
In ‘n ongewone stap het die uitgewery Meulenhoff die Nederlandse vertaling van Seamus Heaney se bundel District and Circle uit die handel onttrek na volgehoue kritiek teen Hanz Mirck se vertaalde teks. NRC Handelsblad berig verdermeer dat die uitgewery onderneem het om ontevrede lesers se geld terug te betaal; ook boekhandelaars is verlof toegestaan om die kopieë wat hul in voorraad het, sonder koste terug te stuur. Volgens ‘n berig in De Volkskrant word die publikasie van ‘n bloemlesing wat Heaney se hele oeuvre beslaan, insluitend ‘n nuwe vertaling van District and Circle, na dié verleentheid deur Meulenhoff vir volgende jaar beplan.
Die besluit om Regio en ring uit die handel te onttrek, is die gevolg van kritiek wat in die NRC Handelsblad, De Volkskrant en Filter uitgespreek is jeens Hanz Mirck se knoeiwerk. “Naast de vele spelfouten (spoetengezicht, houtgreep, Archilles, allesdaagsheid, vrees i.p.v. vlees, koortachtigheid, overeenstemmening, de hoogtepunt, enzovoort) zijn er slordigheden met jaartallen, hoofdlettergebruik en interpunctie. Waarom eigenlijk geen eindredacteur ingehuurd?”, het Guus Middag in NRC Handelsblad gevra; ‘n uitspraak wat in byna alle media ge-eggo is.
Marianna Stark van die uitgewery Meulenhoff het haar soos volg oor hul besluit om die boek te onttrek, uitgelaat: “Het was te pijnlijk voor ons. We hebben een naam op te houden als uitgever van een van de grootste Europese dichters. En hoe erg het ook is voor de vertaler Hanz Mirck, we kunnen niet met hem doorgaan.”
Volgens De Volkskrant het Mirck nog nie op dié besluit reageer nie.
***
Vanoggend fokus ek jou aandag op twee nuwe bloginskrywings: Desmond Painter, wat die volledige gedig “Ars poetica?” van Czeslaw Milosz geplaas het, en Ilse van Staden wat skryf oor DJ Opperman se “Clat boek” as verdigte werklikheid.
Aangesien dit toevallig gister Seamus Heaney se 71ste verjaarsdag was, plaas ek as toegif “Digging“, my gunsteling gedig van hom, hieronder.
Lekker lees en geniet die middel-in-die-week-dag.
Mooi bly.
LE
Digging
Between my finger and my thumb
The squat pin rest; snug as a gun.
Under my window, a clean rasping sound
When the spade sinks into gravelly ground:
My father, digging. I look down
Till his straining rump among the flowerbeds
Bends low, comes up twenty years away
Stooping in rhythm through potato drills
Where he was digging.
The coarse boot nestled on the lug, the shaft
Against the inside knee was levered firmly.
He rooted out tall tops, buried the bright edge deep
To scatter new potatoes that we picked,
Loving their cool hardness in our hands.
By God, the old man could handle a spade.
Just like his old man.
My grandfather cut more turf in a day
Than any other man on Toner’s bog.
Once I carried him milk in a bottle
Corked sloppily with paper. He straightened up
To drink it, then fell to right away
Nicking and slicing neatly, heaving sods
Over his shoulder, going down and down
For the good turf. Digging.
The cold smell of potato mould, the squelch and slap
Of soggy peat, the curt cuts of an edge
Through living roots awaken in my head.
But I’ve no spade to follow men like them.
Between my finger and my thumb
The squat pen rests.
I’ll dig with it.
(c) Seamus Heaney