Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
11 May 201010 May 2010

Die Berlynse Poësiefees

Berlynse Poësiefees
Berlynse Poësiefees

Die besonderhede vir die 11de Berlynse Poësiefees, wat vanjaar van 4 tot 12 Junie soos gebruiklik in Berlyn plaasvind, is pas bekend gemaak. Hierdie fees, wat jaarliks spog met meer as 10,000 besoekers, is inderdaad een van die heel grootstes ter wêreld en lok uiteraard elke jaar heelwat belangstelling uit.

Volgens die berig op Lyrikline word daar vanjaar op die digkunste rondom die Middellandse See gekonsentreer; digters van bykans elke land wat aan dié see grens, is by die program betrek. Digters wat hiervolgens gaan optree, is: Mohammed Bennis (Morokko), Abbas Beydoun (Lebanon), Yannis Stiggas (Griekeland), Küçük Iskender (Turkye), Hedva Harechavi (Israel), Nanni Balestrini (Italië) en Neşe Yaşin (Ciprus). Verdermeer gaan die jaarlikse vertaalwerkswinkels, VERSschmuggel, op Duitse sowel as Italiaanse digters konsentreer.

Soos gebruiklik sal verskeie Internasionale digters tydens die spesiale program vir die openingsaand, Weltklang (Wêreldklank), optree. Hulle is: Michael Ondaatje (Kanada), Michael Krüger (Duitsland), Anat Pick (Israel), Nina Kibuanda (Kongo), Cole Swensen (VSA), Elke Erb (Duitsland), Dmitry Golynko (Rusland) en Raúl Zurita (Chile).

Die volledige berig kan hier op Lyrikline se webblad gelees word. Vir jou leesplesier plaas ek vanoggend Michael Krüger se gedig “Of course” onder aan die Nuuswekker.

***

Soos jy na alle waarskynlikheid op die hoofblad gesien het, kondig ons vanoggend ‘n nuwe inisiatief op die webblad aan. Digstring gaan die aandag op die ontstaansgeskiedenis van bepaalde gedigte fokus en ons glo dat dit sommer heelwat leesplesier gaan bied … So, wees op die uitkyk daarvoor. Die eerste bydrae wat ontvang is, is dié van Joan Hambidge waarin sy vertel van haar gedig “In die skadu van Machu Picchu“.

Dan was gister maar ‘n stil dag op die webblad; slegs een bydrae is ontvang en geplaas – Pieter Kleynhans se inskrywing vir vandeesmaand se Blogfokus. Na aanleiding van sy openingsparagraaf het ons besef dat die kwalifikasie van ‘n “gunsteling digbundel” inderdaad onbillik is; derhalwe het ons dit versag na ‘n “besonderse bundel”. In hoofsaak gaan dit oor hoekom ‘n bepaalde bundel vir jou spesiaal is.

So, laat kom die inskrywings …

Mooi bly.

LE

 

Of course

 

Of course

it would be possible

to call sand

sand again:

to extol

its monotonous grandeur.

 

Of course

it would be possible

to get in a boat,

to glide across water.

 

Of course

it would be possible

to cleanse

the memories

leading us up the garden path

of al their grief.

 

Only impatience

saves convention

from a rash end.

 

Only the vandalization

of paintings

makes us restore them:

overrun, choked

by impatience and guilt,

they hold out their faces

arrogantly to be deciphered.

 

Of course

it would be possible

to wait for the word

which changes all

(I have seen things

that still had no names.)

 

Of course

it would be possible

to open, again,

the arsenal

of forgotten ideas

to the general public.

 

The short arm

of Indignation

and

the long arm

of Time.

And both are growing

out of my shoulders

and – as though nothing at all happened –

are joining hands.

 

(In mid-sentence,

in mid-fall.)

 

Of course

it would be possible,

again, to winnow

what’s pure from what’s not.

 

Of course

to live would be possible:

 

of course

of course.

 

(c) Michael Krüger (uit: Diderot’s cat – Selected poems, 1993: Carcanet. Vertaal deur: Richard Dove) 

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: "Miniatuur". (Johann de Lange)
  • Boekbespreking: “Taboek” (Riku Lätti)
  • Resensie: “Stil gesprek” (Jan Pretorius)
  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024

Nuutste bydraes

  • Resensie: “Skulpkrale: Kwatryne” (Marié Heese)
  • Nuwe publikasie: “Nogmaals vir die bysiende leser” (Joan Hambidge & Marlies Taljard, Reds.)
  • 100 Duitse Bestes: Jakob van Hoddis (1887-1942)
  • 100 Duitse Bestes: Georg Heym (1887-1912)
  • AVBOB Persverklaring

Nuutste kommentaar

  1. Melanie Grobler on RIV Christiaan Diedericks18 July 2025

    Eugene, baie dankie vir jou gedig. Met liefde, Melanei Grobler.

  2. Bernardus Johannes Odendaal on 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (I)15 July 2025

    Gerard, die vertaling van die gedigte was 'n herkennismaking soos min.

  3. Gerard Scharn on 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (I)13 July 2025

    Geweldig dichter, Benn. Toen ik hem leerde kennen werd ik door het lezen van zijn gedichten zelf ook dichter.

  4. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (I)11 July 2025

    Hierdie vertalers gee vir ons een van die beste projekte nog op hierdie webblad. Ek lees tans Brecht sing Afrikaans…

  5. Jannie Pretorius on Joan Hambidge. Hierdie lewe11 July 2025

    Mooi!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d