Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
15 April 20106 September 2013

Desmond Painter. Lucas Malan: Twee gedigte

Ek het, benewens ‘n vlugtige interaksie op hierdie webblad, nooit enige kontak met Lucas Malan gehad nie. Ek het hom trouens nooit ontmoet of hom sy gedigte hoor voorlees nie. Ek het hom egter geag as digter, en sy Edenboom is steeds een van my gunsteling bundels in Afrikaans.

Dit was ook een van die eerste bundels wat ek ooit gekoop het: by ‘n CNA-uitverkoping, dieselfde dag wat ek, soos ek al vantervore vertel het, Ernst van Heerden se Amulet teen die vuur aangeskaf het. Die oorspronklike prys voor in my kopie van Edenboom is doodgekrap: R16.95 — met die destydse AVB bygetel sou dit in totaal seker so ‘n raps meer as R18 gekos het. Die eerste afslagprys, sien ek, was R7.99, en is later weer ‘n keer verminder na 99c.

Ek voel eintlik sleg dat ek so ‘n mooi bundel vir 99c gekoop het, en ek skaam my ‘n bietjie dat Brackenfell se CNA ‘n boek, wat op daardie stadium maar twee jaar oud was, twee keer drasties moes ‘afmerk’ voordat dit verkoop is.

Gelukkig het dit ‘n gretige en bewonderende eienaar gekry. Ek het daardie relatief dun bundel voos gelees. Nou nog maak ek dit soms oop, lees ek ‘n paar gedigte, en ruik ek daaraan. Ek weet nie wat die uitgewers gedoen het nie, maar die boek het vandag, 23 jaar later, steeds ‘n skerp, onmiskenbare reuk van gom en papier. ‘n Reuk wat my altyd laat dink aan Sondagmiddae in Brackenfell in die winter.

Twee van my gunstelinggedigte in Edenboom  het juis gehandel oor die dood:

 

Lugtig

Waar iemand doodgaan, skeur die lug,

snak die uur na asem en dit sug: ver-

by. ‘n Deur gaan oop, die mure skud

en iewers gaan ‘n voël neerstort –

 

Die dag ruim plek in, ongemerk,

en bome buig in nabetragting, vlug

hul aardsheid binne, word weer groen

‘n laning langs ‘n landery of straat.

 

Jy sou dit skaars aan lug of bome merk

as iemand doodgaan, stiptelik ‘n bed ont-

ruim, die voordag soos ‘n laken skeur –

maar luister hoe dit oral oor gebeur:

 

 

Kring

Onbeholpe en van stryk gebring hier saamgetrek

dié wat oorleef het die winters tot nou

toe, soos oorslag-lemoene behoue;

plek-plek ontbering se skaafmerke sigbaar,

nogtans uitgespaar. ‘n Paar met hul kinders,

onmondig, maar ‘n kworum desnieteenstaande.

Vandag weer versamel en plegtig geskaar

 

om te groet: naas mekaar, ook dié ene minder,

bestem vir die grond, die inskep met grawe

in wierook van stof – begin kyk hulle bedug

na die kring wat so kwyn en tog groei; kyk hulle

rond, na die niggies en ooms: onthou die ravot

somersaande op die kweek, ‘n dam en die kaalgatbaljaar –

so pas die ondraaglike las van soliede oorskot.

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Spesiale Nuuswekker. Lucas Malan
Hennie Aucamp. Huldeblyk aan Lucas Malan →

1e kommentaar op “Desmond Painter. Lucas Malan: Twee gedigte”

  1. Louis says:
    15 April 2010 at 15:40

    Baie dankie hiervoor, Desmond. Toevallig is “Edenboom” ook vir my ‘n gunsteling, maar meer so weens “Die leer van bome” as enige ander gedig. Vir vele jare het ek dit as onderwyser met my leerlinge behandel en in gesprekke agterna is daar telkens deur hulle na dié vers as ‘n hoogtepunt in hul leerplan verwys.

    Die leer van bome

    As kind het hy die geur van hout
    leer ken, in saagsels klam van hars
    geruik hoe seders hul teen pyn verset
    en vaag vermoed hy hoor ‘n mens uitroep
    as saag en spyker deur die balke knars;

    al spelend so onder maats het hy
    gemerk hoe vlek die soet granaat
    ‘n meisiekind se hande en haar mond;
    alreeds begryp hoe taai die boom
    se vrug akkoord hou met die smaad.

    Later het die palm groen hosannas
    voor hom oopgestraat, het hy vervloek
    die vyeboom se vrugtelose aard. En toe
    hy struikelend op pad na Golgota
    wou rus, die skadu van ‘n boom gesoek –

    en ná hy met die ander kon vergader,
    toe hy in daardie laaste tuin alleen
    moes worstel met sy eerste Vader,
    toornig van die vrank olyf geleer
    dat bome wroegend soos ‘n mens kan ween.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard

Nuutste bydraes

  • Wenners van die kompetisie: “Die gees van die avontuur”
  • Stefanus S. Vivier. Reisiger
  • Uitnodiging na die ATKV-digskool 27 – 29 Maart 2026
  • Yves T’Sjoen. Postumiteiten voor Breyten
  • Uitnodiging: ATKV-digskool, 27 – 29 Maart

Nuutste kommentaar

  1. Hein Viljoen on Joan Hambidge. George Steiner en Gerrit Kouwenaar20 January 2026

    Joan Jy skryf: "By Kouwenaar: die maan en die perse word één". Die hele ryk Persiese wêreld - Babilon, spykerskrif,…

  2. Versindaba on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)16 January 2026

    Van die kant van die Redaksie: Baie dankie Bernard Odendaal en Robert Schall dat Versindaba hierdie skitterende vertalings kon plaas.…

  3. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Hierom dan dat George Steiner sy Poetry of thought aan hierdie manjifieke digter opgedra het. Ek (her)lees tans Steiner se…

  4. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Dank. Die gedig as smoelneuker. Goed vertaal.

  5. Jacobus Swart on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk14 January 2026

    Die digkuns is distillasie. Die taal is verhewig. Dit vereis dat die leser sy sokkies sal optrek. Want die digter…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d