Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
17 April 201010 July 2024

Lize Viljoen. Uit die veld geslaan.

Ek is terug in Suid Afrika en die eerste ding wat my opval is dat ek my longe vol vars lug kan trek, en diep asemhaal sonder om die volgende dag klagtes van my lyf te ontvang. Soggens vroeg op die radio luister ek die nuus. Die eerste ding wat ek hoor is Malema se gedoente met skiet die boere. Oor ‘n braai met Engelse vriende die eerste week hoor ek die gerug van ‘n sogenaamde e-pos wat rondgegaan het om mense te waarsku om nie beige Mercedesse te ry tydens die sokker wereldbeker nie, aangesien die ANC ondersteuners hulle dan vir boere sou aansien. Meer onlangs sien ek ‘n foto op facebook met klomp mense op die lughawe wat t-shirts aanhet wat lees: Please don’t shoot me, I’m just a tourist, not The Boer. Op ‘n manier was ek nogal kwaad oor die hele petalje met die sogenaamde rewolusionere lied van Malema en die aanval kort daarna op E.T. Ek stem nie saam daarmee dat moord gerasionaliseer word op so ‘n manier nie. Al was ek nog nooit ‘n Terreblanche aanhanger nie, en beplan ek ook nie om nou sy uitgediende ideologiee aan te neem nie, glo ek stellig dat hy nie verdien het om doodgemaak te wees op so ‘n aaklige manier nie. Ek wil ook nie nou verder politiek praat hier nie, ek weet die blog moet eintlik gaan oor kuns.

Dan was daar die fees. Die groot KKNK. Of soos my vriend Roger dit noem: Lust in the Dust. Dis nou seker oor al die loslappies en lyfies en suggestiewe pompliedjies wat heeldag dawer uit die Huisgenoot tent. Volgens die plaaslike koerantjie was daar die eerste dag 25 000 mense deur die hekke, en die tweede dag 22 000. Ekself het ook die stalletjies deurgewerk en ‘n paar shows gaan kyk wat baie lekker was. Die drama Draadwerk oor Helen Martens se lewe was puik. Die toneelstuk gebasseer op die boek van Ben Okri, The Famished Road, was ook fabelagtig goed gedoen. Dan natuurlik was daar Karen Zoid se show, wat ek nog lank sal onthou, sy weet hoe om ‘n storie ook te vertel. Ek wonder net of die mense van Pretoria vir haar kwaad was oor die liedjie, waar is die eerste r in Petoria?

Oliehoutstraat
Oliehoutstraat

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

1e kommentaar op “Lize Viljoen. Uit die veld geslaan.”

  1. Petrus says:
    17 April 2010 at 17:50

    Ja Lize, om Suid-Afrika te waardeer moet n mens deesdae verkieslik n moeder-en vaderderland he. Een vir die kultuur en die ander vir oorvloedige natuur. So nou en dan is Oudtshoorn vir my altwee!!!!!!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Maritha Broschk. tafelgebed
  • Stephan du Toit. Namib
  • Joan Hambidge. The upturn palm
  • Albi Prinsloo. Verlossing

Nuutste bydraes

  • Natasha Harmse. Sikade
  • Stephan du Toit. Graaff-Reinet
  • Natasha Harmse. Die weefstoel
  • Margaret Cordier. Wes-kus Desember
  • Sanette Scheepers. Vrykoop

Nuutste kommentaar

  1. Rina Cascione on Nini Bennett. My Octopus Teacher5 December 2025

    'n Allerlieflike gedig oor 'n wonderlike dokumentêr. Dankie Nini! Jy het dit met soveel verbeelding vasgelê.

  2. Johan on Sanette Scheepers. Vrykoop5 December 2025

    Ek hou daarvan en ek verstaan die inhoud.

  3. Ben Nel on Andrea Sieberhagen. Ontsnapping5 December 2025

    Andrea, jy is ‘n rots Baie dankie vir jou bydrae tot die samelewing! Groete Ben

  4. Schalk Botha on Andrea Sieberhagen. Een helder ster4 December 2025

    Dis dalk nie die beste aand om hierdie impakvolle gedig te lees en te bedink nie; veral om uit ‘n…

  5. Marthé McLoud on Johann Lodewyk Marais. Johann de Lange in Sunnyside en Pretoria.3 December 2025

    Ek geniet die artikelreeks oor Johann verskriklik baie. Baie interessant. Dankie daarvoor.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d