Dié was ‘n week vol inspirasie, naas die feit dat ek amper ‘n halwe duisend studente se vraestelle gemerk het, het ek een van die allermooiste (allerwaarste?) aanhalings in ‘n bundel gelees. Ek kry steeds hoendervleis – as jy skielik weet jy het iets wesenlik en wonderlik ontdek wat jou lewe verryk. Dat jy as ‘t ware sonder daardie reëls ‘n leër lewe (letterlik) sou hê.
Dit mag dalk die reëls wees wat my tienerangst kon verwoord, maar tog … dalk ook ‘n universele vraag, soeke of vrees? Lees gerus Piet de Jager se bundel Ouhout en dan veral dié woorde van Chris Barnard: “Wat is die ding, tussen een mens en ‘n ander een, wat so duiselingwekkend is dat dit die laaste tree na mekaar onmoontlik maak?”
Wat?
Volgende week skryf ek oor intertekstualiteit: Louw vs FPK. Lees solank gerus “Jy was ʼn kind” en luister na “Heiden Heiland”, Louw mag net dalk nooit weer dieselfde klink nie.
Ns.: Hierdie inskrywing is vir Jean, jy laat my weer glo in die krag van die woord.
‘n Treffende aanhaling, Suzanne. Wat van “Die afgrond in jouself” as moontlike antwoord op jou vraag?
Petrus