Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
3 May 20103 May 2010

Aardskuddende rondborstigheid

Ramp in wording
Ramp in wording

Een van die mees banale berigte wat ek in ‘n lang tyd op die internet te lese gekry het, is die volgende. Die aanloop nog dié gebeure is ‘n uitspraak wat Hojatoleslam Kazem Sedighi, ‘n sedebewaker in Iran kwytgeraak het in ‘n veldtog téén vroue wat met laehalsrokke en ‘n sekere mate van rondborstigheid méér tot gevolg het as die opjaag van mans se bloeddruk: “Many women who do not dress modestly… lead young men astray, corrupt their chastity and spread adultery in society, which (consequently) increases earthquakes,” het Sedighi glo gesê.

Nietemin, Jen McCreight, ‘n student aan West Lafayette, Indiana, in die VSA het toe besluit om ‘n veldtog van stapel te stuur om Sedighi se teorie te ontbloot vir die absurditeit wat dit is: “Sedighi claims that not dressing modestly causes earthquakes. If so, we should be able to test this claim scientifically,” het sy op Facebook geskryf. “On Monday, April 26, I will wear the most cleavage-showing shirt I own. Yes, the one usually reserved for a night on the town. I encourage other female sceptics to join me and embrace the supposed supernatural power of their breasts. Or short shorts, if that’s your preferred form of immodesty. “With the power of our scandalous bodies combined, we should surely produce an earthquake. “If not, I’m sure Sedighi can come up with a rational explanation for why the ground didn’t rumble.”

Volgens die berig het 30,000 vroue ingestem om haar voorbeeld te volg ten einde Sedighi tot verleentheid te tart.

Die gevolg?

Op Maandag, 26 April, die amptelike Boobquake-dag, tref ‘n aardbewing wat 6.9 op die Richterskaal geregistreer het, groot dele van Taiwan; iets wat die “boobquakers” inderhaas laat toeknoop het.

Nou ja, (maak) toe. Die volledige berig kan op FoxNews se webblad gelees word.

***

Nuwe inhoud op die webblad sedert Vrydag is Andries Bezuidenhout wat vertel van ‘n (sosialistiese) vergadering, Philip de Vos wat die laaste deel in sy reeks gedigte-met-foto’s geplaas het en Desmond Painter wat ons op nog twee gedigte uit sy droedelsak trakteer. By Nuwe Stemme is daar ‘n nuwe inskrywing deur Suzanne-Louise Bezuidenhout en in die vertaalkamers het Johann de Lange ‘n nuwe vertaling deur hom by Elizabeth Bishop se gedigte geplaas.

Ten slotte wil ek almal bedank vir die wonderlike inskrywings wat ons vir verlede maand se Blogfokus ontvang het. In totaal was daar 25 bydraes ontvang en om drie wenners aan te wys was inderdaad geen geringe taak nie. Uiteindelik het die beoordelaars hulle laat lei deur die tweedelige voorskrif van “eietyds” en “antwoord” op die (klassieke) bronteks. Andries Bezuidenhout is derhalwe aangewys as wenner, gevolg deur Jannie Malan en Gerrit Brand in die 2de en 3de plekke onderskeidelik.

Nogmaals dankie vir jul deelname. Mag hierdie weekvir almal ‘n besonderse belewenis wees …

Mooi bly.

LE

 

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

3e gedagtes oor “Aardskuddende rondborstigheid”

  1. Pieter Hugo says:
    6 May 2010 at 14:24

    kleufie
    heuwelsig
    glybaan
    tussen-die-tweeling

    nog moontlikhede?

    Reply
  2. Bernard Odendaal says:
    6 May 2010 at 08:22

    “Heuwelsig” sou seker nie deug vir “cleavage” nie? Dit moet maar liewer die naam van ‘n woonbuurt in Bloemfontein bly.

    Reply
  3. Pieter Hugo says:
    5 May 2010 at 14:44

    Sover weet ek van geen werklik geskikte Afrikaanse woord vir “cleavage” nie.

    Ek het ‘n voorstel. Kom ons noem dit ‘n kleufie. Soos in die volgende sin: In die winter het die meeste vroue jasse en truie aan, sodat daar baie min aardskuddende kleufies te sien is.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: "Miniatuur". (Johann de Lange)
  • Boekbespreking: “Taboek” (Riku Lätti)
  • Resensie: “Stil gesprek” (Jan Pretorius)
  • Resensie: Vlindervreter ( Melanie Grobler en Christiaan Diedericks)

Nuutste bydraes

  • Eendagsvlieg en ander vlietente gedagtes (Rosa Keet)
  • Joan Hambidge. Hierdie lewe
  • 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (II)
  • Jakes Moller. Peter Place straat, Bryanston
  • “Stil gesprek” (Jan Pretorius) nou in Duits beskikbaar

Nuutste kommentaar

  1. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (I)11 July 2025

    Hierdie vertalers gee vir ons een van die beste projekte nog op hierdie webblad. Ek lees tans Brecht sing Afrikaans…

  2. Jannie Pretorius on Joan Hambidge. Hierdie lewe11 July 2025

    Mooi!

  3. Eugene Vorster on RIV Christiaan Diedericks7 July 2025

    “Live your Truth” vir Chris skielik is dit stil/ byna subliem/ (jy sal verstaan)/ net nou en dan ‘n nat…

  4. Charl-Pierre Naude on Resensie: “Merang” (Neil Cochrane & Alwyn Roux Reds.)7 July 2025

    Hierdie is 'n teleurstellende en ongeinspireerde resensie deur 'n resensent van wie mens veel meer verwag. Dit lyk meer na…

  5. Bernardus Johannes Odendaal on Ingeborg Bachmann – vertaling in Afrikaans5 July 2025

    Ek stem met Daniel saam!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d