sowel as in Engels, as in Afrikaans, en beslis in Pools. Elke taal, ook Afrikaans, moet eers hierdie metriese “logika” ontdek in terme van die klanke van die taal. Dis die metriese tradisie waarin Milosz skryf.
Ek, Danie Marais en sommige ander probeer digters probeer die metra (op ons wyd uiteenlopende maniere) van losser wewing vestig in Afrikaans. Dit het gewoon nog nie voorheen bestaan by ons nie, en dit terwyl ‘n baie groot deel van die poesie in Engels en Nederlands in hierdie metriese stroming val. Hoe ontoereikend die begrip wat nodig is vir die suksesvolle vertaling van daardie vers van Milosz, nog by ons is, word weerspieel in die stomp term “praatverse”, waarmee daar sonder meer na alle gedigte binne hierdie bree stroming verwys word. Praatverse is maar ‘n klein gedeelte daarvan.
Afrikaans se hoofstroom-tradisie is die klankkas-tradisie. Dis die tradisie van beide Louw as Uys Krige asook Antjie Krog. Ten einde Milosz te vertaal, sal jy die ander tradisie op eie bodem moet vind.Ons het al begin daarmee.
Dis ‘n mooi vertaling = klink hoegenaamd nie soos ‘n vertaling nie. Afrikaans vertaal seker die beste na Nederlands toe? Soms vertaal ek ‘n Engelse vers na Afrikaans toe, sommer vir die pret, en dan klink dit regtig so flou en eenvoudig. Vertaal ‘n bietjie die lieflike Milosz-gedig wat Louis by Desmond se blog opgesit het – dis asof dit net nie dieselfde diepte/nuanses gaan gee wat die oorspronklike het nie.