Vreemd dat ek vanoggend aan Clarabelle van Niekerk dink. Sy’t in die tagtigs ʼn album opgeneem met die titel Bollo-Mah-Kissy – ʼn vreemde titel vir ʼn plaat (toe nog op viniel gedruk).
Maar sy’t lank gelede reeds in die VSA gaan woon. Toe, in die vroeë 1990s, het sy weer ʼn Afrikaanse album vrygestel, hierdie keer in CD-formaat – Roep die Engele. Dis moeilik om haar musiek te klassifiseer. Dit pas nie heeltemal in by enige van die geykte kassies wat ons gebruik nie.
Ek dink vanoggend spesifiek aan “Lulu”, een van die songs op Roep die Engele. Ek soek die wilde wye internet vol, maar kry dit nêrens om af te laai nie. My eie CD van haar het jare gelede reeds ophou werk. Dalk het ek dit te veel gespeel – spesifiek “Lulu”.
Ek skryf dit hier soos ek dit onthou:
Lulu se woonstel was tot teen die dak
met bleek winkelpoppe volgepak
kunsprojekte wat niemand wou hê nie
gestopte parakiet wat nooit iets sal sê nie
Lulu dans in ‘n doolhoftuin
waar die ysreën looi
en rye en rye rooi papawers
word na die bal genooi
Lulu ons kan jou nie keer nie
en hy kom met vingers van fluweel
om haar in die nag te streel
en Lulu raak vir ewig in sy arms aan die slaap
Iemand fluister ‘n paternoster
en die requiem klink so soet
ek wonder soms waar Lulu is
en of sy nou haar mense ontmoet
Lulu dans in ‘n doolhoftuin
waar ʼn woekerplant groei
en rye en rye rooi papawers
word na die bal genooi.
Lulu dans in ‘n doolhoftuin
waar skurwe sipresse groei
en rye en rye rooi papawers
word na die bal genooi.
Soms laat dit my aan Leonard Cohen se “Seems so long ago Nancy” dink. Die Duitse maatskappy Bayer het met die Verdrag van Versailles die reg verbeur om die handelsmerk “Heroin” eksklusief te gebruik.
Ek het ook “Roep die Engele” – eks mal oor die CD – veral die titelsnit en “Lulu”.
Felix, dis ‘n mooi plaat daai!
Ek het toe die CD in UNISA se biblioteek gevind!
Hi Ivan
Waar woon jy, kan ek nie na die CD kom luister nie?
felixandhisthoothbrush at gmail . com
haai, ek is nou besig om haar musiek op my rekenaar te laai. Het altwee die cd’s (bollomakissy en roep die engele).
Dankie, Johann. Ja, die elektroniese databasisse is een van die vreugdes wat die universiteitsbiblioteek bied. Ek wonder, hoeveel kos dit om ‘n lid van bv. die US se biblioteek te word?
Desmond, ek wil binnekort deur my De Kat kolleksie gaan voordat ek dit weggooi (van uitgawe 1 af maak nogal ‘n stapel), & as ek op die stuk van Koos afkom, laat weet ek jou. Wens ek het toegang tot SABINET gehad – baiekeer artikels waarna ek soek net om voor daai hek tot stilstand te kom.
Ja, ek het ook gedink die mense van “Ineg” sal dit h^e, maar die onderwerp val seker nie onder die definisie van “eietydse geskiedenis” nie.
Ek het nou in SABINET se SA Media databasis gaan kyk, maar kon nie De Kat kry nie.
Andries, ek het in ‘n stadium erg belanggestel in Koos Prinsloo se werk, en het toe sy ‘file’ gaan besigtig in die uitstekende knipsel-argief van die Bellville Biblioteek. Dit is waar ek die onderhoud met Clarabelle gesien het. Sal dit probeer opspoor…
Desmond, ek het nooit daai onderhoud raakgelees nie (wens ek het!). Vriende van my was ook by die gewraakte KKNK vertoning (n.a.v. “Roep die Engele”) en was baie teleurgesteld.
Ek was ‘n groot fan van Clarabelle van Niekerk (onthou jy die onderhoud wat Koos Prinsloo met haar gaan voer het in die VSA, en wat in De kat, dink ek, gepubliseer is?), maar het nie die musiek waarna jy soek op CD nie — anders sou ek dit vir jou per e-pos gestuur het! Ek het haar in die laat 1990s, tydens een van die eerste KKNK’s, live gesien met ‘n groep Amerikaanse musikante. Dit was van die interessantste musiek daar, maar slegte klank en ‘n gehoor wat net Worsie Visser wou hoor, het op die ou end ‘n groot mislukking van die geleentheid gemaak. Mense het gaar geboe en goed na die musikante toe gegooi.