Noudat die hele kwessie van vertalings en vertaalde tekste weer aandag op die webblad geniet, is ek uiteraard voordurend op die uitkyk vir waardevolle artikels oor dié onderwerp. Die mees omvattende en insiggewende artikel wat ek op dié manier kon raakees, is sekerlik Edith Grossman se artikel “Why translation matters” wat in die April 2010 uitgawe van PEN World Voices verskyn het. Synde ‘n professionele vertaler sedert 1972 en amptelike vertaler van literêre reuse soos onder andere Gabriel Garcia Marquez, Mario Vargas Llosa en Carlos Fuentes het sy sekerlik heelwat sinvolle opmerkings om oor dié onderwerp te maak.
So begin sy haar artikel met ‘n deeglike aanloop ten opsigte van die problematiek van vertaling, en stuit dan teen die volgende doelwit wat elke vertaler aan hom of haar behoort te stel: “… For the most fundamental description of what translators do is that we write-or perhaps rewrite-in language B a work of literature originally composed in language A, hoping that readers of the second language-I mean, of course, readers of the translation-will perceive the text, emotionally and artistically, in a manner that parallels and corresponds to the esthetic experience of its first readers. This is the translator’s grand ambition. Good translations approach that purpose. Bad translations never leave the starting line.”
Hierna volg daar ‘n uitgebreide uiteensetting van riglyne (met toepaslike voorbeelde) vir die vertaler; onontbeerlike leesstof vir enigeen wat belang het hierby. (Die volledige artikel kan hier op Words without borders se webblad gelees word.) Maar – die fokus is primêr prosa. Hoe gemaak met poësie waar jy deurentyd te maak het met die óú strydvraag: vertaal jy getrou aan die gees (idee) van die vers of getrou aan die tegniese aspekte (soos metrum), of is dié twee kwessies soms wel te versoen met mekaar? Kyk gerus by Charl-Pierre Naudé se blog na die lewendige gesprek wat drie van ons aktiewe vertalers, synde Charl-Pierre, en Daniel Hugo, oor juis dié kwessie met mekaar voer. (En natuurlik is Daniel Hugo se essay oor onvertaalbare poësie verpligte leesstof hierby.)
Ek wil egter hierdie oorsig afsluit met die volgende stelling aan die einde van Edith Grossman se betoog; gewis ‘n stelling waarvan alle liefhebbers van letterkunde kennis behoort te neem: “Goethe believed that a literature exhausts itself and its resources become vitiated if it closes itself off to the influences and contributions of other literatures. Not only literature but language itself thrives as it makes connections with other languages. The result of the linguistic infusion of new means of expression is an expansion of vocabulary, evocative potentiality, and structural experimentation. In other words, the broadening of horizons that comes with translation does not affect only readers, speakers, and writers of a language, but the very nature of the language itself. The more a language embraces infusions and transfusions of new elements and foreign turns of phrase, the larger, more forceful, and more flexible it becomes as an expressive medium.”
Amen. En is dit nie dalk die vloek van ‘n multi-linguale samelewing nie? Of is meertaligheid júís die roomsnor om die mond? Of wat praat ek nou?! Maak ook seker dat jy die onderhoud lees wat met Ilya Kaminsky, samesteller van die Ecco Anthology of International Poetry, oor die kwessie van vertaalbaarheid van gedigte gevoer is. Die skakel is op Klikbord geplaas.
***
Vervolgens fokus ek graag jou aandag op drie nuwe bloginskrywings wat sedert gister geplaas is: Philip de Vos wat sy reistema voortsit met foto’s en gedig, Desmond Painter wat oor Jorge Luis Borges as digter skryf en Lewies Botha wat ‘n vers na aanleiding van Danie Marais se essay geplaas het. En dan is daar ook nog ‘n gedigte vir die Blogfokus deur Gerrit Brand en Jannie Malan. O, ja – beslis moet jy kennis neem van Fokofpolisiekar se lirieke wat pas in boekvorm verskyn het, want hierdie is géén gedigte in vertaling nie … Inteendeel, dis “taal-in-aksie” in hoordosis-formaat.
Ten slotte, aan die jammer kant van sake moet ons vandag afskeid neem van Melt Myburgh as blogger. Na vele maande van deelname en betrokkenheid het hy gister laat weet dat werksomstandighede en gepaardgaande tydsdruk gewoon nié voldoende is om betekenisvol tot die webblad te kan bydra nie. En natuurlik het ons volle begrip daarvoor aangesien hy tans besig is met die reëlings vir vanjaar se Versindaba wat op 18 Sepember gaan plaasvind … Voorspoed daarmee, Melt, en dankie vir dit wat jy wel tot die webblad kon bydrae.
As toegif plaas ek Zbigniew Herbert se vers “On translating poetry” (in die Engelse vertaling) onder aan vanoggend se Nuusbrief.
Lekker lees en hou tog jou neus uit die stuifmeel vandag …
Mooi bly.
LE
On translating poetry
Like a clumsy bumblebee
he alights on a flower
bending the fragile stem
he elbows his way
through rows of petals
like pages of a dictionary
he wants in
where the fragance and sweetness are
and though he has a cold
and can’t taste anything
he pushes on
until he bumps his head
against the yellow pistil
and that’s as far as he gets
it’s too hard
to push through the calyx
into the root
so the bee takes off again
he emerges swaggering
loudly humming:
I was in there
and those
who don’t take his word for it
can take a look at his nose
yellow with pollen
(c) Zbigniew Herbert (vertaal deur: Alissa Valles)
Louis, een van my gunstelinge oor vertaling:
On Translating Eugene Onegin
Vladimir Nabokov
What is translation? On a platter
A poet’s pale and glaring head,
A parrot’s screech, a monkey’s chatter,
And profanation of the dead.
The parasites you were so hard on
Are pardoned if I have your pardon,
O Pushkin, for my stratagem.
I traveled down your secret stem,
And reached the root, and fed upon it;
Then, in a language newly learned,
I grew another stalk and turned
Your stanza, patterned on a sonnet,
Into my honest roadside prose –
All thorn, but cousin to your rose.
Wat ‘n lieflike vers van Herbert – en so in die kol.