Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
19 April 201019 April 2010

Nominasies vir C. Buddingh-prys bekend

De Contrabas
De Contrabas

Die finaliste vir die die C. Buddingh-prys vir poësie is onlangs bekend gemaak en dit wil voorkom asof De Contrabas, ons kollegas in die ander halfrond, besonder sterk verteenwoordig is in dié uitgelese groepie van vier deurdat hulle twee finaliste se bundels uitgegee het.

Ter agtergrond: die C. Buddingh-prys is die Nederlandstalige ekwivalent van ons eie Ingrid Jonker-prys, naamlik ‘n bekroning van die beste debuutbundel. Die prysgeld beloop 1,200 euro en word toegeken aan bundels wat in die periode 1 Maart tot 28 Februaie van die voorafgaande jaar verskyn het. Die beoordelaars vir vanjaar is Frans Willem Korsten (letterkundige), Marc Kregting (digter) en Mariolein Sabarte Belacortu.

Die vier finaliste is: Gert de Jager (Sterk Zeil, De Contrabas, 2009), Elmar Kuiper (Hechtzwaluwen, Augustus, 2010), Delphine Lecompte (De dieren in mij, Contrabas, 2009) en Nina Werkman (Antidata, Holland, 2009).

Die wenner sal tydens die 41ste Poetry International te Rotterdam bekend gemaak word op 15 Junie.

Twee dinge wat my opval van dié kortlys is dat nie een van die genomineerdes se bundels by ‘n hoofstroom-uitgewer verskyn het nie; sukkel die debutant-digters dalk ook in die Nederlande om ‘n uitgewer te vind, wonder ek … En dan verskil ons eie Ingrid Jonker-prys van die C. Buddingh-prys daarin dat die Ingrid Jonker uitsluitlik deur mede-digters beoordeel word.

Nogtans – ‘n baldadige handeklap met glasies vol bruiswyn vir De Contrabas … Welgedaan!

Vir jou leesplesier volg Delphine Lecompte se gedig “Bruut” onder aan vanoggend se Nuuswekker.

***

Sedert Vrydag het daar ‘n magdom nuwe inhoud bygekom op die webblad. So is daar die onderhoud wat met Clinton V. du Plessis gevoer is na aanleiding van sy brief “Fokofafrikaans, ‘n swanesang” wat op LitNet sowel as Rapport verskyn het. En ook ‘n verbeelde gesprek met NP Van Wyk Louw. Dit bly eenvoudig verstommend hoe relevant en ter sake Van Wyk Louw se kommentare, wat hy etlike dekades gelede geskryf het, steeds vandag is.

Onder die bloggers is daar ook nuwe inskrywings deur Andries Bezuidenhout, Philip de Vos, Bernard Odendaal en Desmond Painter. Veral Bernard Odendaal se oorsig van digkunsontwikkelinge die afgelope dekade is ‘n móét lees. So ook die resensie wat hy pas oor Nuwe Stemme 4 gelewer het. Onder die Nuwe Stemme-bloggers het Lize Viljoen ‘n nuwe inskrywing geplaas; ook met ‘n bydrae tot die maand se Blogfokus. Nog bydraes tot die Blogfokus is ontvang van Hennie van Coller en Karlien van der Merwe. Ten slotte fokus ek ook jou aandag op nuwe gedigte in die verskamers van Joan Hambidge en Ronelda S. Kamfer.

Sjoe. Alles sulke opwindende leesstof! Geniet dit, en so ook die week wat op hande is …

Mooi bly.

LE

 

Bruut

De gezichten van de brutale kinderen vertrekken
ze proberen mij van het rechte pad te trekken
in de struiken bouwen we een vuur
het verhaal dat mijn moeder nooit afwerkt
brandt het stevigst van al, de correcties in alcoholstift
knisperen veel dreigender dan ik het mij had voorgesteld.

Mijn vader zegt dat het maar eens moet gedaan zijn
met al die dweepzucht en vuurtjes in de duinen
maar ik geef ze niet op: ik kus de poster en strijk
de lucifer begroet de witte gordijnen waarop
klavertjes vier geluk afdwingen voor mensen die van goede wil zijn.

Iedereen heeft het verwacht en
ze wisten allemaal dat het zo zou aflopen
toch trekken ze grimassen van afgrijzen en
sissen ze ‘Foei!’ omdat het zo hoort.

© Delphine Lecompte

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard

Nuutste bydraes

  • Resensie: “Atrium” (Marlise Joubert)
  • Meyer van Rensburg. BB
  • Stephan du Toit. Geklief
  • Margaret Cordier. Die mens as bouer
  • Joan Hambidge. George Steiner en Gerrit Kouwenaar

Nuutste kommentaar

  1. Hein Viljoen on Joan Hambidge. George Steiner en Gerrit Kouwenaar20 January 2026

    Joan Jy skryf: "By Kouwenaar: die maan en die perse word één". Die hele ryk Persiese wêreld - Babilon, spykerskrif,…

  2. Versindaba on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)16 January 2026

    Van die kant van die Redaksie: Baie dankie Bernard Odendaal en Robert Schall dat Versindaba hierdie skitterende vertalings kon plaas.…

  3. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Hierom dan dat George Steiner sy Poetry of thought aan hierdie manjifieke digter opgedra het. Ek (her)lees tans Steiner se…

  4. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Dank. Die gedig as smoelneuker. Goed vertaal.

  5. Jacobus Swart on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk14 January 2026

    Die digkuns is distillasie. Die taal is verhewig. Dit vereis dat die leser sy sokkies sal optrek. Want die digter…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d