Bibi Slippers. O, werklik? Ja, werklik!

Ander mense het al genoeg slim goed geskryf oor kuns en die werklikheid en die ingewikkelde verhouding tussen die twee. Ek gaan dus nie probeer slim wees nie – eerder net real. Ek het nog altyd gehou van gedigte en kuns wat op ‘n baie eenvoudige en direkte manier met die werklikheid omgaan. Op universiteit was Cees Buddingh’ se gedig “Pluk de dag” vir ‘n lang ruk my gunsteling:

mmmmm, Marmite!

mmmmm, Marmite!

PLUK DE DAG

Vanochtend, na het ontbijt,

ontdekte ik, door mijn verstrooidheid,
dat het deksel van een middelgroot potje marmite
(het 4 oz net formaat)
precies past op een klein potje heinz sandwich spread

natuurlijk heb ik toen meteen geprobeerd
of het sandwich spread-dekseltje
ook op het marmite-potje paste

En jawel hoor: het paste eveneens

“En jawel hoor: het paste eveneens” !!!!!!!!!!! Ek het dit oor en oor gelees en elke keer ewe opgewonde geraak oor Buddingh’ se ontdekking, Ek raak nogsteeds opgewonde. My ekstase oor die gewone ken geen einde nie. Verwondering oor dit wat elke dag onsigbaar voor jou oë lê en skielik geopenbaar word is so lekker soos min ander dinge.

Minder lekker is die openbaring wat jy nie noodwendig wou hê nie, maar in jou eie skryfsels voor jou opduik. So besef ek mos Maandag tydens ‘n skryfkunde klas dat die kommentaar oor my verse eintlik maar kommentaar oor my lewe is… Die clutter in die sinne lyk meer as vaagweg op die clutter rondom my rekenaar, die verwarrende beelde weerspieël my eie verwarring. Ek probeer te veel in een gedig/dag doen, ek skryf/vat alles te persoonlik op. Daar is heeltemal te veel liefdesgedigte (en hulle is moeilik om te skryf). Terwyl ek besluit of ek moet lag/huil (of beide gelyk doen) oor die duidelike beeld van die chaos warin ek verkeer, deel ek my gedagtes met een van die subjekte van my oormaat liefdesgedigte. Hy dink ‘n rukkie na en knik sy kop in alle erns as inleiding tot sy pseudo-filosofiese uitlating: “Poems are lessons in life,” vertel hy my. Ek lag. Lekker hard. Want dis pret om te leer om te lewe.

Bookmark and Share

7 Kommentare op “Bibi Slippers. O, werklik? Ja, werklik!”

  1. Louis :

    Sjoe, Bibi! Hierdie blog van jou is soos ‘n sonstraal deur hartseer wolke … ‘n Mens kan natuurlik jou sogenaamde pseudo-filosofiese uitlating omswaai na: “Poems are life in lessons”. 🙂
    Terloops, weet jy hoe lekker is ‘n steak as jy hom eers met marmite smeer voor jy hom braai?! Probeer dit gerus. (En bedien hom sommer met ‘n dun snytjie fetakaas bo-op.)
    Absoluut heerlik.
    Louis

  2. Desmond Painter :

    Steak met marmite: goeie idee! Ek het onlangs begin om brood met heuning/stroop en marmite te eet. Werk uitstekend: die soet en sout. Dik botter onderlaag help ook. Veral op vars rogbrood.

  3. Bibi :

    Haai Louis en Desmond.

    Ek sal mental notes van julle resepte maak vir die karnivore in my lewe… alhoewel ek nie dink dat ek dit oor my hart sal kry om vir enige iemand ‘n steak te maak nie – nie eers ‘n marmite steak nie. Ek kan nie ophou om aan beeste se pragtige ooghare te dink nie. Te erg!
    Maar hier is ‘n vegan-vriendelike alternatief: Marmite in Mash. Dis super super SUPER yum! En baie voedsaam ook. Perfek vir dae vol hartseer wolke.

  4. max rebo :

    Beslis `n sonstraal, dit laat mens vermoed dat die chaos ook kan goed doen.Dit is tog deur die digter se verstrooidheid dat hy sy ontdekking maak en die gedig skryf.Die chaos, clutter en verwarring is ook `n metafoor vir digterlike stof.Digters moet eers daardeur sif om by die gedig uit te kom.Ek is seker jy weet dit reeds.Jy lag reeds lekker aan die einde.

  5. Bibi is beste!

    😉

  6. Bibi :

    Ek is in greaad twee laas twee maal op een dag ‘n sonstraal genoem. En die beste? Nie so seker nie, Jo, maar dankie anyway. Ek hou dit op rekord vir eendag as dit saak maak.

  7. max rebo :

    Die mooiste en mees uitspattige wimpers in Afrikaans was defnitief Sarel Seemonster se girlfriend in Wielie Walie,as ek reg kan onthou was haar naam Driennie Draak.Hulle het haar maar min gewys en ek wonder of enigiemand haar sal onthou.Haar wimpers was lank en vol blinkers asof sy na `n trance-partytjie op pad was.Ek is nie seker oor haar naam nie,maar ek kan sulke wimpers nie vergeet nie.

  •