Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
20 April 201011 May 2010

Keith Richards se groot droom …

Richards tussen sy boeke
Keith Richards tussen sy boeke

Nou ja, toe. Wat droom hardebaard rock & rollers van om te doen na hul die dag bereik wat hulle vingers te krom en vol eelte is om die snare te tokkel; daardie dag wanneer aftrede meer word as ‘n woord om grappenderwys na te verwys? Wel – in die geval van Keith Richards, legendariese kitaarslaner vir die Rolling Stones, gaan dit die geleentheid wees om sy langekoesterde droom te realiseer, naamlik om ‘n bibliotekaris te word …

Volgens ‘n berig op The Times Online het Richards sy ganse lewe nog ‘n ongebreidelde passie vir boeke en beslaan sy eie, persoonlike versameling meer as ‘n duisend titels. Die 67-jarige kitaarspeler het glo wel op ‘n stadium probeer om sy boeke volgens die welbekende Dewey-sisteem te orden, maar hy het dit toe blykbaar te veel van ‘n beslommernis gevind en toe maar eerder sy gunstelingboeke byderhand gehou en die res laat stof vergaar op die agterste rakke van sy herehuis in Sussex.

Volgens sy outobiografie, Life, wat in Oktober in die handel beskikbaar sal wees, beoog hy nou om vir professionele opleiding in Biblioteekkunde te gaan, ten einde sy boekery onder beheer te kan bring. Ook is hy van voorneme om dan ‘n goedgeordende, professionele uitleenstelsel aan vriende en gemeenskap te bedryf.

Toe hy gevra is na waar sy passie vir boeke dan vandaan kom, het hy soos volg geantwoord:  “When you are growing up there are two institutional places that affect you most powerfully: the church, which belongs to God, and the public library, which belongs to you. The public library is a great equaliser.”

*** 

By “Wisselkaarten” kan jy vanoggend Edwin Fagel se tweede brief aan “O” lees. Dié brief handel steeds oor die vraag na “die” werklikheid in teenstelling die werklikheid van die gedig. In die Brieweboks het Carina Stander haar bydrae tot vandeesmaand se Blogfokus gelewer.

Ten slotte kan ek net noem dat ons gister die meeste besoeke tot nog toe op die webblad ontvang het; baie dankie aan iedereen wat so lustig rondgelees het. Nie net stem dit ‘n mens dankbaar nie, maar dit motiveer jou ook om aan te gaan met ‘n projek wat soms meer lyk na ‘n windmeul op ‘n winddroë vlakte wat weer en weer bestorm moet word …

Lekker lees aan alles. Vir jou leesplesier plaas ek vanoggend die Rolling Stones se bekende liriek “As tears go by” hieronder.

Mooi bly.

LE

 

As Tears Go By

It is the evening of the day,
I sit and watch the children play.
Smiling faces I can see, but not for me,
I sit and watch as tears go by.

My riches can’t buy ev’rything,
I want to hear the children sing.
All I hear is the sound of rain falling on the ground,
I sit and watch as tears go by.

It is the evening of the day,
I sit and watch the children play.
Doin’ things I used to do they think are new.
I sit and watch as tears go by.

 

(c) Keith Richards & Mick Jagger

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

2e gedagtes oor “Keith Richards se groot droom …”

  1. Desmond says:
    20 April 2010 at 15:09

    Om een of ander rede het ek gedink Faithfull het Beautiful People gesing, maar toe ek gaan soek sien ek dit was ene Melanie wat dit gesing het. Hier is die skakel:
    http://www.youtube.com/watch?v=JeHtuwsUeRw&feature=related

    Reply
  2. Andries Bezuidenhout says:
    20 April 2010 at 09:35

    Louis, Marianne Faithfull se weergawes van bg. liriek is baie mooi.
    http://www.youtube.com/watch?v=FhPPJ5dolxU
    http://www.youtube.com/watch?v=Chz9u78fZyQ
    Ek hoop ouderdom en whisky doen dieselfde vir my stem. Dalk moet ek begin rook.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk
  • Bert Bevers. Aanwijzingen
  • Riaan le Roux. Kans
  • Paul Kloppers. bosluisvoël
  • Digtersprofiel: Marlise Joubert

Nuutste kommentaar

  1. Stephan du Toit on Stephan du Toit. Geboorteland13 January 2026

    Baie dankie Marthé.

  2. Bernard Odendaal on Bernard Odendaal. Musikale oomblik9 January 2026

    Dankie, Joan.

  3. Marthé McLoud on Stephan du Toit. Geboorteland9 January 2026

    Treffende gedig.

  4. Joan Hambidge on Bernard Odendaal. Musikale oomblik8 January 2026

    'n Uitstekende palinode - spel met Cloete. En die slot is 'n mokerhou! Jou gedig is treffend.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Voorbeeldig8 January 2026

    Treffend. En: Gesondheid in die rondheid!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d