Karlien van der Merwe. Bundelbekendstelling by hAp

Ek

Ek

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Gerda Fourie

Gerda Fourie

 

dr Ian Raper

dr Ian Raper

 

 

 

 

Gerda Fourie se bundel lywe wat losgekom het, is op 8 Mei by die hAp deur dr Ian Raper bekendgestel. Dit was ook `n saamkuier en voorlees-aand en ek haal graag aan uit een van haar heel eiesoortige gedigte: 

 

op reis

 soveel drome draai soos wedvlugduiwe

in die hole van die buitenste ruimte rond. dryf

soos brandsels foelie

 Die bundel is deur Rosslyn-Pers publiseer. ISBN 978-0-9814399-7-6.  Dit kan ook by inkie@lantic.net bestel word. 

 

 Ek dink aan die twee ouerdae wat ons herdenk en sluit `n gedig van my eie in.

 

Stasiemechanic 

Plaasskool toe

gooi ek ’n slungel wind-af

verby die sinkputte en die bloekombos

en Oom Mostert se garage.

Oom Mostert is skoensole onder ’n kar.

Oom Mostert, Lida se pa.

Elke oggend borsel Lida se ma

haar kinders se tande

met ’n strepie Kolynos

en was hulle hande    

oor die ghriesbespatte wasbak

met die verlepte varing

in die venster.

 

So ’n sorgsame gebaar

wat moet opmaak vir als… 

 

Karlien van der Merwe

Bookmark and Share

Comments are closed.

  •