Desmond Painter. Elders, ‘n jaar gelede

Toe ek vanoggend wakker word en dit is nogeens ‘n grys, nat dag, sê ek vir Claire dat ek iewers anders wil wees. Iewers waar die son skyn. Iewers waar ek nie douvoordag werk toe hoef te gaan om eksamen-navrae te beantwoord nie. En toe onthou ek skielik: ‘n jaar gelede wás ek iewers anders. Ek was in China! Vandag, presies ‘n jaar gelede, was ek in Shanghai, en het ek ‘n impulsiewe foto van hierdie man geneem. Ek wonder waar hy vandag is, ‘n jaar later?

Ek wonder ook wat geword het van híérdie man, besig om koerante af te lewer, wat ek komende Sondag presies ‘n jaar gelede afgeneem het in die ou hoofstad, Nanjing:

En wat van al hierdie mense, onsigbaar in hulle motors, ook op ‘n reënerige dag, onderweg (waarheen?) oor ‘n brug in Nanjing? 

Bookmark and Share

2 Kommentare op “Desmond Painter. Elders, ‘n jaar gelede”

  1. Andries Bezuidenhout :

    Sal ons wonings ruil, Desmond? Of is Johannesburg nie heeltemal wat jy in gedagte het nie? Hier’s son vanoggend en misbanke in Bezuidenhoutsvallei. Mooi foto’s!

  2. Desmond :

    Andries, ek is moerse beindruk daarmee dat hulle ‘n Vallei na jou vernoem het, maar nee, ek dink nie ek gaan heeltemal aard in Johannesburg nie… Dat ek siek en sat is van die reen (Mei is een van my gunstelingmaande in die Kaap, maar hierdie jaar word ek teleurgestel…) is egter gewis die geval. My rooi (Rooi China…) foto is dalk ‘n bietjie ham fisted, maar nou ja, ek hou daarvan! En die ou op die eerste foto lyk vir my soos Pierre Bourdieu se Chinese halfbroer. Die derde foto… ek het maar ‘n ding vir ‘n brug na iewers.

  •